Monthly Archives: September 2010

British Museum

Lisa: It’s a plague, you moron! And we got lots more planned – and there’s nothing you can do about it!
[Maybe there is. Wiggum takes the two to the pyramid, where he shoves them down a shaft]
Wiggum: So long, kids! Give my regards to the British Museum.
[laughs as the top of the shaft is sealed]

Simpsons Bible Stories, AABF14, 4 April 1999

Een van my eerste en oudste geheues is toe die familie Londen toe gekom het want my pa se oom van Johannesburg af het kom besoek. Ek onthou dat ons die British Museum besoek het en een ding wat my skrik gemaak het, was ‘n skelet in ‘n graf uit Antieke Egipte. Ek was miskien vier of vyf jare oud en nou lyk dit ‘n bietjie vreemd.

Ek is nou lid van die musuem en saterdagggend het ek besoek voor ek na die voebtal toe gegaan het. Dis beslis my gustelinge museum in Londen en ja ons het so veel gesteel maar dis fantasties.

Daar’s ‘n interessante en klein tentoonstelling oor Impressions of Africa: Money, Medals and Stamps en ‘n permanente tentoonstelling oor geld and kontant. Die beste uitstalling na my mening was was ‘n ou een pond (nie rand nie) banknoot van die Zuid-Afrikaansche Republiek geïnteresseerd en die aspek wat my baie geïnteresseer het, was die taal. Dit is natuurlik in ou Nederlands geskryf en jy sien hoe destyds dit meer soos Duits gelyk het want dit gebruik die ou genetief vorm van die bepaalde lidwoord der wat baie selde in Algemene Nederlands gebruik word. Dus sê dit Die Nationale Bank der Zuid-Afrikaansche Republiek. Ongelukkig was dit baie moeilik om ‘n goeie foto af te neem want dit lig was baie sleg en dit was in die hoek.

Daar’s ook ‘n Zimbabwese honderd triljoen dollars wat my aan Dr Evil in Austin Powers herinneer, “We get the warhead and we hold the world ransom for… ONE MILLION DOLLARS!”. As iemand in Suid-Afrika vir my ‘n hyperinflasie Zimbabwese banknoot kan kry, sal dit baie waardeer. Ek hou daarvan vreemde en ou geld versamel en n bietjie van numismaties.

In die sentrum buite die oorspronklike British Library staan The Lion of Knidos. Hy’s ‘n mooi ou steen cat.

Een Pond van Der Zuid-Afrikaansche Republiek van 1899

Een Pond van Der Zuid-Afrikaansche Republiek van 1899

Twintig Rand van 1933

Twintig Rand van 1933

London Natal Bank 10 Schillings

London Natal Bank 10 Schillings

Nederlandsch Oost-Indien - vyftig gulden van 1815

Nederlandsch Oost-Indien - vyftig gulden van 1815

Rhodesiërse Pound

Rhodesiërse Pound

Een honderd triljoen dollars van Zimbabwe

Een honderd triljoen dollars van Zimbabwe

Lion of Knidos

Lion of Knidos

'n Graf uit Antieke Egipte. Toe ek baie jong was, het dit my baie bang gemaak!

'n Graf uit Antieke Egipte. Toe ek baie jong was, het dit my baie bang gemaak!

Die Antieke Egipte deel van die museum is deur The Luxor Hotel in Las Vegas geïnspireerd

Die Antieke Egipte deel van die museum is deur The Luxor Hotel in Las Vegas geïnspireerd

Vier jare en 200 posse

Vandag vier ek twee verjaardae – dis beide my niggie (broer se dogter) en my blog se vierde verjaardae. Toe ek begin blog het, het ek nie besef dat dit ook die dag toe my niggie gebore is nie en het slegs onlangs die konneksie tussen die twee gebeurtenisse gemaak.

Hierdie pos is ook my 200ste pos. Miskien is dit nie die beste nie maar dit verduidelik ‘n bietjie hoekom ek elke dag vanweek geskryf het, ek wou die mylpaal bereik. As ek lees, is daar veel posse wat ek nie gepubliseer het nie, wat ek nie klaarmaak skryf het nie, ontwerpe vol gedagtes en idees wat ek tans nie goed genoeg in Afrikaans kan uitdruk nie. Ja, miskien is een deel nie baie goed nie, een ander deel is te ververlig en nog een ander deel te onbeskaaf oor dinge.

