Monthly Archives: May 2009

Dinge om te doen in die somer

Wie wil die rugby London Double Header by Twickenham om 5 September kom sien? Daar’s twee wedstryde tuseen die vier Londen rugby klubs in die Guinness Premiership (Harlequins, London Irish, Saracens en Wasps) en ek het verlede jaar gegaan en het die baie geniet. Dis nie duur nie, omtrent £20 so ek dink ons moet gaan. Andersins laat ons die British Lions teen die Springbokke in die kroeg kyk.

In ander nuus lees ek dat SOAS ‘n Zulu Intensive Summer Course in September aanbied. Dit loop vir twee weke en dis ‘n bietjie duur (£255) maar dit lyk nogal interessant en as ek die vrye tyd kan kry sal ek dit doen. Ek het ‘n bietjie Duits, Nederlands en Sweeds geleer en ek geniet om vreemde tale te leer, veral ‘n nie-Indo Europese taal, so as jy ook belangstel laat my weet.

Dit hang ‘n bietjie af van werk. Volgende week begin studeer om die Chartered Institute of Management Accountants sertifikaat te kry. Werk gaan my ondersteun en vir alles betaal maar ek sal al die werk moet doen. Ongelukkig sal ek miskien nie genoeg tyd hê om Duits te aanhou leer nie want ek baie besig sal wees maar dis belangrik dat ek die kwalifikasie kry wat my loopbaan sal help. Ek kan weer in ‘n paar jaar Duits begin leer en ek hoop ek vergeet nie te veel nie.

Sutton Hoo

Vandag is ‘n bank holiday in Engeland (maar nie in Skotland nie) so my vrou en ek het na Sutton Hoo gegaan. In die jare 1930s het mense die gebeid opgegrawe en het die begrafplaas van ‘n Angel-Saksiese koning, miskien Raedwald van die Oos-Angels uit die 6de eeu, en veel ander goede ontdek. Na my mening is Sutton Hoo een van die vernaamste argeologiese plekke in Brittanje en ek wou lankal gaan. As jy die British Musuem besoek, kan jy kopies van die helm, swaard en skild sien.

Eintlik was ek ‘n bietjie teleurgestel. Ek het gehoop om meer te kan sien, om ‘n beter museum te besoek en veral om ‘n kopie van die skeepsbegraf te sien. Daar’s ‘n paar beroemde Wiking skeepsbegrafplase in Noorweë en Danemark wat nie veel anders as die Angel-Saksiese s’n is nie. Op die ander kant is die ou juweliersware baie indrukwekkend en mooi en dit wys hoe geskoold die Angel-Saksers was om ingewikkelde ware te kon maak.

Ek dink mense vergeet hoe belangrik hulle was want dis soms die mode om nuwe historiese groepe te probeer vind, wat mense nie goed ken nie, om te wys dat hulle die land en kultuur verander het. Natuurlik het vele verskillende gemeenskappe tot die land bygedra, maar ons studeer – en vereer – die Angel-Saksers want hulle het so ‘n groot invloed op die land, mense, kultuur en veral die taal gemaak. Sonder hulle sou ons nie Engels nou praat nie. Ek stel ‘n groot belang in die Angel-Saksies en hulle taal, die Ou-Engels, en ook die Wikings.

Ook, kan iemand vir my verduidelik asseblief hoe om die woord “hoeka” in die regte manier te sê. Ek wil weet.

Foto’s van Sutton Hoo.

'n Kopie van die beroemde helm wat by Sutton Hoo gevind is

'n Kopie van die beroemde helm wat by Sutton Hoo gevind is

'n Begrafplaas by Sutton Hoo

'n Begrafplaas by Sutton Hoo

We love you Arsenal, we do!

Die voetal seisoen is amper klaar en my drome en hope het verdwyn. Binne vyf dae het ek Arsenal op twee keer sien verloor en ek bedoel nie net verloor nie, maar word heeltemal gedonner. Ek het nie verwag dat ons die twee wedstryde sou gaan wen nie maar ek het nie verwag dat ons so sleg kon speel en verloor in so ‘n manier nie! Ons was verskriklik en sonder idees en dit lyk nou asof alles in die volgende seisoen meer moelik vir ons sal wees. Die ander spanne in die “groot vier” het gewys net hoeveel beter hulle is en dan al die ander spanne word elke seisoen beter en beter. Die slegste aspek is dat ek nie kan kla nie. Ons ondersteuners het begin besef dat ons deesdae nie so goed soos die ander drie groot spanne is nie.

