Monthly Archives: June 2010

‘n Engelsman in Berlyn

Ons is nou terug van Berlyn af en ek wil sê dat Berlyn so ‘n mooi en interessante stad is. Ons het baie lekker gekuier want Berlyn is ‘n stad vol geskeidenis en kultuur. Dis nie een van die meeste populêr toeriste stede in Europa nie maar ek hou baie daarvan. Dis goedkoop, vriendelik en dit herinner my aan my jeug buite Köln.

Ek dink veel mense vergeet dat as jy oorsee vir ‘n paar dae op vakansie gaan, is jy dan gewoonlik ‘n toeris. Dis makklik om te glo dat jy is nie en om te sê, “Ek hou nie van die toeriste dinge nie, ek gaan waarheen die plaaslike mense gaan, na die nie-toeriste bars, winkels, restaurante toe ens” en om te glo dat jy anders as jou mee-toeriste is. Ja miskien doen jy alles, miskien het jy vriende wat daar bly maar die feit dat jy oorsee, in ‘n verskillende land is bedoel dat jy tog ‘n besoeker is. As ek weg gaan, geniet ek om ‘n toeris te wees. Ek wil ‘n stad of land se toeriste aantreklikhede sien en ontdek, ek wil verbaas word en nuwe inligting leer en voel ‘n vreemde ervaring, beide in die VK en oorsee. En ja, ek wil veel foto’s afgeneem.

Dit was my derde besoek maar ek was ‘n ware toeris en wou alles sien maar ongelukkig het nie geneog tyd gehad nie. Vrydag het ons ‘n bietjie in Friedrichshain rondgeloop en toe het ek ‘n Duitse vriend vir ‘n paar drankies ontmoet. Saterdag ek het die Derde Ryk in Berlyn toer gemaak, wat baie interessant was veral as ek moderne geskeidenis op universiteit studeer het maar ek was nie so beïndruk met die jong Engelse toerleier nie. Behalwe die feit dat ek dink nie sy ingligting en interpretasies altyd korrek was nie, het hy ook gevloek-vloek wat nie nodig is nie, dit wek die verkeerde indruk van Englsemense oorsee en is nie professioneel nie. Hy het probeer om almal se tjommie te wees; ek wil nie ‘n nuwe tjommie maak nie, ek wil leer! Toe het ek na Kreuzberg toe gegaan om my vrou se rollerderby wedstryd te kyk. Haar span het die Berlynse span geklop en toe het ons ‘n boot op die Spree gepaartie.

Sondag het ek alleen rondgeloop en het die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) Museum besoek maar ek was daarmee ‘n bietjie teleurgestel – maar nie so teleurgestel soos ek sou gewees het het ek eintlik in die DDR grootgeword nie dit lyk nie pret te gewees het nie en ek is seker bly dat ons in die Bondsrepubliek Duitsland gebly het. Ek het ook ‘n paar dele van die Berlynse Muur gesien, dele wat nog bly. Dis moeilik nou om te glo dat die stad in twee helfte afgeskei was en dat die grens deur huise, geboue en strate geloop het. Mense kon oor die Muur na die ander deel kyk maar kon nie hulle buurmense gaan besoek nie. Nie ver van die ou Muur af lê die Fernsehturm wat uit oor die hele stad kyk. Jy sien hom orals en hy sien jou orals. As jy in Wes-Berlyn was, was hy ‘n simbool van die DDR, ‘n bietjie soos die Oog van Sauron! Ek het ook die Neue Synagoge besoek, wat baai pragtig met sy Bisantynse styl dom is.

Sondag het Engeland teen Duitsland in die voetbal gespeel en daar was ‘n baie mooi atmosfeer met vuvuzelas en duisende mense. Ek lees dat meer as 200,000 mense was in die Tiergarten om die wedystryd op groot skerms te kyk, maar ek lees ook dat meer as 500,000 fans in die sentrum was, ongelooflik! Engeland het verskriklik gespeel en Duitsland was veel beter so kla niemand met die uitslag nie.