As ek nie op ‘n gereelde basis opdateer, begin ek dinge vergeet. Ek praat nou die taal selde aangesien dat onlangs my Afrikaanse tjommie by werk verlaat het. Ek skryf elke dag e-posse met ‘n paar mense maar dis nie so goed soos om te oefen praat nie en die geleenthede vir sy gebruik raak minder en minder. Ek lees af en toe die Suid-Afrikaanse koerante wat in die VK uitgegee is, maar bevat nou geen Arikaans nie en dis vol nuus vir ex-pats wat nie my interesseer nie. Ek lees nog ander mense se blogs, die Afrikaanse Wikipedia en die Afrikaanse koerante aanlyn maar ek besig om te studeer dat ek nie genoeg tyd het om veel te lees nie.

Ek moet beslis nuwe mense vind om mee te praat anders sal ek net een enkel, stille stem onder miljoene wees wat sy gedagtes in die leë ruimte van die internet uitsaai.

Dit reën!

Gister het ek geskryf hoe mooi die weer is en vandag reën dit kwaai, dis ongelooflik. Ek het al my chilli blomme in tuin geplaas sodat hulle in die sonlig kan sit, nou is ek bekommerd dat hulle gaan verdrink.

Die weer

Dis sal gou Okotber wees en ek sou verwag dat die weer nou sleg moet begin raak maar eintlik is dit nog baie mooi. Ek het vanaand in die stad op ‘n Boris Bike gery en dit was so lekker en warm, die strate was vol fietsryers, die sypaadjies vol mense, die cafés en winkels was oop en dit het soos die somer gevoel wat ons nie vanjaar gehad het nie.

Geskenke

Ek sukkel ‘n bietjie op die oomblik met om geskenke vir familielede se verjaardae te koop. Van nou af tot Kersfees is daar my vrou en vier broerkinders (ek weet dis ‘n Nederlandse woord, nie so seker of julle dit in Afrikaans sê nie. Die woorde neef en niggie is te vaag vir ons Engelssprekers) se verjaarsdae en elke keer het ek geen idee wat ek gaan koop nie. Die kleintjies is nog baie jong (die oudste sal ses jare oud word, wat baie nog jong na my mening is) en ek sien hulle so selde dat ek niks oor hulle weet nie. Natuurlik as volwassene sonder sy eie kinders, weet ek niks oor speeltjies en goede waarvan kinders hou nie. Hulle is te jong om iets spesiaal te waardeer, hulle het reeds veel speeltjies dus raak dit geen saak as ek vir hulle die splinternuutste speeltjie of net ‘n ou boks vir hulle gee nie, ongeags die geskenk sal hulle óf begin ween óf begin speel! Ja, ek is beslis die tipe oom wat kinders nie wil hê nie; ek het baie goed van my eie (Suid-Afrikaanse) ooms af geleer.

Ek moet ook sê dat ek reeds ‘n geskenk vir my vrou gekry het, sy het dit makliker vir my gemaak want sy het vir my te gesê wat sy wil hê. Daai manier is beter en makliker vir almal.

Kvelertak

Verlede week et ons Kvelertak in ‘n kroeg in Londen gaan sien, dis ‘n band uit Noorweë wat ons op Reading Festival ook sien speel het. Hulle speel Noordse mitologie en Wiking sprokie punk-metaal en rock’n’roll in Noors en dit is moerse fantasties! Ek kan nie glo net hoe pret en opwinding hulle is nie, hulle is vol energie. Hulle speel weer in November so sal ons beslis kaartjies koop. Ek moet hulle vra of hulle in Nynorsk of Bokmål sing. Ek hoop dis Nynorsk. Ek twyfel hulle kom gou in Suid-Afrika speel maar as hulle een dag kom, hoop ek dat julle hulle sal gaan sien.

Die sanger mosh!

Die sanger mosh!

Laat ons rock!

Laat daar wees rock!

En daar was rock!

En daar was rock!

Tattoos

Tattoos

Die Londen fiets huur skema

Ek het onlangs die London Bike Hire skema begin gebruik en ek moet sê dat dit fantasties is! Ek het my eie fiets wat ek nooit ry nie want dis te moeilik om dit van agter my vrou se twee fietse af uit te haal. Sy ry meeste dae werk toe wat ‘n rit van omtrent 12 kms is wat indrukwekkend is, maar ek het nooit tot dusver werk toe gery nie. Ek het nou by die skema geregistreet en ry elke dag as ek in die stad is.

