Die laaste lesse op italki van hierdie jaar

Na omtrent ses maande het ek uiteindelik die laaste twee lesse van my huidige bondel lesse op italki gehad. Weens werk is ek nou meer besig as ek was aan die begin van die pandemie en gevolglik het ek nie meer lesse bespreek nie.

Ek het amper niks al maande lank gestudeer nie. Ek het skaars enigiets gelees nie en ek het baie min gepraat; okei ek het met by amper niemand gekuier nie.

Ek weet wel dat as ek met eerste taal sprekers praat sukkel ek om hul gesproke Afrikaans te verstaan. Miskien ken ek nie genoeg woordeskat nie of probeer ek om te praat verder as my kennis sal my laat. Hoe ‘n mens besluit watter woordeskat hulle sou leer, weet ek nie. Ek weet dat die belangrikste ding is om te lees, en lees oor die onderwerpe waaroor jy wil praat – soos jouself!

Die ander probleem is hoe mense praat. Daar’s veel meer leerbronne vir die “groter” of meer populêre tale. Jy kan veel maklik oudio en video’s ensovoorts vind, en veel meer sprekers ontmoet. Afrikaans is te klein en te area spesifiek sodat die ewige sukkel om kontak met belangstellendes te maak, bestaan.

Nadat so veel jare vra ek myself net hoe goed kan ek praat. Alles is ‘n illusie en as ek kyk die video’s van die poligitte se “drie maand uitdaging” sê die leerder gewoonlik aan die einde dat hulle nou tot B1 praat, en dan dink dat ek niks in meer as twintig jare amper geen verder vooruitgang gemaak het nie.

Ek gaan nie opgee nie – ek het genoeg geld op die taal gespandeer – maar ek is onseker of ek ooit veel beter sal word nie. Ek sal net ‘n nuwe idee van ‘n doel of eindpunt – of goed – moet kry.