Reise deur nuwe lande

Toe ek ‘n kinder was, het my ouers elke maand National Geographic gekoop waarvan ek baie hou het. Ek het elke uitgawe gelees en die een wat ek goed ken is in 1990 uitgegee oor Joego-Slawië. Ek het destyds in die land belanggestel en daai uitgawe vertel oor ‘n land wat binne ‘n jaar nie meer bestaan het nie.

National Geographic 1990

National Geographic 1990

Dus koop ek en ‘n vriend ‘n vlieg kaartjie twee dae voor ek vertrek en ek weet net die lughawes wat ek sal gebruik maar niks meer nie. Dis hoe ek rol. Eers vlieg ek na Skopje in Noord-Masedonië (wat onlangs sy naam verander het) maar ek het niks meer as ‘n koppie tee by die lughawe gekoop en het uit die taxi se vensters uit gekyk op pad na Kosovo. Dis ‘n jammerte want Noord-Masedonië lyk soos ‘n baie mooi land vol sneeu bedekkde berges en groen woude. ‘n Vriend by die werk het die land op ‘n paar kere besoek en hy vertel hoe pragtig die land is. Ek sal een dag retoer.
b

Welkom in Kosovo

Die grens tussen Noord-Masedoniê en Kosovo – of Serwië as jy so dink

Ons besluit om die taxi te neem want dit is makkliker en ons wil nie wag voordat die bus vertrek nie. Die taxi bestuurder is Albanees en hy praat geen Engels nie (en geen Afrikaans – niemand in die lande praat Afrikaans nie! Wat makeer hulle?) so moes ons in Duits gesels wat ‘n goeie geleentheid wat om my kennis van Duits te probeer onthou! Die wag op die grens vat nie te lank nie en dis seker vinniger as om die grens per bus to ry.

Ku është Ukshin Hoti?"

“Ku është Ukshin Hoti?” – “Waar is Ukshin Hoti?”, ‘n Kosoviese joernalis wat in 1999 verdwyn het. In Pristina, Kosovo

Kosovo is ‘n bietjie anders. Na die mening van sommige mense, is die land nog steeds ‘n deelte van Serwië. Ek onthou die oorlog op die nuus in 1998-99 en ek ken ‘n bietjie sy geskeidenis. Dis land homself is klaarblyklik arm en die bevolking is jong. Ongelukkig mag hulle nie makklik oorsee ry nie want dis moeilik om ‘n visum te kry so voel dit ‘n bietjie rusteloos. Die jong mense praat baie goeie Engels en die feit dat jy, ‘n buitelander, hul land op vakansie wil besoek word baie gewaardeer. In die hostel gee hulle vir ons inlgitig oor Pristina, restaurante, kroee ensovoorts. Ja ek hou van Pristina. Die bus stasie lyk na my mening tipiese oos-Europese of kommunistiese argitektuur. Die mense wil jou help en skielik vind ons onsself op ‘n bus wat, ons hoop, na Tirana sal gaan! Ons weet nie precis nie want ander passassiers praat Albanees so klim ons op die bus! Maar ja, dit ry na Tirana. Ons is die enigste toeriste daarop want die toerismebedryf is tans nie baie ontwikkeld nie.

Tirana, Albanië

Tirana, Albanië

Tirana voel anders as die ander ou-Joego-Slawiese stede weens dit nooit ‘n deelte van Joego-Slawië was nie, maar dis baie sonnig en warm en dit voel meer ontwikkeld. Die stad is vol mense en dit voel baie moderne maar nes Pristina is die bus stasie baie deurmekaar! Waaruit neem ons die bus? Niemand sê nie. Die platteland is bergagtig en minder groen as Kosovo maar nog steeds pragtig. Ek vermoed dit lyk soos die Italiaanse platteland. Ek dink aan Adil Hoxha uit The Simpsons, die beroemste Albanees uit strokiesprente, maar ek sien geen verwysing na hom nie.

Kotor, Montenegro

Kotor, Montenegro

Ons ry toe na Montenegro wat ‘n klein land aan die kus is en ook die jongste land in Europa. Weer, die land is baie bergagtig en die paaie dwaal deur die berge sodat die reis ure lank duur. Dis kuslyn is baie mooi vol klein dorpies en bloue see en strande. Ons bly in Kotor wat die pragtigste stad is, wat ons besoek. Dis ‘n klein en historiese ommuurde dorpie wat aan ‘n baai in ‘n vallei geleë is. Die uitsig van bo-op die berg agter die dorpie, wat jy moet opklim, is asemrowend. Dis vol toeriste soos ons en dis ‘n bietjie meer duur as die ander stede maar ek weet hoekom dit so populêr is. Ek ry per bus na Our Lady of the Rocks, wat ou ‘n kerk en wêreldbekende toeriste-aantreklikheid op ‘n klein eiland sit. Die baai is stil en kalm, so glo my as ek sê, ignoreer hierdie kiekie wat te donker is!

Gospa od Škrpjela -  Our Lady of the Rocks

Gospa od Škrpjela – Our Lady of the Rocks

Dubrovnik is die aanstaande bestemming. Ek onthou toe Dubrovnik op die nuus was weens die beleg tydens die Joego-Slawiese Oorlog. Deesdae staan die stad bekend deur Game of Thrones en ja in die waarheid dis baie mooi. Ongelukkig het ek geen goeie foto’s geneem nie. Ek weet nie hoekom nie, maar ek vermoed dat dis antwoord is dat ek g’n fotograaf is nie. Ons bly vir twee nae in ‘n hostel in die ou middestad op ‘n smal straat vol restaurante. Ek weet nie hoe beter ek kan beskryf nie. Dis mooi en duur en miskien moes ons uit dis ou stad stap om die ware Dubrovnik te vind, maar ek wil die atmosfeer geniet.

