Monthly Archives: September 2011

Gaan koop hierdie boek!

Na my vroeër skrywe het ek met Eben geskype en ons het oor wetenskapfiksie gepraat. Hy sê vir my oor Afrifiksie wat Afrikaanse wetenskapfiksie uitgee en wat die enigste kampvegter (is dit die regte woord in hierdie konteks?) daarvoor blyk te wees. Daar was ook ‘n onlangse berig, in Rapport oor hulle nasionale kompetisie so lyk dit ‘n groeiende tipe fiksie met veel skrywers en deelnemers.

Eben het ook vir my oor sy boek gesê, Arwantië 2953 wat binnekort gepubliseer sal word. Ons het ‘n paar jare gelede ‘n bietjie gesels oor sy pogings om Afrikaanse wetenskapfiksie te skryf so dis fantasties dat uiteindelik sy boek, sy idees uitgegee sal word. Ek is baie beïndruk. Ek sien baie daarna uit om te lees en ek moet hom weer vra om ‘n kopie aan my te stuur. As nodig moet ek pleit! As die eboek opsie uitgegee word sal ek dan ‘n goeie rede hê om ‘n Amazon Kindle te koop want ek wou graag een kry.

Daar’s meer inligting op die Afrifiksie webblad oor sy idees wat julle makliker as ek sal kan lees.

Arwantië 2953

Nou moet ek my Afrikaanse boek begin skryf, gooi my julle idees vir die onderwerp asseblief!