Monthly Archives: June 2008

My besoek na Suid-Afrika kom nader

Ek begin nou besef dat volgende Vrydag ek Kaapstad toe vlieg. Dis net tien dae en ek word nou ‘n bietjie bang!

Ek moet uitwerk wat ek in Kaapstad sal doen en waar ek gaan bly maar ek het idees en ek is seker dat alles goed sal wees. Ek wil familielede ontmoet/weer sien maar dit blyk moeiliker om te reël as ek beplan het.

Die grootste probleem is dat eintlik ek nie daarvan hou om weg van huis af te wees nie (is dit regte Afrikaans?). Ek vind dit baie spanningsvol om te reis. Ek blameer my jeug toe ons so dikwels in verskillende lande gebly het en moes omtrent elke jaar verhuis.

Ek is die wêreld se slegste reisiger!