Monthly Archives: April 2024

Malta, land van kerke en koepels

Ek was onlangs op vakansie op Malta, die klein eilandstaat wat die Middellandse See geleë is. Die land was al jare lank ‘n Britse besitting en belangrike militêre en vloot basis weens sy lokasie en die groot aantal indrukwekkende vestings. Deesdate kom toeriste uit verskillende lande wat die son and rustig land wil geniet.

Bażilika Santwarju tal-Madonna tal-Karmnu, Valletta

Bażilika Santwarju tal-Madonna tal-Karmnu, Valletta

Wat kan ek oor Malta vertel? Regoor die eilande staan daar kerke en katedrale wat uit sandsteen gebou is. Uit die lug lyk die platteland droog en klipperig vol wit geboue weens die hitte. Ons sien min plaasdiere op die platteland maar in die hawe sien ons veel katte wat in die son lekker ontspan en toeriste wil kiekies van hulle neem.

Orals hoor en lees jy drie tale, Engels, Maltees en Italiaans. Die meerderheid van die bevolking praat glo twee vlot en gewoonlik drie tale. Mense wissel tussen die tale wanneer hulle praat. Maltees is ‘n Semitiese taal wat tot die Arabiese tak van die taalfamilie behoort. As jy hoor hoe mense die taal praat, klink dit soos Arabies, maar die woordeskat bevat ‘n groot aantal Romaanse en Engelse woorde. Die geskrewe taal lyk soos Arabies in die Latynse alfabet of Albanees vol “x’s” en “q’s” en koppeltekens wat meer selde in Engels gebruik word.

'n Standbeeld van 'n sint in Valletta

‘n Standbeeld van ‘n sint in Valletta

In die Ierse en Britse tema word die Champions League-sokkerwedstryde uitgesaai. Hierdie feit is geen verrassing nie, want dit is die gewildste kompetisie en al die klubs is van die beste in Europa. Maar daar is steeds ‘n sterk Britse invloed op alle plekke maar terselfdertyd hoor jy net euro-pop en covers.

Ons loop deur die smalle strate van Valletta, die hoofstadop Malta-eiland, wat vol toeriste is en ek merk op hoe daar oral baie mans staan wat blykbaar niks doen nie. Hulle praat op die selfone en groet mekaar en skinder maar wat doen hulle, ek weet nie. Van die mense dra kortbroeke, ander dra dikke jasse ten spyte van weklike die hitte en son.

Geen

Geen ooreenkoms oor die toekoms van Rhodesië is in sig nie. ‘n Ou koerant in ‘n kroeg in Slliema

Gozo is die tweede grootste eiland en in vergelyking met Malta-eiland is dit veel kleiner, stiller en rustiger. Dit is ten noorde van die argipel gelê. Veerbote loop die hele dag tussen die eilande, maar die stede, wat feitlik klein is, voel minder ontwikkeld en meer landelik. Daar is baie klein nedersettings op die eiland sonder die groot toeristewoonstelgeboue. As jy iets anders wil ervaar en al die ander mense wil vermy, dan kan jy dit maklik op Gozo doen.

Die Citadel in die stad Victoria op Gozo is na my mening die mooiste wat ek tot dusver gesien het. Mense ken of herken Dubrovnik, wat seker baie mooi aan die kus is, maar persoonlik verkies ek Kotor aan die Adriatiese See bo Dubrovnik. Die uitsig oor Gozo-eiland vanaf die bokant van die Citadel, wat in die middel geleë is, is baie fantasties. Ongelukkug is die geskiedenis van Gozo soms gru, weens in die besonder die beleëring deur die Ottomane in die 15-de eeu. Hierdie eiland vergeet dit nie.

Die Citadel in Victoria op Gozo

Die Citadel in Victoria op Gozo

Comino-eiland word soos ‘n paradys beskou en is die derde grootste eiland. Dis onbewoond maar daar staan ‘n beroemde wagtoring wat jy van ver af kan sien. Ongelukkig sien ons nou hoe die eiland deur toeriste vernietig word. Aan die een kant bestaan die eiland as ‘n beskermde natuurgebied, maar aan die ander kant vaar note heeldag soontoe en laai honderde mense af en op. ‘n Klomp kosstalletjies staan op die voetpad en verkoop kitskos, bottels en blikkies; niks tradisioneel wat ‘n jammerte is.

Bier en kerk, Ghajnsielem

Bier en kerk, Ghajnsielem

Mense wil in die strandmeer staan of swem. Daar is nie genoeg spasie nie en mense moet op die pad klere aantrek. In die fynpos woon verskillende skaars en beskermde diere soos slange en akkedisse ensovoorts. As ek vroeër geweet het, sou ek dalk nie soontoe gegaan het nie.

Toe ons gevlieg het, het die venster oor die Middellandse See uitgekyk. Die eilande Sardinië en Korsika lyk baie bergagtig met ‘n groot aantal baaie en sandstrande. Die afstand tussen die twee eilande is nie groot nie en hulle lyk baie soortgelyk. Hoog bo Frankryk sien ons Cannes en Marseille – en die bekende Château d’If – en die sneeu op die berge van die Alpe en toe ook Parys. Dis seker ‘n fantasiese uitsig en ek sit soos ‘n hond met my neus op die fenster.

'n Kat in Victoria

‘n Kat in Victoria

Soos gewoonlik, hoor ek nêrens Afrikaans nie. Ek het niet seker verwag om te hoor nie, maar terselfdertyd sien jy dikwels Suid-Afrikaanse reisigers en sakemanne in die buiteland. Miskien is my oor nie goed genoeg om uit te werk uit welke land mense kom nie.