Die skema is baie maklik om te gebruik; jy registreer wat £48 vir die jaar kos en jy ontvang dan ‘n sleutel. Dis gratis as jy vir minder as 30 minute ry en gewoonlik maak ek elke dag aantal vyf-na-vyftien minute lang ritte. Daar’s omtrent 5,000 fietse en meer as 300 fiets stasies waar jy ‘n fiets kan neem. Ek weet dat veel ander stede het so ‘n skema vir jare gehad en dus is Londen se skema die jongste.

Mense noem die fietse “Boris Bikes” na die burgermeester Boris Johnson wat ‘n fietsryer is (ons verkies die naam “BoJo Bikes”). Eintlik was dit nie sy idee nie, dit was Ken Livingstone s’n, die vorige bugermeester, maar as die huidige burgermeester neem hy die krediet. Dis vreemd as ek ry want ek besef nou net hoe ander dit is om fiets te ry as om te loop. As ek loop mag ek in elke straat in enige rigting gaan, maar as ek ry moet ek die verkeersreëls gehoorsaam, soms mag ek nie links of regs draai of mag nie of die sypad ry nie. Jy onthou ook dat ek nie ‘n motor kan ry nie. Ek ken baie goed die kaart van sentraal Londen maar nou is alles nuut, ek moet begin dink waarheen ek wil ry en dan moet ‘n plan maak.

Tans moet jy registreer om die fietse te gebruik maar hulle beplan dat toeriste sal hulle mag gebruik so as jy kom besoek, huur asseblief ‘n fiets en geniet ons stad!

'n Boris Bike

'n Boris Bike in King's Cross

Onlangse gebeurtenisse

‘n Paar naweke gelede het ons na Reading Festival toe gegaan soos ons elke jaar doen. Vanjaar was ons ‘n bietjie onseker of ons eintlik wil gaan, ons het begin wonder of ons nou te oud is en of ons die metaal feeste verkies. Elke jaar staan ek op ‘n paar kere vir ‘n paar dae in ‘n groot veld en gee meer as £200 uit!

Voor ons gekom het, het dit kwaai gereën dus was dit baie modderig en meer as in verlede jare. Gelukkig het ons nie gekampeer nie – dit het soos hel gelyk! Ons het dus elke dag na Reading toe gery wat ons baie moeg gemaak het maar dit was ook veel makliker. Vrydagaand was baie vreemd. Ons was baie opgewonde om weer Guns N’ Roses te sien speel, wat die headline band was. Ongelukkig was hulle belaglik en hoewel ek destyds baie kwaad was, sien ek nou net hou snaaks dit was. Ek is bly nou dat ek dit getuig het! Alles was verkeerd en afskuwelik. Die ander bands was veel beter veral Kvelertak, Crystal Castles en Limp Bizkit. Al die ander bands het geweet hoe ‘n goeie gig te speel so dit was net GNR wat alles opgefok het. Ons het reeds kaartjies vir 2011 gekoop so miskien is nie te oud nie.

Verlede naweek het met Willem na die London Double Header in Twickenham toe gegaan wat elke jaar op die begin van die nuwe seisoen plaasvind. Daar’s twee wedstryde tussen die vier Londen rugby spanne. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie maar ek het ook op twee kere in 2008 and 2009 gegaan so maak ek die poging om elke jaar nou te gaan. Ek moet sê ek het dit weer baie geniet en ons het baie goeie kaartjies van ‘n tout af gekry, eintlik het ons hom geroof! Ons het so ‘n ongelooflike mooi uitsig gehad. Ongelukkig het Saracens verloor maar ons het lekker gepaartie en gesuip, wat meer belangrik was!

So ja, foto’s.

Kvelertak

Kvelertak: Vroue wil hom hê, manne wil hom wees

Kvelertak

Kvelertak: Noordse mitologie en Wiking sprokie punk-metaal in Noors. Uitstekend!

Kvelertak

Kvelertak: die tattoos op sy nek moet sy pa baie pla

Modder

Modder

Guns N' Roses

Guns N' Roses. 'n Gig om te sê dat jy gesien het vir al die verkeerde redes

Dromedary

Drommedaris

Die kommentators

Die kommentators

Hy skop

Hy skop!