Monthly Archives: June 2014

Die Wêreldbeker

Soos almal weet – en veel mense wil vermy – vind die Wêreldbeker op die oomblik plaas. Ja, ek weet in Afrikaans sê jy sokker in plek van voetbal wat vir vreemde rede, wat ek nie kan verduidelik nie, dikwels na rugby verwys. Soos ek gesê get, bring ons sekere aspekte uit ons eie moedertaal na die tale wat ons leer en dus sê ek voebtal.

Vir fans is hierdie kompetisie beter as voorafgaande kompetisies. Elke keer verbeter dit. Ek onthou Amerika 1994 wat almal verras het, ‘n land sonder ‘n ryk geskeidenis van voetbal en daar was ‘n uitstekende toernooi. Hierdie keer is daar ‘n gebrek vuvuzelas wat so omstrede in Suid-Afrika was. Miksien verlang ek na hulle ‘n bietjie.

Soos ons gespot het, maar sneller as ons verwag het, is Engeland reeds uit die kompetisie geklop. Die span het nie baie sleg gespeel nie maar hulle was baie vervelig. ‘n Vriend het vir my gesê dat hy nooit so min verwagting en hoop oor die span se kanse al jare lank gesien het nie. Niemand het geglo hulle gaan uit die groep kwalifiseer. Dis ‘n goeie ding dat mense nou realisties is. En die Engeland vroue span was verlede jaar net so swak soos die manne so miskien is beide spanne so is niemand beter as die ander niw. Laat ons nie vergeet dat Spanje veel slegter gespeel het nie wat baie snaaks was.

Veel mense hou nie van voetbal nie en veel mense haat dit. Ek waardeer dat die nuus berigte hulle baie pla. Ek wil nie net oor voetbal praat nie en sal oor ander onderwerpe gesels. Mense lag en sê dat nà Engeland uitgegooi is gaan niemand belangstel nie. Hulle is verkeerd. As jy ‘n fan is, is daar veel ander nasionale spanne waarvan jy hou en en vir wie jy gaan juig. Spanne wat eintlik kan wen. Vir my is dit Nederland en dan Duitsland, België en Frankryk. Ek praat met vriende en hulle het soortgelyke keuse. Klub is meer belangrik as land.

Daar’s ‘n lekker atmosfeer as mense planne maak om kroeg toe te gaan. Ons sit en kyk tot laat elke aand en dan is ons baie moeg in die oggend. Vrydagaand sit ons vyf in die kroeg en ons juig vir Costa Rica en Frankryk. Ons ruil feite, enigiets ons het op die dag gelees, wie Arsenal gaan koop, ons gedagtes op ‘n sekere stukkie bedrewenheid, ‘n afskuwelike fout, ons klets aanlyn gedurende die wedstryds. Miskien wil ons hê dat ons soos foendis klink maar dit raak nie saak nie. Jou gedagtes is so goed soos almal anders s’n.

Terug van die Lae Lande

Ná vier dae in die Lae Lande is ek nou terug in Londen en ek dink agter na ‘n fantastiese klein vakansie vol reis, musiek, vriende en ‘n bietjie kultuur. Die dag toe ek vertrek het, het ek in die oggend in die Europese verkiesings gaan stem en vriende moes die Sondag stem en hierdie keer voel dit ewe meer belangrik dat ons stem en saam stand, na my mening.

Vrydag het ons Fort Breendonk besoek, wat ‘n konsentrasie kamp suid van Antwerp tydens die Tweede Wêreld Oorlog. Dit was ‘n interessante ervaring om te sien hoe die gevangenes gely het nie en dis belangrik vir ons almal om te leer en te onthou. ‘n Paar skole het kom besoek so ons het saam met Belgiese leerlinge om die kamp geloop.

Luxemburg is ‘n snaakse plek om te besoek. Dis klein en ryk en ook baie rock’n’roll. Dit klink vreemd om te sê maar dit is die waarheid want ons hotel is op Avenue du Rock’n’Roll gelë! Miskien is dit ook nie so groot ‘n verrassing om te sê dis ook goedkoop nie. Die land word ryk deur al die belasting wat Amazon en ander multinasionale maatskappye in ander lande vermy betaal, betaal in Luxemburg. Dis maklik vir mense uit die Lae Lande en Duitsland om heen toe te ry so dit verduidelik hoekom soveel vriende het ook die gig kom sien.

En toe het ons na Amsterdam toe gegaan. Soos ek vooraf geskryf het, hou nie my Vlaminge vriende van die stad en land nie want almal praat Engels in plek van Nederlands met hulle. Ek verstaan hoeveel dit sou pla. Ongelukkig verstaan niemand my Afrikaans nie so is ek net ‘n eentalige Engelsman oorsee. Dis ‘n mooi stad vol beroemde gragte en ou geboue in die sentrum. Ek hou daarvan, die geskeidenis is baie interessant en ek kan ‘n goeie koppie tee kry wat vir my baie belangrik is wanneer ek in die buiteland is. Dis lekker om ‘n paar dae buite Londen te neem, om ‘n bietjie te reis en om ou vriende weer te sien en om lekker te ontspan en om ‘n vreemdeling in die vreemde land te wees.

Kuifie in Amerika in Brussel-Suid stasie

Kuifie in Amerika in Brussel-Suid stasie

Fort Breendonk, 'n konsentrasie kamp suid van Antwerp

Fort Breendonk, ‘n konsentrasie kamp suid van Antwerp

'n Teken by Fort Breendonk

‘n Teken by Fort Breendonk

Die pale waar gevangenes gefusilier is, Fort Breendonk

Die pale waar gevangenes gefusilier is, Fort Breendonk

Die Kruisafneming

“Die Kruisafneming” van Peter Paul Reubens in die Onze-Lieve-Vrouw-katedraal in Antwerp

'n Deur in Amsterdam. Ek onthou nie of ek vooraf 'n foto hiervan geneem het nie.

‘n Deur in Amsterdam. Ek onthou nie of ek vooraf ‘n foto hiervan geneem het nie.