Monthly Archives: March 2011

‘n Toeris in sy eie stad

Vandag skyn die son en na ek ‘n paar ure se studie gedoen het – ek wil seker maak dat my eskamens op die eerste en enige keer slaag – het Greenwich toe met die DLR gery. Die rede is dat ek wou HMS Bulwark sien, wat vir ‘n paar dae in Londe vasmeer is. Toe ek kind was, wou ek eintlik by die seemag aansluit. Hierdie week het ek aantal klein seemag bote gesien wat verby ons kantoor geseil het insluitend twee skeertuie vol seesoldate. Later het ons die rede uitgevind.

Eintlik het ek by Mudchute afgeklim want ek wil die uitsig van Greenwich van die noorde kant af kyk, dis baie mooi uitsig oor die Royal Naval College en ‘n bietjie verder agter Greenwich Park en die Royal Observatory.

Toe het ek onder die Teems met die Greenwich foot tunnel geloop, wat na my mening een van die meeste indrukwekkende prestasies uit die eeu van Konigin Victoria is. Dis vreemd om te dink dat jy eintlik onder die rivier mag stap in ‘n tonnel wat so oud is. In die somer as dit te warm raak is dit lekker koel om daardeur te loop met al die koue kondensasie.

In Greenwich kon jy foto’s van HMS Bulwark afneem maar ongelukkig kon niemand gaan besoek nie. Dis klein in vergelyk met Amerikaanse oorlogskippe maar vir ons is dit een van die grotste in ons seemag.

'n Skeertuig vol seesoldate

'n Skeertuig vol seesoldate

HMS Bulwark

HMS Bulwark

HMS Bulwark

Ver in die afstand sien jy 30 St Mary Axe of "The Gherkin"

Greenwich foot tunnel

Greenwich foot tunnel

Royal Naval College, Greenwich

Royal Naval College, Greenwich

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Verlede week was ek in die kroeg met ‘n paar ou werk kollegas insluitend ‘n Afrikaanse vriend wat saam met ons gewerk het en hy het vir my ‘n kopie van Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do gegee. Ek het dit probeer kry want hulle is een van my gunstelinge Suid-Afrikaanse bands.

Gister het ek dit op my iPhone opgelaai en op die moltrein gekyk. Nou soos ek op veel kere gesê het, is ek nie Suid-Afrikaner nie en ook wil ek nie om Suid-Afrikaner probeer wees nie; ek is Brit en kom hiervandaan. Die taal interesseer my baie en dus stel ek ‘n groot belang in Afrikaansetalige kultuur. Die tipe Afrikaanse musiek waarna ek luister sluit musiek in wat nader is aan die tipe musiek waarna ek gewoonlik luister (Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Kobus!) en ook musiek wat anders as my gewone musiek is (Kallitz, Dokte, Brassie Vannie Kaap, Terror MC). Ek dink ook daar’s populêre Afrikaanse musiek wat verskriklik is.

Wat ek bedoel is, is dat ek nie heeltemal kan verstaan net hoe ‘n groot impak die bende op Suid-Afrika, die kultuur en jong mense gehad het nie want ek kom uit ‘n verskillende land en kultuur. Sonder om dit te ervaar het, hang ek af daarvan om daaroor te lees en om na mense se opinies en verduidelikings te luister maar ek het dit nooit gevoel nie so kan nie rêrig weet wat dit vir party Suid-Afrikaners bedoel. Ek kan net feite en interpretasies erken.

Die rolprent. Ek het dit baie geniet en dit fasineer my om uit te vind net hoe hierdie vyf okes so ‘n groot verskil gemaak het en oor alles wat invloede op hulle was. As jy ‘n verskil maak, kan jy. Dit lyk vir my vreemd want ons in Europa is gewoond aan hulle soort gedrag, vir ons is dit baie gewone maar ek sien hoe anders Suid-Afrika as ons is. Natuurlik is hierdie tipe storie hulle storie en nie die storie van hulle kriticusse nie, hulle kan kies wie se storie in die rolprent verskyn. En daar’s veel Suid-Afrikaners wat nie van hulle hou nie.

Die ander goeie ding was net hoeveel Afrikaans ek kon verstaan, die aksente en uitsprake nie te swaar was nie en ek het ook nuwe woorde, uitdrukkings en idioom geleer so was dit ook ‘n opvoedkundige geleentheid, ek dink!

Ek het eintlik Fokofpolisiekar op twee kere in Londen gesien en hulle en Van Coke Kartel kom weer in Mei speel. Toe ek laas in Kaapstad was het ek ook Van Coke Kartel ontmoet wat baie cool was. Ek het reeds my kaartjie gekry. Hulle speel die dag na ek my eksamens skryf so is dit ietsie om baie daarna uit te sien.

Na die kroeg het ons in McDonald’s gesit en geëet – wel wat kan ek sê, soms sit ons almal daar – en het in Afrikaans gesels. Ek praat Afrikaans selde dus moet ek opwarm anders sukkel ek om in Afrikaans te dink maar na ‘n paar minute voel ek amper vlot en ek kan maklik tuseen Afrikaans en Engels wissel. Eintlik die ding wat my verbaas is net hoeveel ek kan sê, weet ek veel meer as ek vermoed.