Mostar, Bosnië-Herzegowina

Mostar, Bosnië en Herzegowina

Ons besoek Mostar teen die einde van die reis en op pad moes die bus die grens op drie kere oorsteek en op elke keer word ons passepoorte nagegaan. Bosnië en Herzegowina is die armste land wat ons besoek. Ek lees dat daar veel werkloosheid is en stede soos Mostar hang baie af van toeriste. Ek voel ‘n bietjie skuldig want ek koop baie min toeriste aandenkings wat ek maklik kan bekostig en hulle hets ons geld nodig. Mostar is beroemd weens die Stari Most of Ou-brug wat tydens die tydperk van die beheersing van die Ottomaanse Ryk gebou is. Tydens die oorlog is dit deur die Kroasïese weermag vernietig en toe is later herbou. Mense stroom op die strate en in die mark en basaar. Jy sien die skade uit die oorlog wat nog nie hernieu is nie. Mense is vriendelik maar daar’s veel baie jong bedelaars op die strate vol wanhoop, hoofsaaklik uit minderheid groepe soos Roma.

'n Koppie tee in Počitelj

‘n Koppie tee in Počitelj

Ons ry terug deur Počitelj, ‘n baie mooi dorpie in Herzegowina – een van die twee historiese deeltes van Bosnië en Herzegowina – wat vol kerke en moskees is aan die Neretva. Ek hou baie van die inheemse swart tee met suiker en suurleomen, wat tipiese in hierdie lande is. Ja ek voel baie ver weg van die verwarring terug in Brittanje.

En ja, ek sal later al my korigeerings maak wanneer ek dit weer lees en sien hulle.

Terug op die asuurblou kus

Vier jare geldede het ek Nice op ‘n kort vakansie besoek. ‘n Paar weke gelede, het ek weer na Nice toe gevlieg vir ‘n kort vakansie want ek kon ‘n bietjie verlof neem en ek besluit het om ‘n vleigkaartjie te koop en weg te waai.

Die strand in Nice

Die strand in Nice

Ek verlaat op die dag wat oorspronklik die dag na Brexit sou gwees het. Soos jy ken het niks plaasgevind nie en loop uit die lughawe nes al die ander burgers van die EU. Ja, ek voel gelukkig. Die song skyn, die busse ry en niemand gee om oor net ‘n ander Brit was anonomiem kom kuier nie. Niemand vra oor die olifant in die kamer nie en in die hostel is ek net ‘n ander reisiger wat niemand anders ken nie. Eintlik, in die hostel ontmoet ek ‘n Suid-Afrikaner wat tweetalig is en ons gesels ‘n bietjie in Afrikaans. Ek verduidelik dat as ek mense ontmoet wat Afrikaans ken wil ek die geleentheid gryp om te praat. Maar op die ander kant mag ek nie verwag dat ander mense so gelukkig sal wees om vrye Afrikaans lesse aan my te gee nie.

AS Monaco speel teen SM Caen

AS Monaco speel teen SM Caen

Een rede vir my besoek was dat ek wil AS Monaco kyk speel. Die span is verskriklik en verloor teen ‘n span wat feitlik slegter as hulle is. In die verlede was die span baie suksevol maar deesdae is die stadion baie leeg, maar ek is beïndruk dat die klub ‘n ware poging maak om families en kinders, en groepe jong seuntjies en meisies en tienaars aan te lok, wat na die wedstryd terug na Nice ry.

Die Akademie van Dialektale Tale in Monaco

Die Akademie van Dialektale Tale in Monaco

Monaco het sy eie taal, Monekasgies wat soortgelyke met Niçard het, wat in die verlede in Nice gepraat is maar deesdae is daar glo slegs ‘n klein aantal sprekers. Ek weet nie of ek Monegaskies gehoor het nie maar daar bestaan ‘n akademie langsaan die stadion oor die taal. Monaco is in die waarheid taamlik envoudig; dis nes ‘n ander dorpie aan die kus van Frankryk waar jy mooi kiekies kan neem. Mense kom hierso om te vermy om belasting te betaal maar dit verloor ‘n bietjie van sy karaktuur weens die land herklaming en hoë toringblokke. Wie leer Monekasgies of ewe Frans? Okei miskien leer die miljoenêrs Frans, maar soos altyd praat ek Frans en hulle beantwoord in Engels. In Nice in ‘n winkel ‘n man maak ‘n grappie in Engels oor my aksent toe ek Frans praat, “You sound very, Can I have a cup of tea please?” en ek lag want dis waar.

'n Pad teken in Nice wat in Frans en Italiaans geskryf is

‘n Pad teken in Nice wat in Frans en Italiaans geskryf is

In die aande loop ek deur die oud stad, la Vieille Ville. Hierdie is die argetipiese Mediterreense dorpie vol klein, smal strate, kronkelende stegies en hoë geboue. Die pad tekens is in twee tale geskryf. Dis ‘n mooi area waarna die toeriste stroom snags om te eet as die son onder gaan.