Dis snaaks as jy jou span sien verloor. Soms is jy kwaad en jy skreeu en alles is iemand anders se fout. Op ander keer, soos hierdie week, vind jy dit miskien ‘n bietjie snaaks want dis so ‘n verleentheid! Jy gee nog om maar ek ook wanhoop. Jy weet daar’s niks wat jy kan doen nie en jy moet maar lag. Daar’s spelers wat ‘n groot salaris bedien wat lyk asof hulle lui en nie-geïnteresseerd is. Soms kan hulle ‘n wedstryd binne ‘n paar sekonde verander en dit verbaas jou. Jy sing hulle name, jy praat oor die klein besonderhede wat hulle gedoen het, hoe intelligent hulle is, hoe belangrik hulle is. Op ander keer is dit heeltemal anders. Dit lyk asof iemand hul liggam gesteel het. Hoe kon hy nie ‘n doel kry nie? Is dit rêrig dieselfde ou?

Dan is daar spelers wat nie briljant speel nie, wat nie eintlik baie goed is nie en hulle skei die ondersteuners se opinies. Jy wonder hoekom hulle nog in die span is. Hulle is die slegste speler ooit! My ouma kan beter speel! Hoeveel verdien hulle om so kak te speel, dis ‘n skande! Verkoop hom nou! Maar ook soms het hulle genie. Arsenal het veral twee spelers wat vroeër in die seisoen nie goed gespeel het nie, wat slegte gesinshede gehad het en ons ondersteuners was meer as bereid om hulle te laat weet wat ons oor hulle gedink het. Toe het hulle verander, soos ‘n wonderwerk. ‘n Klein verskil hier en daar, hulle kerm nie, hulle bly stil en net speel voetbal. Het hulle ons gehoor en besef dat hulle van die ondersteuners afhang? Nou begin ons praat oor hoekom hulle dalk die wedstryd kan verander. Ons hoop dat hulle miskien nie in die sommer verkoop word nie; daar’s ander, luier spelers wat ons eers moet verkoop.

Okei, dis nie te sleg nie. Ons is ‘n groot span met goeie spelers, ‘n fantastiese stadion, duisende of miljoene ondersteuners en ons gaan nie sukkel nie. Vriende ondersteun ander spanne wat kleiner, armer en minder suksesvol is. Ek kerm soos ‘n ryk man wat nie gewoonte aan die huigide situasie is nie, om te verloor en sleg te speel! Hulle sien dit elke week, elke seisoen. Dit klink soos hel!

Ek hou baie van die wedstryde en die een dinge wat slegter is as om te verloor is om vir die komende seisoen te moet wag! Drie maande sonder voetbal, ons sukkel om te oorleef!

Endgame en vreemde aksente

Maandagaand het ek Endgame op Channel 4 gekyk. Die akteurs was fantasties, die storie baie interessant en ek was baie beïndruk. Hierdie tipe historiese TV rolprente is op die oomblik baie populêr, byvoorbeeld oor Nazis, Mrs Thatcher, the Miner’s Strike of Frost/Nixon.

Nou weet ek dat party Suid-Afrikaners dalk ‘n bietjie anders daaroor sal dink. Alle kulture of gemeenskap dink dat nie-lede se persepsie of vertolking van hulle ‘n bietjie verkeerd is en in my ervaaring (en in my argumente met hulle!) is Suid-Afrikaners nie anders nie. Almal het hulle eie persepsie en gedagtes oor ander lande. Mense het hulle eie oor ons Britte en die VK (wel gewoonlik slegs oor Engeland). Maar ek wil nie oor die waarheid of akkuraatheid van die program skryf nie.

Ek wil oor die Afrikaanse aksente praat. Dikwels lees ek in die koerante net hoe moeilik dit is (of so hulle sê) om die Afrikaanse aksent reg te praat. Die resensies vir Endgame was nie anders nie. Ek lees dat Engelssprekende akteurs daarmee sukkel en Suid-Afrikaners sal soms sê hoe verskriklik die pogings is. Dis net soos Engelse aksente, veral as buitelanders dink hulle ‘n goeie Engelse aksent kan spreek en hulle is mos verkeerd! Ek glo dat akteurs gewoonlik ‘n vreemde aksent goed kan spreek. Kyk na The Wire en jy besef nie dadelik dat Jimmy McNulty en Stringer Bell eintlik Engels is nie. Mense het hulle geleer hoe om so te praat. Ek dink hulle klink eg, miskien sal Amerikaners verskil.

