Monthly Archives: October 2022

Reis, reis

Hierdie maand moes ek na Brussel gaan en heirdie keer gaan ek vir werk. Dis ‘n bietjie vreemd, maar baie lekker, om na die stad te gaan aangesien dat ek nog nooit oorsee op werk gegaan het nie. Ek het min nuut om te berig oor die stad nie of oor nuwe ervaringe te praat nie – ongelukkig geen musiek. Maar hierdie keer het ek meer oor die twee taal gemeenskappe (Frans en Nederlands) geleer. In die besonder, dis waar wat mens sê; dis moeilik om te verduidelik hoe, veral in Brussel, “jou” taal verskillende aspekte van jou lewe bepaal; en hoe vriende in die ander gemeenskap verskillende reëls volg. Dis ‘n bietjie soos die vier lande in Brittanje maar eintlik ewe meer gekompliseerd.

Soos altyd, het niemand my verstaan as ek Frans of Nederlands gepraat het. Ek raak nou gewoond hieraan. Dis ‘n ware internasionale stad en vir die meerderheid van besoekers is Engels die taal van kommunikasie tydens jou verblyf.