Francis Gallo, 'n Franse jong wat gefusilieer is

Francis Gallo, ‘n Franse jong wat gefusilieer is

Sondagoggend sit ek op die stand in Bordighera, ‘n dorpie aan dis kus in Italië. Die trein ry heen baie stadig, of so dit lyk, en die cafe in die stasie laat my deurmekaar voel – waar bestel ek, wie betaal ek? Ek is nie vol vertroue in Italië nie en my kennis van Italiaans is duidelik swak. Gevolglik sit ek op die strand op my eie en geniet die stilte en kyk uit oor die kalm see en sonder ‘n tee of ‘n koffie. Maar ek voel soos ‘n anonieme toerist wat ‘n pryslose gevoelen is. Niemand praat met my nie en hierdie keer luister ek nie musiek of podgooie op my foon nie en dus hoor ek die klanke en klein golwe en onbekende gesels.

Die strand in Bordighera, Italië

Die strand in Bordighera, Italië. Help asseblief, die see is nie gelyk nie!

Ek is glo die enigste Afrikaansspreker by die werk

Okei so dis geen verrassing nie – en dit is meer akkuraat wees om “liefhebber” dan “spreker” te sê – maar ‘n paar weke gelede het ek ‘n artikel op die intranet by die werk oor ‘n delegasie wat uit Sjina kom besoek het en hoe ‘n vriend het die department gehelp want hy praat goeie Sjinees. Feitlik het ek nie geweet dat hy die taal praat nie so ek is gelukkig om te hoor day hy hierdie kennis het.

Die artikel toe vra of mense vreemde taal praat en as ja, sal hulle bereid wees om die department te help as nodig. Hulle wil ook ‘n kring sprekers skep sodat ons saam met mekaar kan gesels. Jy moet onthou dat ek vir die staatsdiens werk maar ek wil weet wie ook by die werk praat Afrikaans. Daar’s ‘n paar mense uit Griekland, Frankryk, Indië ensovoorts wat “groot” tale praat. Daar’s ook genoeg mense Frans of Spaans praat en daar’s een kollega wat sê dat hy ‘n bietjie Moderne Grieks ken want hy het Antieke Grieks gestudeer; die Griekse vrou sê sy verstaan slegs die moderne weergawe. Ek sal beïndruk wees as hy die Nuwe Testament gestudeer het maar ek is ‘n bietjie twyfelagtig van sy eis.

So ja, ek het nie verwag dat daar ander sprekers sal wees nie en ek weet dat as die Suid-Arrikaanse of Namibiese regerings kom besoek kan hulle Engels praat so niemand sal my vra om te help – miskien viertig jare gelede. Maar ek het vandag ‘n baie vriendelike e-pos ontvang van die vrou wat hierdie kring organiseer, wat bevestig dat ek die enigste spreker is.

Feitlik het ek haar e-pos baie geniet, maar nou moet ek seker maak dat ek nie daai Engelssprekende outjie is wat eis om ‘n taal te praat maar wat ken niks. Ek sal nou lesse op italki.com koop om te oefen. Ek het hierdie jaar baie min Afrikaans gepraat, dus is hierdie die motivering wees om meer te studeer. Ek wil nie soos ‘n ander kollega wees, wat op een keer verklaar het dat sy Latyn praat. Niemand praat Latyn nie, en ek die taal al nege jaar lank op skool gestudeer.

Ek is ‘n kampvegter nou. Ek is die enigste Afrikaansspreker en leerder op Whitehall.

Vakansies

Ek maak nou plaane vir ‘n paar kort vakansies hierdie jaar en soos altyd maak ek my keuse weens welke bands ek wil oorsee gaan kyk. Kollegas by die werk vertel vir my oor planne om die Verre Ooste te besoek of om deur Suid-Amerika te reis of om ‘n plaaslike Airbnb in die platteland van die mooiste lande te huur; oor restaurante, hotels en winkels wat ‘n mense moet ervaar; oor die om die siel te hernieu. Hulle gee vir my raad en hul kennis en voorstellings, dié wat ek beslis lief sal.

Ongelukkig ken hulle my nie. Amper elke jaar maak ek dieselfde. Ek gaan met maatjies na verskillende lande en stede sodat ons bands kan bekyk. Ek het reeds planne gemaak om Pole, Duitsland, Frankryk, Nederland en Belgïe te gaan besoek. Ek het nooit Pole besoek nie so beplan ek om vir ‘n paar dae te kuier sodat ek die land ‘n bietjie per trein kan sien. Daar is veel om daarna uit te sien.

Hoe kouer dit raak, hoe ongesellig ek raak

Ek weet nie hoe die week by julle is nie, maar nou raak dit kouer amper elke dag hier in Londen. Ja, ek weet dat Kanade of Swede kouer is, maar ek bly hier en die koud hier laat jou net baie ongelukkig voel. Dit raak nie saak dat nou die sononder later elke dag plaasvind nie.

Verelde naweek het ek Brussel vir net die dag besoek, wat my gunstellinge stad oorsee is. Hoe mooi dit voel om op die trein te ry en uit die venster te kyk. Eurostar is seker nie die Orient Express nie, maar dis meer verfynd as om te vlieg. Om die waarheid te sê het ons net ‘n bietjie geloop en toe in my gunstellinge Belgse bar met Vlaamse vriende gesit en gedrink. Maar ek het lekker ontspan en gedink dat hierdie was waarskynlik my laaste reis na die EU voordat ons uittrek.