Nee, ek dink mense praat oor die verkeerde ding. Dis nie die aksent nie, dis die weg hoe hulle die vreemde taal praat. Wat ek bedoel is, praat akteurs gewoonlik in rolprente die standaard of gesofistokeerde taal sonder foute. Daar’s ‘n verskil tussen om ‘n vreemde taal soos ‘n tweede moedertaal te kan praat en net om dit baie goed te kan praat. Ek ken veel Afrikaners (en Swede) wie se Engels uitstekend is maar as Engelsspreker merk ek baie klein dinge wat anders is, wat ek sê nie, wat aandui dat hulle Engels is op skool geleer het. Miskien is dit ‘n grammatika fout (hulle gebruik hulle eie grammatika as onseker) of die verkeerde woord of idioom, gewoonlik net een of miskien twee keer wat dit wys maar in rolprente praat almal soos eerste-taal spreker maar met ‘n verskillende aksent.

En daarin lê my enigste kritiek met Endgame en ander soortgelyke rolprente. Die akteurs was te goed. Om heeltemal eg te wees moet jy foute maak. Moenie vergeet nie, ons eerstetaal sprekers maak ook foute maar ons tipe foute is amper inheemse. As ek Afrikaans praat, sê ek dinge soos ons in Engels sê. (Ek het op ‘n paar keer met Afrikaners geskryf wat nie besef dat ek Brit is nie so ek weet nie wat dié bedoel nie. Ek is deurgemekaar!) Dis verkeerd, maar dis ook die tipe foute wat mense sê as hulle ‘n vreemde taal probeer praat. Hulle het nie Suid-Afrikanse Engels gepraat nie maar Britse Engels met vreemde aksent en dis dieselfde as akteurs wat Duitsers, Suid-Afrikaners, Russe ens speel, hulle klink soms ‘n bietjie soos die Counting Count (of Graaf Tel in Nederlands).

Ek wil nie onbeskof wees nie en probeer nie om jou te kritiseer nie. Ek weet my Afrikaans is ver van vlot af, dis net ‘n opmerking en ek wil weet as jy ook so dink.

Terug van Edinburg af

Ons is terug van Edinburg af en dis snaaks dat nou dat hoe ouer ek raak hoe meer ek van Edinburg hou. Ek was daar ‘n paar maand gelede en hierdie keer was die die weer natuurlik soveel beter.

Toe ek jong het ek gehaat om Edinburg toe te moes gaan. Ons het in Inverness gebly en na mening was Edinburg te vol mense uit Engeland (soos ons!). Ek het nie my persepsie heeltemal verander nie maar ek is nou meer bly om te gaan. Jy vergeet soms – veral as jy net in Londen bly, soos ek – Edinburg se geskeidenis as beide die hoofstad van Skotland en sy historiese rol as die tweede stad van die Britse Ryk. Daar staan nog veel ou geboue van daardie tydperk. Die geboue is baie indrukwekkend en jy weet hoekom die stad soms as die Athene van de Noorde verwys word. Ek het Edinburg soveel keer besoek sedert ek jong was dat ek dalk ‘n bietjie lui word. Ek weet waar ek wil gaan, wat ek wil doen en besoek altyd familielede. Miskien moet ek op die volgende keer meer soos ‘n nuuskierige en entoeriastiese toerist gaan dwaal, ontdek nuwe areas – ‘n nuwe stad – en wees bereid om alles te vergeet en om iets nuuts en anders te gaan vind.

Soos jy nou verwag, ‘n foto.

'n Gedenkteken aan die soldate wat in koloniale oorloë gesneuwel het

'n Gedenkteken vir die soldate wat in koloniale oorloë gesneuwel het

Edinburg

Vandag gaan ons Edinburg toe vir die naweek om my pa, broer en vriende te sien. Gewoonlik hou ek nie van om uit Londen te ry nie – behalwe om SA of België te besoek – maar ek sien nou baie daarna uit om te gaan en te ontspan. Werk is tans baie besig en dit sal lekker wees om in ‘n hotel te bly en om niks te doen nie.