Toe ons terug gevlieg het ek so ‘n mooi uitsig deur die venster uit oor Nederland en kon die IJsselmeer, die Flevopolder en Noordoostpolder (Flevoland), die Afsluitsdyk en die Houtribdyk sien. Hulle lyk so mooi en indrukwekkend, ek moet beslis gaan besoek.

Ek het baie geniet om weer Duits te kan praat maar ek het veel vergeet en weens my CIMA studie weet nie wanneer ek dit weer sal leer nie. Ek het dit ‘n bietjie gepraat en ek onthou nog ‘n goeie deel maar soms het ek in Afrikaans begin mompel so moet ek probeer ‘n bietjie tyd vind om te aanhou leer.

Soos altyd, laat my weet as ek bo afskuwelike foute gemaak het en onder kom ‘n paar foto’s.

Die Berlynse Muur

Deel van die Berlynse Muur in Friedrichshain

Bo die Brandenburgse Poort

Bo die Brandenburgse Poort

Die Neue Synagoge

Die Neue Synagoge

Die Fernsehturm. Jy sien hom orals, hy sien jou orals

Die Fernsehturm. Jy sien hom orals, hy sien jou orals

Roet van die Berlynse Muur - links ou Wes-Berlin, regs ou Oos-Berlyn

Roet van die Berlynse Muur - links ou Wes-Berlin, regs ou Oos-Berlyn

In Berlyn

Ek sit nou in Berlyn en drink my tee voor ons gaan kroeg toe om die Engeland teen Duitsland wedstryd te kyk. Daar’s ‘n baie mooi atmosfeer en ek hoor ook vuvuzelas en almal raak baie opgewonde, ek raak nou ‘n bietjie senuweeagtig!

Môre, Berlyn!

Môre vlieg ons na Berlyn toe vir ‘n kort vakansie. My vrou se rollerderby span speel teen Berlyn so het ek besluit om saam te gaan en om ‘n bietjie in Berlyn met vriende uit te hang. Ek is baie opgewonde, dis ‘n fantastiese stad en ons sal sondag daar bly om die Engeland teen Duitsland voetbal wedstryd in die kroeg te kyk. Ongelukkig was ek in 1996 in Duitsland toe hulle teen Engeland gespeel het en ons almal wat wat gebeur het. Dis ‘n jammerte want ek hou ook baie van die Duitse span – maar nie so veel soos Oranje nie.

Die Wêreld Beker en Download Festival

Ek wonder nou hoekom gaan ek nie na Suid-Afrika toe vir die Wêreld Beker nie? Ek is baie opgewonde, die atmosfeer lyk fantasties en almal verskyn te versokker! Maandag speel Nederland, Oranje, en ek sal probeer kyk.

Vrydag het ons na Download Festival toe gegaan om AC/DC te sien. Die laaste keer toe ek gegaan het was in 1991 toe AC/DC en Metallica gespeel het. Destyds was dit veel kleiner en bekend as Monsters of Rock. Dit was ‘n fantastiese ervaring vir ‘n 16-jaar oud jong, wat alleen van noord-Skotland af gegaan het – ek kan nie glo dat my ouers bly was om te hê dat ek alleen gegaan het nie! Hoe onverantwoordelik! Eintlik, was dit net ‘n paar dae nadat ek terug van Suid-Afrika af gekom het op na my eerste besoek en toe ek daar was het my oom al sy vriende gebel-bel om uit te vind of hulle vir AC/DC en Metallica ken, dit was baie snaaks.