Ek neem dieselfde foto elk jaar

Ek neem dieselfde foto elk jaar

Ek het hierdie maand geen Afrikaans geleer nie. Ek is tans nie lus daaroor nie, maar die waarheid is dat as ek die geleentheid kry om te praat dan dadelik dal my entoesiasme terug kom. Op die Eurostar na Brussel het ek agter ‘n paartje gesit en die man het die hele reis op sy selfoon Afrikaans praat maar ek wou nie hê dat ek weet dat ek luister nie dus het ek niks gesê.

Ek is besig aan Esperanto te leer, wat ek meer dikwels praat. Op die oomblik vind ek dit makliker om in Esperanto te dink wat ‘n duidelike teken is dat ek hierdie moet verander. Hopelik op die aanstaande keer dat ek opdateer sal ek iets meer interessant skryf.

Ek wag nou tot die toekoms

So dis nou Oudjaarsaand en ek besef ek moet iets nuuts in die Desember-maand skryf! Wat nuus kan ek vir julle vertel (ek hoop julle lees) sonder dat ek nog steeds lees en studeer, maar elke jaar raak dit moeliker and stadiger?

Ek het gister Afrikaans met ‘n vriend en haar broer gepraat wat lekker was en ons praat oor hoe mense ‘n tweede taal aan kleintjies leer. Maar soos dikwels raak dit makliker vir ons om in Engels te praat aangesien dat die ander vriende nie Afrikaans ken nie. Ek lees oor die poliglot gemeenskap, wat my baie beïndruk, maar die gesprekke kom te dikwels uit ‘n Engelstalige perspektief (ander tale is beskikbaar) soos “Op skool kon ek g’n vreemde taal praat nie, maar ek is nou vuring en studeer ‘n klompie tale”.

Dus was dit interessant om van ‘n Afrikaans vriend te hoor wat probeer die taal met haar kleintjies in Londen praat. Dikwels hou volwasse mense (veral dié soos ek wat geen kinders het nie) vas aan die geloof dat as jy aan dring om die ander taal te praat, sal die kinders maklik praat. Hoe verkeerd daai idee is, maar hulle vertel oor hoe hulle van kleins af ‘n ander taal op skool moes leer. Hoe was hulle ervaring, hoe het hulle gesukkel? Die mense is volop wat Engels as tweede of derde taal moes leer, maar dit lyk vir my niemand vra hulle vir raad nie. Ek sal na hulle luister en hopelik ‘n bietjie inligting leer.

Hierdie jaar het ek ‘n paar nuwe sprekers en leerlinge ontmoet wat altyd ‘n mooi ervaring is. Nes met Livejournal and MySpace het almal al jare lank verlaat en het na ander en nuwe sosiale media getrek, en elke keer skryf hulle minder en minder. Verbindings en verhoudings is die bestemming. Ek het ‘n aanlynse les geneem en wanneer ek geld kry sal ek ‘n klompie lesse met ‘n plan koop. Feitlik het ek verlede week ‘n bietjie Afrikaans met my pa en my skoonsuster se ma gesels, wat ek baie waardeer het. Hulle kom uit Afrika, maar ek ken mos beter Afrikaans.

Ek wil meer reis in Europa doen, so veel soos moontlik. Ek het baie geniet om na Spanje (ja, ek het in ‘n Spaanse dorpie op die grens gekuier!) en Portugal toe te gaan. Op die een kant was ek ‘n bietjie te skaam om te probeer praat, maar op die ander kant het ek weer besef hoe mooi dit is om oorsee te gaan en in die plaaslike taal vol vertroue vra, “Verskoon my, praat jy Engels?”

Wat ‘n tyd om te lewe!

‘n Rots aan die rand van Europa

Die weer raak nou kouer en donkerder en die Kersfees vakansietyd kom nader aan so natuurlik vat ek ‘n week se verlof en reis oorsee vir ‘n paar dae en vlieg na Gibraltar om in die son te sit en te ontspan.

Gibraltar

Rots en son, Gibraltar

Die hotel homself is in Spanje gelë omtrent 200 meters van die grens. Dit herinner my vir een rede na Raccoon City uit Resident Evil want dit was so groot, leeg en stil sonder amper enige ander gaste. Miskien kan slegs ‘n paar mense ‘n vakansie op hierdie punt van die jaar neem of miskien wil niemand kom nie. Ek het vriende gevra maar net een kon saam met my kom. Seker voel Gibratlar asof dit nie besig is nie. Duisdende werkers uit Spanje stroom elke dag oor die grens maar die toeriste is skaars en die winkels en restaurante is leeg. Ja, dis herfs of winter nou en ek vermoed in die somertyd is besoekers volop en die hotels vol.

Die ooste kant van Gibraltar

Die ooste kant van Gibraltar

Die sentrum en hoog straat lyk onindrukwekked, maar dan loop jy ‘n bietjie bo-op die rots en besoek jy die kleiner strate en hier sien jy die historiese geboue en wonings met stoepe wat jy in die Middellandse lande verwag te siene. Hier hoor jy families wat Engles of Spaans of Arabies of Hindi praat. Jy vergeet die rots is nie net ‘n little Britain in the sun wat geen belasting wil betaal nie, maar dis ‘n bevolking vol verskillende gemeenskappe, tale en godsdienste. Daar’s kerke, moskees, sinagoges en Hindoe tempels. Daar’s sy eie Britse identiteit wat alles insluit.

