Monthly Archives: April 2009

Nuwe webblad

Soos jy sien, het ek alles verander. Ek het vanaand met Johan geskype en hy het die ou Blogger webblad na WordPress vervoer na afrikaanslondon.wordpress.com.

Die plan nou is alles op die afrikaanslondon.co.uk addres te sit maar ons moet uitwerk hoe om so te doen. Dis ‘n makliker addres en jy kan meer op WordPress doen. Totsiens Blogger, jy was ‘n ware vriend maar nou het ek iemand beter! Ek sal jou laat weet wanneer alles klaar is.

Jy moet nou jou skakel lys verander.

Die radio

Ek sit nou en luister na Adam and Show op Radio 6, wat elke Saterdagoggend uitgesaai word. Gewoonlik laai ek dit direk na my iPod af sodat ek kan luister as ek op die moltrein sit en ek lag en glimlag en ek dink die reisigers dink dat ek ‘n bietjie vreemd is.

Ek luister baie min na die radio – behalwe Today Programme as ek wakker word, wat bedoel dat ek nie meer jong is nie. Toe ek op skool was het ek altyd na die radio geluister om nuwe musiek te hoor en ek selde die televisie gekyk. Dis snaaks nou om te onthou net hoe dom en onsnaaks die DJs was en jy besef net hoe waar Smashie and Nicey (kyk op Youtube as jy ken nie) was. Daar was destyds minder radiostasies – en geen internet – so jy moes luister soos ‘n gevangene. Die enigste goeie DJs was Mark and Lard en ek moet sê dat ek nie oor John Peel omgegee het nie – ja ek weet so ‘n verklaaring is amper ontheiliging. Dit bevestig my geloof dat kultuur eintlik in 1993 begin het na ek skool verlaat het.

Ek het ook by WordPress ingeteken en dink om hierdie blog na WordPress te vervoer as ek weet om dit te doen. Wat dink jy, is WordPress beter as Blogger?

Wemberlee, Wemberlee! *

Gister het ek Wembley toe gegaan om die Arsenal-Chelsea wedstryd in die FA Cup te sien. Dit was die eerste keer dat ek voetbal by die nuwe Wembley gesien het – in 2007 het ek Metallica en Muse daar sien speel en ook Arsenal op ‘n paar keer in 1999 en Guns N’ Roses in 1992 gesien.

Die eerste ding is net hoe indrukwekkend en modern die nuwe stadion is, so veel beter as die ou Wembley. Ons sitplekke was baie hoog maar ons het ‘n fantastiese uitgsig gehad. Natuurlik is Emirates Stadium (Arsenal se huis) veel beter, en nader my huis, maar as jy op Olmypicpad na die stadion toe loop, raak jy baie opgewonde.

Die ander ding is dat dit nou baie makliker is om na die wedstryd weg te gaan. Voorheen moes jy voor die einde van die wedstryd of gig verlaat sodat jy die moltrein kan vat anders moes jy wag tot een uur in ‘n lang ry op pad na die moltreinstasie toe. Gister was ons op die moltrein binne tien minute en in die kroeg in Shoreditch binne 45 minute.

Ongelukkig het Arsenal verloor maar dit het nie my verbaas nie. Ons was sonder ‘n paar belangrikste spelers en ons het nie baie goed gespeel nie en het te veel foute gemaak; na my mening het Chelsea net ‘n bietjie beter gespeel maar hulle het meer doele gekry. Ons het ‘n lekker tyd gehad en het gedrink, gelag, gevloek en gesing oor die algemene onderwerpe – wie speel goed, wie speel sleg, wat die club moet doen ens. Jy wil hê dat jou span wen, maar dit het nie gister gebeur nie. Daar’s altyd meer wedstryde.

En ja, daar’s foto’s.

Arsenal fans, thousands of them.

Ons sit in die hemel.

* Dis die fans se uistpraak

Foto’s en nuus

‘n Paar dinge omdat ek onthou nie die laas keer toe ek opgedateer het nie. ‘n Paar Vlamings het kom kuier maar ek sukkel ‘n bietjie om gesproke Nederlands te probeer volg, dis natuurlik anders as Afrikaans en ook my woordeskat is nie so groot nie. Ons het oor Afrikaans gepraat omdat hulle op skool ‘n kursus vir een termyn oor die taal gevolg het so hulle ken ‘n bietjie.

Daar’s nou ‘n Afrikaanse ou by die werk met wie ek soms moet werk. Hy’s ‘n gawe kêrel en ons gesels nou ‘n bietjie Afrikaans onder mekaar wat goed is.

Ek probeer nou om foto’s by gigs af te neem, soos julle mos onder gelees het. My styl is niet kyk en skiet so ek twyfel ek sal ‘n Pulitzer soos Kevin Carter kry. Ek hou van donkderheid met ‘n bietjie lig wat op die onderwerp skyn en die teenstelling maak dit vreemd of spookagtig of amper heilig verskyn. Ja, miskien ‘n bietjie ambisieus!

Eers, The Sisters Of Mercy by die Forum in Londen.

Maandag het AC/DC by O2 sien speel wat uitstekend was. Hulle het lekker gerock.