Monthly Archives: July 2009

Meer gedagtes oor Koos Sas

Ek dink ek was die enigste mense wat van Koos Sas: The Last Bushman of Montagu baie gehou het. Okei, ek is Engelsseprekend so miskien was ek meer beïndruk met die feit dat ek ‘n Afrikaanse play in Londen gesien het. Ek het vandag e-posse omgeruil met die vrou (‘n vriend se vriend) wat die publisiteit vir beide Koos Sas en Karoo Moose gedoen het en sy verkies Karoo Moose maar sy erken dat miskien ‘n play in Engels meer “toeganklik” is.

Na my mening – en soos ek vroëer verwys het – was Karoo Moose meer moeilik om te verstaan met al die “emosie en gevoel” – ja ek weet dis ‘n baie manlike klagte. Koos Sas herinneer my ook aan André Brink se Inteendeel oor Estienne Barbier, ‘n boek wat ek baie geniet het. In die twee het David en André die leef van hulle respektiewe held probeer vertel, ‘n held wat se lewe nou ‘n mengel van feit en fiksie is om vir ons ‘n nuwe karakter te gee – die renegaat en skelm wat die outoriteite geveg het en na die binneland moes vlug voordat hulle uitendelik doodgemaak is. Wel dink ek so. Daar’s meer maar op die oomblik dis al wat ek kan skryf.

Koos Sas: Last Bushman of Montagu

Vanaand het ons Koos Sas: Last Bushman of Montagu gaan sien. Ek het dit baie geniet maar ek kan nie sê dat ek alles kon verstaan sonder om die boskrifte te lees nie. Ek gaan selde om plays te sien so dit was goed om iets ‘n bietjie kulturel en uitheems te doen. Dit loop net tot 1 Augustus so maak seker dat jy kaartjies koop en gaan. As jy oorsee is, maak seker dat jy wou gegaan het.

In die toekoms sal almal sê dat hulle daar gewees was

Dit lyk asof almal oor Immergroem wil aanhou praat en kla. Ek lees die artikels in die Suid-Afrikaanse koerante en dit wys dat dit iets baie belangrik vir mense gemeen het. En dis goed ook om te sien dat moderne joernalistieke gelukkig is om net alles uit die Facebook kommentaars te vat, maar ongelukkig is die grappies nie ingesluit nie.

Hoewel begin ek dink dat miskien mense nooit vroeër na ‘n fees toe gegaan het nie. Die toilette is altyd vuil, die bier is altyd te duur en nie al die bands speel nie. Ons moet net dankbaar wees dat dit nie te veel gereën het nie andersins kon dit soos die loopgrawe van die Eerste Wêreld Oorlog gewees het, wat die gewone ervaring van ‘n musiekfees is.

Ek dink Immergroen sal legendariese status kry en mense sal daaroor op Wikipedia skryf of ‘n rolprent maak. Ek sien dat niemand tot dusver ‘n blad op Wikipedia gemaak nie het, so is nou jou kans.

Dit verbaas my om te lees dat 5,000 mense gekom het, persoonlik glo ek nie maar ek kan nie tel nie (dis hoekom ek studeer om ‘n rekenmeester te word). Dit blyk dat veel mense belangstel, miskien moet iemand ‘n nuwe fees reël. Ek hoor die O2 Arena het nou 50 vrye nae wat onlangs skielik beskikbaar is…

Naskryf, hierdie is ‘n destydse verwysing na die dood van Michael Jackson wat van plan om by The O2 te speel

As jy hulle boek, sal miskien ‘n paar van hulle kom

Wayne Campbell: We’re almost out of time, but I’d just like to point out there are still plenty of excellent Waynestock tickets still available. Actually, there are about 10,000 excellent Waynestock tickets still available. And I’d also like to address a rumour. There’s this rumour that none of the bands have signed and probably no one’s gonna show up. It’s true that none of the bands have signed. Jim Morrison and his weird naked Indian friend visited me in the night and assured me that all the bands will come. That’s all the time we have this week, so until then.
Wayne’s World 2 (1993)

Gister het ek Immergroen toe gegaan met Christine-hulle en hulle Afrikaanse vriende. Ek was nuuskierig oor om te gaan en die weer was mooi en dit was lekker om uit Londen te gaan – net om in ‘n veld te staan. Nee, dit was okei en pret. As nie-Suid-Afrikaner meen dit nie dieselfde vir my dat daar ‘n Suid-Afrikaanse of Afrikaanse fees is as vir Suid-Afrikaners nie maar op die ander kant was dit goed om te ondersteun, om iets anders te doen en om ‘n paar ure buite Londen te ontspan.