Ek gesels met 'n magot of berber-aap

Ons gesels oor die Withdrawal Agreement en niemand is beïndruk nie

Die plaaslike valuta, die Gibraltar pond, is in die waarheid die Britse pond maar die muntskukke is anders en word nie meer in Brittanje aanvaar nie. Ek vergeet om alles te spandeer voordat ek weg en ek het nou ‘n sak vol geld wat ek kan nie in Londen gebruik nie.

'Magot of berber-aap in Gibraltar

‘n Magot of berber-aap in Gibraltar

Ons loop die beroemde Rots van Gibraltar op want ons wil nie betaal om in ‘n taxi te sit nie. Ons kom besoek, so kom ons loop en kyk. Dit uitsig is asemrowend met die sonkyn se weerkaatsing op die baai, wat vol skepe is. Hoe blou die hemel lyk en hoe vers die lug smaak en hoe stil alles klink. In die afstand sien jy Marokko en Ceuta op die Afrika vasteland. Hoe hoër jy klim, hoe meer magots of berber- ape jy vind, waarvoor die rots welbekend ter die hele wêreld is. Hulle is pret en gee nie om oor al die mense met hul kameras wat rondom staan en kiekies neem nie. Hulle veg onder mekaar en klim die bome en eet vrugte.

Europapunt, Gibraltar

Die rots en die moskee by Europapunt

Aan die suidste punt is Europapunt gelë waar ons sien die vuurtoring en die groot moskee. Ook word die nuwe voetbal-stadion gekonstrueer wat seker ‘n lekker lokasie is. Die houersskepe vaart verby en alles voel baie ver weg.

Ceuta

Ceuta – Spanje en Afrika

Toe het ek met die veerboot uit Algeciras na Ceuta gery, wat ‘n Spaanse enksklawe en stad wat aan die kus van Marokko en Afrika gelë is. Soos Gibraltar, dis ‘n ander geo-politiese anomolie en só sê die man in die hotel toe ek vra of dit regtig die moeite werd is om te besoek. Ek wil lankal besoek want dit lyk anders maar miskien sal ek teleurgestel raak as ek uiteindelik besoek. In die waarheid voel dit nes ‘n ander Spaanse hawe dorpie in die suid van die land met twee invloë, beide Spaans en Christelik en die Arabies en Islamees. Gaan besoek as jy wil së jy vir ‘n kort rukkie op die Afrika vasteland gebly het.

'n Fort in Ceuta

Antigua Cárcel De Mujeres de Ceuta

Ongelukkig kan ons nie Marokko besoek nie. Die grens heining tussen Spanje en Marokko ervaar baie lange toue weens die aantal migrante wat onwettig oor die heining wil klim en in Europa vir werk wil kom. Die twee lande baklei hieroor. Die grens tussen Gibraltar en Spanje het dikwels sy eie probleme en soms ervaar mense baie lang vertragings, maar hierdie is heeltemal anders. Ons besluit net om in die stad te dwaal en koffie drink.

Bloed rooi wolke

Bloed rooi wolke

Aan die einde van November voel die son en warmheid baie mooi. Daar is seker meer om te maak en te sien maar niemand kan die toekoms voorsien nie en wat dit vir Gibraltar sal bring nie.

Besoek Porto

‘n Paar week verlede het ek uiteindelik Portugal op vakansie besoek. Ek sê uiteindelik want ek kan nie wel glo hoekom ek so lank gewag het om te besoek nie. Ek het ‘n bietjie Portugees gestudeer en op die een kant lyk dit na Spaans en op die ander kant klink dit veel anders. Ek was baie feitlik opgewonde om te gaan kuier en ek onthou nie ‘n keer toe so opgewonde was nie. Die boeke en foto’s aanlyn lyk fantasties; oud modies en sonnig, vol pragtige betegelde geboue en trems op die strate.

Brug, rivier en sonskyn

Die son skyn op die Douro-reivier en Dom Luis I Brug

Gewoonlik hou nie te veel van vakansie in die son nie maar hierdie keer aan die einde van Oktober laat my anders dink. Hoe mooi dit was om lands die Douro-rivier te loop op die klein agterstrate verby die geboue. Op die rivier in ‘n boot te vaart met die wind in my gesig laat my ontspan. Ek proe die soet portwyn en leer oor sy geskiedenis na ‘n toer van n wynmaker se wynkelder en ek ontmoet by toeval ‘n ou werk kollega op die toer. Ek geniet selfs om langs die strand vir ‘n paar ure onder middagse son te loop toe dit baie warm is, veral aangesien ek altyd swart klere dra.

Porto en sonop

Sonop by die Ponto do Infante of Infante Dom Henrique

Ek gaan nie veel skryf want ek het nie onlangs genoeg Afrikaans geoefen nie dus sukkel ek. Maar ek dink nou oor my aanstaande vakansies en wanner ek mag gaan. Te veel moontlike bestemmings, te veel keuse maar nou wil ek soveel reis soos moontlik voordat ons uit die EU onttrek en ons weet nie tans die toekomse visum vereistes vir reis nie. Ek verwag probleme en verloorde geleenthede.

Sao Bento stasie in Porto

Sao Bento stasie in Porto

So hier is ‘n paar kiekies.

