Monthly Archives: October 2020

Daar kom ‘n inperking

So dit lyk nou dat ons ‘n ander inperking gaan hê wat binnekort sal begin en duur vir mintens ‘n maand. Dis nie ‘n verassing nie en na my mening is dit die regte beslissing, maar ek is beslis nie ‘n medikus nie so hang ek af van die raad van die foendis. Ek is ook nie dié oke wat glo dat hy beter ken weens hy ‘n bietjie aanlyn gelees het nie. Niemand wil ‘n inperking hê nie, maar dit voel dat dit reg is.

Ek het geen Afrikaans al drie maande lank gestudeer nie; geen lesse, geen lees, geen skryf nie. Ek verloor entoesiasme maklik maar ek glo die rede is dat ek feitlik ‘n bietjie ekstrovert is (as ek moet kies) dus raak ek moeg nadat ‘n paar weke of maande as ek nie genoeg verbetering en vordering sien nie en ek wil dan iets nuuts soek. (Ek dink introverts verloor hul entoesiasme weens amper dieselfde redes so weet ons dat ons almal – die twee kampe – hieraan ly.)

As jy in ‘n kantoor werk – of het daarby gewerk voor die huidige situasie – of as jy die aanlynse taalleer gemeensksp volg, weet jy die kwessie oor ekstrovertie en introvertie. Dit lyk nou dat die groot meerderheid hulself as ‘n introvert beskou en dat dit ‘n tipe “super magte” beskryf word. Persoonlik stem ek nie saam nie want dit voel asof dit ‘n manier is om lid van ‘n klub te word, wat aan die regte kant is, sonder om ‘n wetenskaplike verstandig of bevestiging te gehad hê nie. Die lys beskrywings oor beide, wat jy aanlyn vind, is net pop joernalistiek. Almal het kenmerke van altwee kante. So ek besluit om myself as ekstrovert te beskou want dit die baie minder populêre kant is. As jy hardwerkende of lui is, is dit net so belangrik maar niemand wil trots sê hulle is baie lui nie of vermy hard werk.Soos Johan Cruijff gesê het, “Elk nadeel heb zijn voordeel”. Jy moet net kies hoe om dit te interpreteer.

Ek weet dat ek entoesiasties is om te praat en om sprekers te vind. Ek wil net praat en oefen en leer van ander mense. Maar ek waardeer baie dat die egte super magte is om te lees. Ek moet so entoesiasties wees om te lees en om te studeer, soos om te praat. Die gewoonte om elk dag te studeer is ‘n egte kundigheid. Daarna volg alles.