Die meetse belangrike ding was dat baie mense baie kwaad is/was. Die bestuur en organisiering was afskuwelik en ongelukkig kon ‘n paar bands nie visum’s kry nie so daar was net vier of vyf bands en dit lyk asof baie mense hulle geld terug wil hê. Ek kan verstaan hoekom hulle voel. Niemand was seker wie gaan speel nie. Zinkplaat en Karen Zoid was goed (maar Karen het te veel gepraat-praat), daar was ‘n paar ander bands wat min indrukking op my gemaak het, maar ander mense het van hulle gehou.

Die ander ding wat veel mense afgepis het – wel die mense met wie ek gepraat het – was dat ‘n paar mense die ou vlag gedra het. Karen Zoid het iemand kritiseer toe hy die ou vlag gevlieg het. Ek waardeer dat die sake oor die ou vlag baie sensitief is en as nie-burger is dit maklik vir my om af te keur so ek berig slegs die feit.

Wat was goed? Wel dit blyk dat hierdie tipe fees in VK suksevol kan wees. Daar’s genoeg mense wat belangstel maar dis belangrik om nie hulle af te pis met hierdie tipe probleme met die organisiering nie. Daar was ‘n paar honderde mense, miskien ‘n duisend ek weet nie, wat bereid was om te betaal, om van ver af te ry en om te kampeer. Die boerewors was lekker, maar die “kudu” burger was vuil – ek kan net myself blameer, almal weet jy moet ‘n dirty burger eet as jy dukgesuip is. Ook was almal baie vriendelik en daar was ‘n mooi atmosfeer en daar was ook veel families met kinders. Ek het ook Afrikaans met ‘n klomp mense gepraat, wat goed was. Die organisering was chaoties so kon ek ‘n crate bier saambring dus was dit baie goedkoper vir ons om te drink.

As dit volgende jaar plaasvind, moet hulle seker maak dat hulle nie dieselfde foute maak nie. Maak seker dat die bands kan kom en dat hulle in die land mag kom, publiseer dit beter, organiseer en bestuur dit beter. Ook kies meer alternatiewe Afrikaanse bands maar ek weet dis te veel om te vra dat byvoorbeeld Fokofpolisiekar, Kobus of Terror MC sal speel.

Dis maklik om te kritiseer. Miskien was dit nie so goed soos dit kon wees nie en daar’s mos veel foute, maar op die ander kant het dit plaasgevind, mense het gekom en dit was pret. Dit was belangrik vir veel mense. Wayne Campbell kon ‘n fees organiseer, mense verwag dat hierdie okes ook so kan doen.

‘n Paar foto’s onder.

Ek moet opdateer

Ek skryf nou Afrikaans so selde ek begin alles vergeet!

Vandeesweek het ek met Christine-hulle gaan Karoo Moose gaan sien. Dit was net die vierde keer dat ek ‘n play in Londen gesien het sedert ek tien jaar gelede Londen toe gekom het. Ek het dit baie geniet maar soos altyd is ek miskien ‘n bietjie te dom om ‘n play te verstaan – te veel emosie en gevoel, dis geen verrassing dat ek selde fiksie lees nie – en ook as nie-Suid-Afrikaner verstaan ek nie die Suid-Afrikaanse grappies en kulturele verwysings nie. Ek aanbeveel dit.

Ons beplan nou om Koos Sas: Last Bushman of Montagu te sien as ons ‘n datum kan kies.

Eerste eksamen is klaar

Ek het gisteraand my eerste CIMA eksamen geslaag so weet ek nou alles oor ekonomie! Dit was nie te moeilik nie en ek het veel studeer en ek dink ook ek weet nou hoeveel werk ek moet vir die komende modules doen sodat ek beter kan doen. Ek het gevind dat ekonomie baie interessant is, veral makroekonomie wat ‘n bietjie makliker was, so ek wil nou meer leer.

Interessante tye, eh?