Igreja de Santo Ildefonso

Igreja de Santo Ildefonso – Die Kerk van St Ildefonso in Porto

Plaas my in ‘n vliegtuig en stuur my Amsterdam toe

Verlede naweek het Amsterdam toe gevlieg vir ‘n kort vakansie en ook om na die Fokofpolisiekar gig by De Melkweg te gaan. Ek het Amsterdam op veel kere vir gigs besoek maar ek kan nie sê dat ek die stad goed ken nie. Ek erken die gragte, brûe, strate en geboue maar as ek op ‘n straat staan kan ek nie seker sê waar ek staan nie. Ons wil hê dat ons verfynde reisigers is, maar die waarheid is dat ons gewoonlik gewone toeriste is.

Zuid-Afrikahuis
Hierdie keer bly ek vir twee nae dus het ek meer tyd om die stad te sien. Ek vind onlangs Zuid-Afrikahuis en ek besluit ek moet gaan besoek. Ek is baie dankbaar dat ek die studiesaal kon besoek en ‘n paar boeke koop en op my volgende besoek gaan ek beslis meer tyd neem om die boeke te lees. In Londen sukkel ek om boeke te vind so hierdie sentrum is vir enige belangstellende ‘n baie nuttige hulpbron.

Zuid-Afrikahuis

Zuid-Afrikahuis

Dit was baie lekker om Afrikaans te praat met die bibliotekaris oor taal, die sentrum en komende kulturele gebeurtenisse. Gewoonlik verstaan niemand my vernederlands Afrikaans maar hierdie keer kon ons in twee amper verskillende tale duidelik praat. Die Zuid-Afrikahuis bied soveel oor oor Afrika en Suid-Afrika aan en daar bestaan niks in Londen wat dieselfde maak nie.

Die studiesaal in Zuid-Arikahuis

Die studiesaal in Zuid-Arikahuis

Fokofpolisiekar kom nou die op vertoon
Die gig homself was leuk en daar was veel Suid-Afrikaners wat bywoon. Ek kan nie goed ‘n resensie skrf sonder om net ‘n lys van liedjies te gee maar niemand wil lees nie. Dis moeiliek genoeg om iets interessants in Engles te skryf so dink hoe veel mee ek gaan sukkel opm iets interessants in Afrikaans te skryf. Okei die band speel in die kleiner saal by De Melkweg as die ander bands wat ek daarby sien speel het maar dit raak nie saak nie.

Ek dink oor waarvandaan kom al die mense. Bly hulle in Nederland of in die Lae Lande? Ek hoor oor ‘n aantal wat ook uit Brittanje gevlieg het en na die gigs is die bars vol hierdie mense wat in die reën sit en suip. Hulle lyk baie gelukkig om hul helde oorsee te kyk. Ek kan nie sê hoe meer ek kan beskryf wat interessant is nie behalwe dat ek na die gig ‘n bietjie met een van die band gepraat het – yeah cool name drop bro.

Fokofpolisiekar

Fokofpolisiekar

Mokum
Ek wou graag ook ‘n Surinaamse of Indonesiërse restaurant besoek het want ‘n mens vind geen in Londen nie. Die vreemde ding is dat as jy net vir ‘n kort verblyf kom gaan jy nie maklik hierdie restaurante vind nie. Soos alle hoofstede verander Amsterdam maar die feit dat ek uit Londen kom – ‘n stad wat baie vinnig geglobaliseerd geword het – en hierdie proses sien, laat my dink oor wat ek feitlik wil sien. Lande en mense verander en ons kan nie hê dat ons toeriste bestemmings bly outentiek en prentbriefkaart-agtig (is hy ‘n woord?) vir ons ryk manne wat beskostig kan om te reis. Ja op hierdie keer eet ek nie in sulke restaurant nie maar miskien was ek nie nuuskierig genoeg om verder te loop, om ‘n waag te maak en gee nie om of ek ‘n bietjie onverstaanbaar in ‘n vreemde te taal te wees.

Bier en boeke

Bier en boeke

Ek besef ek is nie die tipe reisiger wat ek dink ek is nie
Ek vlieg honderde myle om ‘n Suid-Afrikaanse band te kyk – wat homself duisende myle getrek het – maar kan nie ‘n restaurant vind nie. Só is veel van ons moderne reisigers, hoe meer ons ontdek hoe meer ons leer. Moedigheid is die moeilikste probleem en dit laat jou kies om in ‘n wel bekende koffiehuis te sit en te ontspan in plek van om ‘n bietjie verder te stap vir ‘n nuwe ervaring. Ek voel dieselfde in stad waarin ek bly; te veel keuse, te min idees oor hoe om die kennis te begryp en te gebruik.

'n Gids vir die Bergijnhof wat in Afrikaans geskryf is

‘n Gids vir die Bergijnhof wat in Afrikaans geskryf is

Een honderd jaar ná die dood van Mowbray Norse Cloete

Ek is al lank tyd van plan om hieroor te skryf want vandag is precis honderd jaar na dood van een Mowbray Norse Cloete, wat luitenant van die Britse Lugmag was. Hy was ook ‘n afgeleë familielid van my grootouma, wie se familie naam ook Cloete was. Ons ken niks oor hom nie en niks oor sy famiie verwantskap aan ons nie.

Hy is in ‘n vliegtuig ongeluk op Woensdag 7 Augustus 1918 oorlede op die ouderdom van 18, slegs drie maande voor die einde van die oorlog. My pa glo hy onthou dat sy ouma (my grootouma) oor hom gepraat het, maar ons dink nou na gesprekke omtrent sestig jaar gelede so weet ek nie of pa alles reg onthou nie.

