Monthly Archives: December 2009

Gunstelinge Afrikaanse musikant

Hier’s die video van my gunstelinge Afrikaanse taal musikant, die briljante Terror MC. Ek besef dat die tipe Afrikaanse musiek waarvan ek hou, is die tipe musiek in Engels waarna ek luister (rock en metaal) of wat ek gewoond is om op die radio of TV te hoor (rap en hip hop). Dis nie beskaafde Afrikaans nie, maar na my mening wys dit dat Afrikaans die taal van miljoene Suid-Afrikaners is, nie net vir sekere geemskappe nie. Ek sal nooit die boeremusiek scene verstaan nie.

Die vyf beste gigs

Verlede week was ek in die kroeg met ‘n paar vriende en ons het gevra wat was die beste gigs wat ons bygewoon het. My vyf beste was:

  • The Sisters Of Mercy, Las Vegas 2006. Die band se 25de verjaardag gig in The House of Blues. Twee vriende is na twee minute uitgegooi want sekuriteit in Amerikaa is nie so cool soos in Europa nie
  • The Sisters Of Mercy, Leeds 1996. ‘n Geheime gig in ‘n kroeg en die band se eerste na drie jare. Fantasties
  • Guns N’ Roses, Faith No More en Soundgarden, Wembley Stadium 1992. My eerste keer in Wembley. Brian May van Queen het twee liedjies saam met hulle gespeel. Ongelooflik
  • Monsters of Rock 1991. AC/DC en Metallica het gespeel. Ek was maar 16 en kan nie glo dat my ouers my alleen laat gaan het nie
  • Iron Maiden en Anthrax, Wembley Arena 1990. My eerste gig toe ek 15 was en ek het my sitkaartjie vir staankaartjie omgeruil. Toe het alles verander!

Daar’s ‘n tema nè. Laat my weet wat joune is.