Die eerste ding wat ons besef het was net hoe groot dit is. Ek lees hulle het meer as 100,000 kaartjies vir elke dag verkoop, onbeskryflik! Ons het om gedwaal maar dis so groot raak jy baie moeg veral as die son skyn en jy bier dop. Ek het ‘n paar vriende ontmoet insluitend ‘n paar Suid-Afrikaners en het ‘n bietjie Afrikaans gepraat. My vrou dink dit is snaaks dat ek Afrikaans ken en kan met vreemdelinge gesels.

AC/DC was baie goed en ons is bly dat ons besluit het om te gaan maar dit was ‘n baie lang rit en ons was baie moeg toe ons uiteindelik huistoe terug gekom het. Volgende jaar bly ons in ‘n hotel, dis hoe ons rock en roll!

Angus Young van AC/DC

Angus Young van AC/DC

Die Ruiters van die Apocalips!

Die Ruiters van die Apocalips!

Angus Young van AC/DC spring

Angus Young van AC/DC spring

Die mense rock \m/

Die mense rock \m/

AC/DC

AC/DC

Ek is die rekeningkunde foendi!

Dis waar, ek het vandag se eksamen geslaag en nou het ek die CIMA Certificate in Business Accounting voltooi. Ek is baie bly maar ek moet nog meer oefening kry voor ek die volgende vlak aanpak.

Nou skakel ek George en Danny in HM Treasury om my dienste aan te bied om die land se finansies uit te soorteer…

Wikipedia vir almal

Ek dink die Afrikaanse Wikipedia is seker my gunstelinge Afrikaanse webblad en een wat ek elke dag besoek. Dis geen verrassing nie want ek hou baie van die Engelse weergawe en soek elke dag nuwe inligting daarop.

Een aspek waarvan ek baie hou is die feit dat elke dag verskyn dit te groei. Verlede week was daar 15,261 artikels, ‘n paar dae gelede het dit omtrent 15,271 gekom en gister (Saterdag) was dit op 15,283 en vandag is dit nou 15,289. Ja dis nog veel kleiner as ander tale se weergawe (Esperanto het 131,159 en Ido het 19,284 maar ek dink hulle het net die Esperanto artikels verido!), maar op die ander kant wys dit ook dat Afrikaans ‘n lewende taal bly. Ek weet nie of die meewerks net hulle gunstelinge artikels uit ander tale vertaal – byvoorbeeld oor tale of lande – of skryf hulle nuwe artikels oor onderwerpe wat hulle interesseer nie – dit sou miskien verduidelik hoekom daar’s tans ‘n artikel op die tuisblad oor die Duitse meisie wat die Eurovision-Sangfees gewen het. En sonder om tans op ‘n gereelde basis Afrikaans te oefen, help dit my om nuwe woorde te leer en om verskillende sin struktuur en grammatika te herken.

Ek het reeds twee artikels gepubliseer en gelukkig het ‘n paar mense verbeterings gemaak (ek soek my eie redakteur voor ek meer uitgee. Daar’s geen salaris nie, maar jy sal dit vir die groot voordeel van Afrikaans doen). Ek vind Wikipedia artikels meestals veel makliker as nuusberigte om te lees want daar’s gewoonlik ‘n Engelse weergawe en ek lees ook oor onderwerpe waaroor ek reeds ‘n bietjie ken so kan die alles uitwerk. Sodra ek my eksamen slaag (een dag!), sal ek ‘n paar artkiels skryf oor onderwerpe soos Arsenal FC, kroeë en my gunstelinge bands – onderwerpe wat na Afrikaans moet vertaal word! Ek weet daar’s duisende Afrikaanssprekendes wat wil belangstel.

Die eerste dag in Junie

Vandag is nog ‘n ander dag se verlof vir ons staatsamptenaars vir “om die Konigin se verjaardag te vier”, dus kry ons ‘n lekker langnaweek. Ongelukkig studeer ek vandag en ek besef nou dat dit veel beter sou gewees het as ek die studie ‘n paar maande gelede gedoen het toe ek alles kon onthou! Op die ander kant is dit beter as om vandag na werk te moet gaan.