Monthly Archives: December 2010

Winchester

Dinsdag het ek en my vrou Winchester toe per trein gery om my ma te besoek. My broer en sy kinders bly ook daar maar hulle is tans weg so het ons hulle nie gesien nie. As jy weet nie, was Winchester die oud hoofstad van Engeland in die tydperk van Alfred de Grote in die negende eeu en dis ‘n baie mooi historiese dorpie. Dis ook bekende vir sy ou katedraal, wat nie ver van my ma se huis af is, en die private skool.

As ek Londen verlaat, vergeet ek altyd hoe anders dorpies en stede buite as Londen is. Hulle lyk baie klein en stil en ek begin waardeer hoekom mense van hierdie plekke hou en vir my ma en broer is dit baie lekker. Ek geniet nou om te gaan besoek maar dit voel nou vreemd om na ‘n dorpie toe te gaan wat net een Starbucks of net ‘n klein HMV het. Dis beslis ‘n verskillende lewe maar ek dink dat weens ek vir ‘n bietjie naby Winchester en toe in noord Skotland grootgeword het, is ek nou gelukkiger om in ‘n groot stad te bly.

Ongelukkig het ek vergeet om my kamera saam te bring so moet jy op Google kyk om te sien hoe mooi die dorpie is; ek gaan nie ander mense se foto’s gebruik en eis dat ek hulle afgeneem het.

Die dag na Kersfees

As jy geen kinders het nie of nie by jou ouers of gesin gaan kuier het nie, is Tweede Kersdag dalk een van die meeste vervelige dae van die jaar. Jy het tuis vir een hele dag gebly en wil nou uit gaan maar gewoonlik is orals te besig of te stil (ja, dit maak sin) en jy wil nie na die verkope toe gaan nie want jy besef dit sal ‘n lewende hel wees. Wat gaan ‘n mens doen?

Gelukkig het ek kaartjies vir die Saracens teen Wasps wedstyd by Wembley gekry so het Willem en ek gaan kyk. Ongelukkig vind daar plaas vandag ‘n moltrein staak dus was dit ‘n ware gesukkel om daarnatoe te gaan. Dis bus het baie stadig gekruip, dié moltreinlyne wat loop was baie onbetroubaar en toe ek daarby gekom het wat dit ysig en ons moes in die buitelug vir amper twee ure sit. Ek kan bevestig dat ons oor die weer gekla-kla het! Die kos was baie duur en nie so smaaklik nie (geen verrassing) en na twee biers was ons te koud om nog een ander te drink.

Op die ander kant, was dit baie pret. Ek dink dit was die vierde keer dat ek Saracens by Wembley sien speel het en daar was 38,000 ander ondersteuners van beide spanne. Die atmosfeer was nie verbasend nie maar almal het geblyk die dag te geniet en dit was baie vriendelik, soos alle rugby wedstryds. Die rugby was ook nie die beste nie en altwee spanne het veel foute gemaak wat hulle gewoonlik nie sou maak nie maar ek dink die weer het ‘n groot verskil gemaak. Miskien ook het gister ‘n paar spelers ‘n bietjie te veel op hulle nuwe iPads gespeel, wat hulle gister as geskenke ontvang het, en so kon nie vandag konsentreer nie.

Gelukkig het Saracens 13-6 gewen so was ons bly toe ons verlaat het om huistoe in die koud te probeer gaan.

'n Kameel in 'n slee...

'n Kameel in 'n slee...

Miskien gebeur iets, ek week nie

Miskien gebeur iets, ek week nie

Ons is baie koud

Ons is baie koud

Meer sneeu

Gister het dit vir omtrent ‘n half-uur kwaai gesneeu en ons kon skaars deur die vensters uit kyk. Ek sit nou weer op die rivier se kant en het ‘n lekker uitsig op die Teems. Ons almal was baie opgwonde maar toe so vinnig soos dit begin sneeu het, het dit verdwyn. Toe het dit gisteraand weer gesneeu en nou lê sneeu orals, dis baie mooi. Ek gaan vanaand na die voetbal toe en ek twyfel nie dat dit baie koud sal wees nie!

My werk gebou in die sneeustormtjie

My werk gebou in die sneeustormtjie

British Library

Saterdag het ek na die British Library toe gegaan om die Evolving English: One Language, Many Voices tentoonstelling oor die ontwikkeling van die Engelse taal te sien. Ek stel groot belang in Ou Engels soos Beowulf en die Anglo-Saxon Chronicle. Daardie tydperk was baie belangrik in die ontwikkeling van beide Engels, wat nou ‘n wêreld taal is, en vir my land en sy kultuur; onthou, ek is Engelsman.

Toe ek op skool was, moes ek ‘n bietjie Chaucer en Shakespeare studeer. Ek dink ek is dalk die enigste leerling wat dit nie kon begryp nie of seker het ek met Chaucer gesukkel en Shakespeare was ook moeilik. Ek was nie die slimmste kind ter wêreld nie. Soveel ander mense sê dat hulle dit amper vlot verstaan, maar na my mening was dit baie anders as die Moderne Engels wat jy en ek vandag praat. Ek meen, ek hou baie van die Engels in die Wyclif, Tyndale en King James Bybels – hulle is so mooi en die bronne van baie uitdrukkings in huidige Engels – maar ek sukkel soms om dit te volg en hulle is in Vroeë Moderne Engels geskryf. Miskien is die probleem dat die font/geskrif so anders is wat ek dit skaars kan uitwerk.

Die tentoonstelling was interessant maar ek moet erken dat ek ‘n bietjie teleurgestel daarmee was. Vir my was die nie genoeg Ou Engels nie maar ek weet daar bestaan nie veel boeke uit daardie tydperk nie. Ek is bly dat ek gegaan het, dit was gratis en die boekwinkel was vol interessante goede.