Dit was miskien ‘n bietjie vreemde toneel, drie mense sit op ‘n tafel op Whitehall en twee praat Afrikaans en die ander oke op die tafel (ons ken hom nie) praat Spaans met vriende op sy foon. Toe stap ‘n ander kollega in en ons praat in Engels met hom en toe retoer na Afrikaans. Die Spaanse oke kyk na ons en is ‘n bietjie deurmekaar. Maar dis Londen, dis hoe ons nou is.

In vreemde lande

Verlede Vrydag het ek op die Eurostar terug na Brussel toe gery, die tweede keer in minder as twee weke. Die rede? Wel dis altyd dieselfde rede hoekom ek Europa toe* ry. Ek het toe Luxemburg toe gery met vriende, twee Vlamings en ‘n ander Brit wat ek goed ken en ons ry altryd saam met mekaar.

Luxemburg is klein en baie skoon. Die land het ook drie tale – Duits, Frans en Luxemburgs of Lëtzebuergesch – maar meestal ons het Frans gehoor maar ons het in Esch-sur-Alzette gebly wat nie ver van die grens af is nie so is miskien daardie area meer Franstalig. Op die ander kant is al die tekens en koerante in beide Duits en Frans geskryf wat interessat is. Esch-sur-Alzette was ook vol tattoo shops, wat lyk baie vreemd! Ek weet die land is ryk so miskien wil almal baie goeie en dure tattoos kry.

Die ander ding wat ons gemerk het, is dat dit baie duur is wat miskien help verduidelik hoekom dit so ryk is. Ek weet nou die wisselkors is nie nou so goed vir ons wat ponde verdien soos dit was ‘n paar jare gelede nie. Byvoorbeeld het ons €14/£12 vir drie biers betaal wat duurder as Londen is, seker in die tipe pubs waar ek suip! Miskien sou dit nie so duur gevoel het nie indien die wisselkors wat jy eintlik kry as jy geld uittrek (£1:€1.07) was nie so veel slegter as die ware wisselkors (£1:€1.19) nie. (Tee het ook €3 gekos en dit was vuil aaklig!) Die kos is ook duurder en ons voel die verskil.

Die volgende dag het ons Parys toe deur Reims gery. Toe ek op skool was het ek op twee keer Reims toe gegaan om my Frans te verbeter maar dit was die eerste keer in 20 jare wat ek besoek het. Reims is ‘n mooi stad met ‘n baie beroemde katedral maar ons het nie tyd om dit te gaan sien nie.

Parys was ons bestemming en toe ons in die stad aangekom het was die verkeer verskriklik. Dit het gevoel dat ons ure geneem het om na die hotel toe te gaan, die paaie and strate was vol motors wat so stadig gery het. Ons het in Montmartre gebly wat ‘n okei area is, niks besonders nie, en vol mense. Die een ding wat baie beïndruk is, is die Basilique du Sacré-Cœur wat ons in die nag besoek het. Daar’s ‘n fantastisie uitsig oor die stad en in die afstand sien jy die Eiffel-toring wat ek een dag sal besoek. Dis gig was fantasties en Le Trianon, die venue, was baie mooi en verfynd en ons almal het baie daarvan gehou.

Aangesien ek in die oggend die Eurostar moes neem, het ek baie min van Parys gesien. Ek wil nou terug gaan en sien al die toeriste aantreklikhede sien want ek hou baie van toeris wees as ek oorsee is. Ek weet die mense uit Parys is soms beroemd vir om onbeskof te wees maar almal was baie vriendlik. Okei, ek het ‘n bust up met ‘n Franse vrou gehad maar toe het ons twee later lekker gechat en gesuip.

Die ander ding was is dat ek nou dink om Frans weer te leer. Ek het Frans vir agt jare op skoop geleer en kon dit goed praat. Ek het baie vergeet maar toe ek in Luxemburg and Frankryk was kon ek genoeg onthou en praat wat nuttig was. Ek gaan elke jaar Brussel toe so maak dit sin om dit beter te kan praat. Ek wil ook Spaans leer so moet ek ‘n plan maak en doen ‘n bietjie studie en vind mense om mee te oefen.

Ek wil foto’s oplaai maar ek het nog probleme met WordPress en het verloor al die fofo’s wat ek vroeër opgelaai het en ek het nie uitgwerk hoe om die probleem op te los nie.

* Ek moet sê, dink ek mense nie besef as Engelsmense (en mense uit Skotland, Wallis en Ierland wat ontken dit) “Europa” sê nie, weet ons mos dat ons land deel van Europa is, dis net ‘n uitdrukking.

Ons is nie almal so nie

Ek lees nou Ons is nie almal so nie wat soos ek ‘n paar dae gelede geskryf het dat ek onlangs gekoop het.

Dis slegs die tweede of miskien derde Afrikaanse boek wat ek probeer lees het en ek moet sê hierdie keer is dit nie so moeilik soos ek verwag het nie. Ek leer nuwe woorde en grammatika en ek glo ek verstaan omtrent 85 persent. Nou weet ek mense eis om amper alles te kan verstaan maar ek is realisties en ek weet daar’s stukke wat ek nie kan volg of uitwerk nie maar ek is altyd opgewonde as ek op die moltrein is om ‘n bietjie vrye tyd te kry om te lees. Na ek dit voltooi lees sal ek een van die ander 50 Afrikaanse boeke wat ek het, begin lees – en hulle lyk veel moeiliker.