Die graf van Mowbray Norse Cloete - foto uit die South Africa War Graves Project

Die graf van Mowbray Norse Cloete – foto uit die South Africa War Graves Project

Ek vermoed dat deesdae niemand Mowbray Norse Cloete onthou nie. Toe ek negentien jaar gelede na Londen gekom het, het ek navorsing oor ons Suid-Afrikanse families se geskiedenis – die Cloete’s, die Van Breda’s, die Van der Bijl’s en al die ander ou Kaapse familielede waaruit ons kom voordat ons verengels geword. Ek het Luitenant Cloete se naam gevind en onthou want hy in Londen begraf is. Hy kom oorspronklik uit Salisbury in destydse Suid-Rhodesië en was die enigste seun (of kind?) van Sebastian Cloete. Hy het die Ryk se roep beantwoord om te kom veg soos duisende en miljoene jonges uit die lande en was onder dié wat gesneuwel het.

‘n Paar jaar gelede gaan ek na Kensal Rise Cemetery op soek na sy graf maar onder al die ander grawes vind ek niks. Die gras en plants is oorgegroei en die woorde op soveel grafstene is uitgewas. Die probleem is dat ek nou bekommerd is dat ek in die verkeerde lokasie gesoek het. Die verwysings na sy graf is miskien fout en aanlyn bestaan daar min inligting oor hom en ook ek vermoed oor soveel ander manne.

So vandag onthou ek hierdie jong oor wie ek amper niks ken nie. Ek vind nêrens ook ‘n foto nie. Ek sal in die komende weke na die begraafplas retoer om sy graf te vind.

Ek vind nêrens die graf nie, maar ek glo dit is hier gelë

Ek vind nêrens die graf nie, maar ek glo dit is hier gelë

Kiswahili

Verlede week neem ek ‘n klas oor Swahili of Kiswahili wat die naam in die taal homself is. Ek is al lank tyd baie nuuskierig oor Swahili. Almal weet oor die taal en ek lees oor sy groot rol as lingua franca in so veel oos-Afrika lande. Oor die jare ontmoet ek ‘n paar mense wat óf moedertaal sprekers is óf Swahili in Afrika geleer het. Veel universiteite bied kursusse aan so dis seker ‘n taal wat jy taamlik maklik kan leer.

So wat het ek geleer? Ek het tot dusver net Indo-Europese tale gestudeer soos Afrikaans, Frans, Spaans en Esperanto so Swahili lyk heeltemal anders soos jy sou dink. En toe hierdie ander tale gestudeer het, kon ek maklik veel uitdink maar hierdie keer sukkel ek om die basiese, alledaagse woorde te onthou wat ek maar vyf minute vroeër geleer het. Die klas het seker ‘n bietjie laat verduidelik oor die struktuur wat ek nie vooraf kon verstaan nie. Aan die einde van die drie ure was ek uitgput.

So ja ek het die klas baie geniet. Dit laat my dink in ‘n verskillende weg – met veel moeilikhede – en die ervaring was genietbaar want ek is altyd op soek na iets nuuts te doen. Op die oomblik is ek baie besig met Esperanto, ‘n bietjie Frans (ek glo ek praat beter as ek dink) en Afrikaans (ek het planne om op ‘n paar aspekte te werk en wil ‘n paar lesse op Skype neem) sodat vir nou ek net ‘n bietjie Swahili op Duolingo sal leer. Maar die taal sit op my lys van taal wat ek beter wil ken en as ek enige sprekers ontmoet miskien ek my planne verander.

Die Wêreldbekertoernooi

Soos ‘n groot aantal mense is ek besig om die Wêreldbekertoernooi te kyk. Hierdie is die voetbal toernooi of sokker as jy ‘n klaar verskil tussen die rugbyunie Wêreldbeker maak en nie die rugbyliga kompetisie met dieselfde naam nie. Dis seker maklikker in Engels dat ons dieselfde termyn vir enige sport kompetisie sê.

Maar hierdie onderwerp raak nie saak nie. Ons staan nou in die leë somer maande tussen die einde van die oud seisoene en begin van die nuwe seisoen wanneer jy probeer iets vind wat jy in jou vrye tyd kan doen. Dis son nou skyn en dis lekker warm en pragtig en al wat ek wil doen is binne sit en kyk televisie en gesels op WhatsApp met my voebtal maatjies.

Ek is nie alleen as ek sê dat, soos altyd, hierdie kompetisie uitstekend is nie. Elk kompetisie is beter as die een vorige. Die verrassings en die lae punte is albei so good soos die ander. Gelukkig het ons ‘n televisie in die kantoor sodat ons kan die wedstryds kyk terwyl ons werk wat seker die dag meer genietbaar maak.

Maar behalwe alles, stel ek nie ‘n groot belang in Engeland se span nie. Ja seker ek kyk hulle as ek televisie wil kyk maar die waarheid is dat vir my dis altyd my klub Arsenal bo die nasionale span. Ek dink veel voetbal fans glo dieselfde. Jy volg jou span die hele seisoen lank en dis ‘n groot deelte van jou identitheid. Rugby lyk my veel anders. Die nasionale spanne voel groter en meer belangrik sonder só ‘n groot klub kompetisie soos voebtal. Ek sien mense in die buiteland wat Springbok truie dra maar selde sien ek mense wat dié van Blou Bulle of Westelike Provinsie dra.

