Monthly Archives: April 2016

Baarle-Hertog, Baarle-Nassau

Toe ek onlangs oorsee was, het ek ‘n draai na Baarle-Hertog in België en Baarle-Nassau in Nederland gemaak. Ek wou al lank tyd besoek want ek stel groot belang in kaarte en hierdie is ‘n anomalie – ‘n argaïese enklawe in moderne Europa.

'n Grenspaal in Baarle-Hertog en Baarle-Nassau

‘n Grenspaal in Baarle-Hertog en Baarle-Nassau

Die geskeidenis laat ‘n stille Nederlandstalige dorpie meer as interessant as ander baie soortgelyke klein Nederlandstalige dorpies klink. Die grenslyn dwaal regdeur en skep 30 klein stukkies land van beide België en Nederland in die ander land se gebiede. Dit skei strate en huise in twee. Huise se ingang is in een land geleë en die res van die huis is in die ander. Die lokasie van die ingang besluit in watter land die huis geleë is. Dit skeur die winkels en hotels in twee en jy stap uit een land na die ander en terug binne tien voetstappe sonder om op te merk.

Kaart van Baarle-Hertog en Baarle-Nassau

Kaart van Baarle-Hertog en Baarle-Nassau

In die dorpie praat almal Nederlands en ongelukkig is daar geen verskil tussen dialekte en kulture nie, wat baie interessant sou wees. Toeriste soos ek loop rondom die dorpie en neem kiekies as hulle langsaan die grenslyn staan maar ek dink as jy Belg of Nederlander is, vind jy hierdie net ‘n bietjie alledaags. Dis die tipe historiese anomalies wat Europa so interressant maak.

Die grenslyn tussen België (links) en Nederland (regs)

Die grenslyn tussen België (links) en Nederland (regs)

Op pad van Tilburg na Baarle toe, het ek en ‘n vriend na Safari Beekse Bergen toe gegaan. Daar’s ‘n tipe Suid-Afrikaanse tema daaroor – soos jy kan sien, die teken wys die invloed – maar ongelukkig kon ek nie ‘n landkaart of ‘n gids in Afrikaans kry nie. Dis seker nie soos die Krugerwildtuin nie maar as jy in suid Nederland of Europa bly, is hierdie die naaste ding aan die realiteit. Seker die kinders hou baie daarvan en as volwasse het ek baie geniet om wildhonde (een van my gunstelinge diere), leeus, luiperds en veel ander diere te sien. Ja hulle lyk ‘n bietjie moeg en verveld soos in elke dieretuin en jy dink het hulle genoeg ruim om rond te dwaal, te hardloop en te jag, maar dikwels verander die vereistes om die omheining te vergroot.

'n Teken in Safaripark Beekse Bergen

‘n Teken in Safaripark Beekse Bergen

Hier’s ‘n bottel Krüger bier. Dis seker nie ‘n beroemde brouery buite België nie en hy smaak soos ‘n gewone bier maar die etiket was interessant in die Suid-Afrikaanse tema van die dag.

Krüger bier

Krüger bier, ‘n Belgiese brouery