Monthly Archives: November 2016

Hoe gaan alles oorsee deesdae?

Op die naweek was ek terug in België want ek gaan na ‘n musiekfees in Hasaelt in die Vlaamse provinsie Limburg. Hierdie was my eerste besoek oorsee ná die bomontploffings en terroriste aanvalle in Brussel in Maart.

Brussel Centraal

Op die perron in die spoorwegstasie Brussel Centraal

Hierdie is ook my eerste besoek oorsee nadat Brittanje gestem het om die Europese Unie verlaat. Ek het In gestem, om ‘n lid te bly en die uitslag was beide ‘n groot verrassing en ‘n groot teleurstelling. Ek is nog steeds baie bewus aan hierdie resultaat. Mense oorsee lees oor onlangse gebeurtenisse in Brittanje oor hoe die atmosfeer verander het. Nou voel veel buitelanders nie meer veilig in hierdie land nie. Ek is skaam hieroor en dit beskryf nie ‘n beeld van my land waarvan ek hou nie.

Gare de Bruxelles-Central

Gare de Bruxelles-Central

Ek stap op die paaie van ‘n verskillende stad, sien vreemde winkels en hoor uitheemse tale en aksente. Die gevoel oor om op vakansie te ontspan is lekker in ‘n stad wat ek herken. Ongelukkig is ek onsuksesvol toe ek Frans praat. Die ander buitelanders ook, veral dié uit Spanje wat ek hoor, praat Engels met die kelners en baristas. Tensy jy Frans baie goed ken, moenie dit praat nie maar ek voel onbeskof as ek onmiddelik Engles praat sonder om te vra. Ek dink of Esperanto sou my help maar besluit nie om te probeer nie.

Maar ek vra myself of alles ook ‘n bietjie anders voel. Hierdie stad is sinoniem vir die EU. Is mense minder vriendelik toe hulle nou my aksent en taal hoor? Is hulle suspisieus of gee hulle nie om oor ons nie? As buitelanders ‘n bietjie ongemaklik begin voel, is mense ‘n bietjie versigtig vir ons? Ek dink aan verlede vakansies toe mense was meer spraaksaam en wou in Engels gesels. Nou begin ek soos die buitestander voel, meer bewus dat ek in in ander land is en ek vermoed hierdie gevoel gaan sterker word.

In Brussel-Zuid spoorwegstasie ek loop deur Britse immigrasie vir die Eurostar en die beampte kyk na my paspoort en vra of ‘n dubbel-nasionaliteit het. Ek is baie deurmekaar en beantwoord nee, wat waar is. Hoe weet hy dat my pa uit Suid-Afrika kom? Ek vergeet dat hy na my geboorteplaas in my paspoort verwys want ek is oorsee gebore. Dit was ‘n baie vreemde vraag. Was hy net verveeld en nuuskierig? Of is dit ‘n teken dat in die toekoms die staat, my staat, baie agterdogtig sal wees teen buitelanders of mense wat ‘n bietjie anders lyk?