Dus Donderdagaand toe België en Engeland speel, gaan ek na die Arno Carstens gig in kroeg in suid-Londen. Nou ek moet nou sê dat ek geen van sy liedjies ken nie so dis ‘n kans om verskillende Suid-Afrikaanse musiek te luister. Dit laat my onthou hoekom ek gelukkig is om ‘n twee-uur retoer reis te maak na die verskillende kant van Londen op ‘n aand ná werk. Dit is altyd die moeite werd. In Augustus vlieg ek na Amsterdam om na die Fokofpolisiekar gig te gaan wat ‘n lekker jol sal wees op die einde van die somer voor die begin van herfs, die koue weer en sonlose dae vol reën terug kom.

Soms kry ek geleenthede om Afrikaans te praat

Dis nog ‘n ander einde van ‘n maand en ek het min te berig. Feitlk het ek ‘n bietjie Afrikaans by ‘n braai gepraat toe ek is gesê dat ek soos ‘n Nederlander klink weens my aksent. Ek weet dis waar, maar na my mening is ‘n Nederfrankiese taal aksente g’n probleem. Een rede hoekeom ek só dink – behalwe dat ek in die waarheid weet ek só klink – is dat ek onlangs ‘n klompie video’s op YouTube kyk en ek hoor ‘n vlogger wat met die invloed van die moedertaal aksent praat wat my laat verstaan hoekom mense só sê. Ons almal wil só vlot of outentiek soos moontlik kan praat, maar een ding meer belangrik as aksent is verstaanbaarheid en as mense jou kan volg (en ek verstaan goed die blogger) dan gaan jy in die regte rigting en die aksent sal kom. As mense lag oor jou aksent, ignoreer hulle.

‘n Paar dae later staan ek buite ‘n kroeg en gesels ek met twee outjies wat daar staan. Dis ‘n gewone ervaring dat as ek Afrikaans met mense begin praat – wat ek weet Afrikaans praat want ek hoor hulle Afrikaans praat – beantwoord hulle ontmiddelik in Engels. Dis ‘n skaamte maar ek vermoed dat hulle voel hulle moet nie in Afrikaans beantwoord in die buiteland nie. Ek moet hard werk om te wys dat, ja ek ken hul moedertaal en ek wou graag gesels.

Ek soek ook altyd op Twitter oor Afrikaans en veel ander onderwerpe – soos my voetbal klub en ander belange. Ek moet sê dat ek baie bekommerd raak wanneer ek sien hoe Afrikaans en verwante onderwerpe word dikwels deur sekere mense gebruik om ‘n tipe identiteite politiek te bevorder veral in die buiteland. Hierdie is beslis nie my politiek nie. Ek hou van die taal, en alle tale, en ek glo dat tale buitendiens kultuur of politiek kan bestaan; ek praat Engels en miljoene mense praat Engels sonder verwysing na Shakespeare of Dickens of Buckingham-paleis. Ek het nooit op skool geniet om Shakespeare en Dickens te moes studeer.

Vir ons wat al lank tyd ‘n belang in die taal hou, pla dit om te sien dat sommige mense terug na die verlede wil kyk. Dit maak dit moeiliker om die taal as net een van veel kommunikasietale in Suid-Afrika en in die wêreld te bevorder. Ek moet altyd oppas wanneer ek nuwe mense op Twitter begin volg tensy hul wêreld perspektief, na my mening, veel af is.

Nuwe kiekies uit Londen

Vroeër in die maand het die Commonwelth Heads of Government Conference in Londen plaasgevind en gevolglik was deeltes van die stad óf gesluit óf moeilik om in te kom. Een pragtige aspek was die weer en seker is Londen in spring wanneer die son skyn vir die eerste keer en toeriste dwaal oor die stad, baie mooi. Op Die Wandelhal wapper die vlae van die lede lande (wat lok mense soos ek) en maar ongelukkig kon ek nie die regte kiekie afneem wat ek wil neem nie, weens die wind, die skaduwee of een ander rede – en die feit ook dat ek nie ‘n fotograaf is nie.

Die vlag va Suid-Afrika

Die vlag va Suid-Afrika wapper in die wind op Die Wandelhal

Die vlag van Namibië

Die vlag van Namibië. In die agtergrond wapper die vlae van die ander lande

‘n Week vroeër vat ek ‘n paar dae se verlof en soos altyd maak amper niks, maar ek het die British Msuem besoek om ‘n tentoonstelling te sien oor A revolutionary legacy: Haiti and Toussaint Louverture. Ek wou die portret onder sien, wat ek op die plakkat verskyn het en wat ek eers oor die tentoonstelling gemerk het.

Toussaint Louverture

Portret van Toussaint Louverture

Ook loop ek langs die Teems en besoek die Noorse Kerk wat hierdie beeld bevat. Hy is seker ‘n gawe outjie.

Haakon VII van Norweë

Beeld van Haakon VII van Norweë

Lamassu

Hier’s ‘n kiekie van die beeld van Lamassu wat tans op die vierde plint in Trafalgarplein staan. Ek is baie geïnterresseerd in die Babiloniese geskeidenis so om ‘n bietjie Akkadiese wigskrif te lees, is baie lekker. Soos jy sou dink, het ek onlangs baie min Afrikaans geleer so sukkel ek om iets anders te berig.

Lamassu

Beeld van Lamassu op Trafalgarplein