Monthly Archives: July 2019

Hier kom die somer

Julie is nou amper klaar en die vakansietyd kom nader aan. By die werk voel alles baie stil wat elke jaar só is. Ek het nodig om aansoek vir nuwe werk te doen maar almal sukkel om die applikasie vorm in te vul en ek is nes almal anders.

In die komende weke gaan ek na Bloodstock Open Air, wat ‘n musiekfees naby Derby is. Dis klein genoeg om lekker te ontspan en groot genoeg om mense te vermy! Dan vlieg ek na Hamburg vir nog ‘n ander musiekfees. Ek was jare gelede in Hamburg en ek hoop om die stad ‘n bietjie te leer ken, om by die water te sit en om by die kroeë te kuier. Ek leer weer ‘n bietjie Duits maar ek weet dat op die eerste keer dat ek Duits kan praat, sal ek alles vergeet en mompel ‘n paar woordjies. Later gaan ek weer oorsee. Ek is seker gelukkig.

Bo ons almal hang die groot kwessie van ons eeu. Miskien sal hierdie somer die laaste keer in baie jare wees om makklik na die buiteland te kan gaan. Miskien is ek ‘n bietjie vreemd om só ‘n vraag te bestel, maar nou lyk die toekoms so onvoorspelbaar. Hoe het mense in die verlede gevoel of het hulle ooit verwag dat binne ‘n klompie maande alles rondom hulle heeltemal sal verander het?

Hierdie somer sal ek lees, reis en net ervaar dié wat plaasvind. Dan kom weer die werk.