Monthly Archives: January 2012

Noord-Ierland

My plan vir die nuwe jaar is om lande en stede te besoek, waarnatoe ek nie voorheen gegaan het nie. Verlede jaar was ek vir die eerste keer in Ierland and Luxemburg so op die naweek het ek na Noord-Ierland toe gegaan. Nou weet ek dis ‘n deelstaat van die Koninkryk so dis nie heeltemal ‘n vreemde land nie maar dis beslis oorsee. Ek is miskien ‘n bietjie ongewoon want my pa het as soldaat in Noord-Ierland gediens, maar ons het nooit daar gebly nie so was dit vir my ‘n nuwe ervaring.

Ek praat met mense en leer dat baie min mense besoek het. Veel mense het na Dublin toe gegaan – en ek het op die eerste keer in November 2011 besoek. Die Republiek van Ierland – die suid – is miskien die toeriste Ierland; die land van Dublin, Guinness, die mooi berge en mense. Die groen land. Noord-Ierland is anders. Die provisinie is beroemd vir die onveiligheid en dit lyk en voel, na my mening, nader aan ‘n Britse (en veral Skotse) stad as ‘n tipiese Ierse stad. Okei, ek erken ek vind Dublin ‘n baie Britse stad maar die ander stede is anders so mense sê.

Eers het ons met die trein na Derry/Londonderry – jou kies van naam verwys aan jou identitiet en perspekief – toe gery want ons was in die provinsie en ons kon besoek. Dis die mees westelike stad in die VK, maar ek weet mees inwoners wil nie hê dat dit in die VK bly nie. Die ry was baie mooi veral as die lyn lê aan die kus en jy sien die Inishowen skiereiland in die Republiek en Lough Foyle. Die stad herinner my aan Inverness waar ek as kind ‘n bietjie grootgeword het. Nes die hele provinsie is dit beroemd vir die Troubles, veral Bloody Sunday, so voel dit baie Iers. Die stad mure is ‘n tipe kasteel en is interessant, en die rivier en nuwe voetbrug is mooi maar ek het nie baie gemaklik gevoel nie. Ek het baie Engels gevoel soos ‘n vreemdeling maar mense in die kroeg was vriendelik en as ek ooit terug gaan wil ek meer oor die Iers-Gaeliese taal leer.

Belfast was anders en dit voel soos ‘n hoofstad, ‘n internasionale stad. Natuurlik het ons gesuip maar ons het ook ‘n baie smaaklike curry geëet. Ons het ‘n toeris bus ry geneem wat deur die Loyalist en Republican dele van die stad gaan. Hierdie areas is aan almal geken weens die nuus berigte wat ons altyd gehoor het, “A man was shot dead in West Belfast this afternoon by paramailitaries”. Nou dat daar ‘n vrede is, is dit ‘n populêre toeriste aantreklikheid om te gaan sien. Dit verbaas jou om te leer hoe klein die afstand is tussen hierdie verskillende areas is

Ook het ons na die Titatnic Quarter gegaan waar die Titanic gebou is. Die stad is baie trots op haar rol in die skip se bou wat snaaks is aangesien dit ‘n paar dae later gesink het na dit die ysberg getrek het! Ook sien ons Stormont, die parlement gebou wat baie koninklik lyk.

Dit was interessant om oor die land se geskeidenis van Noord-Ierse mense te leer. Ek beplan om weer hierdie jaar terug te gaan en om ander areas te besoek. As jy kan, gaan besoek want jy sal dit baie geniet.

Bogside, Derry/Londonderry

Bogside, Derry/Londonderry

'n Kanon in Derry/Londonderry

'n Kanon in Derry/Londonderry

Peace Bridge in Derry/Londonderry

Peace Bridge in Derry/Londonderry

Loyalist mural, Belfast

Republican mural, Belfast

Republican mural, Belfast

Stormont

Stormont

Sukses!

Ek kry vanoggend die uitslae van my onlangse CIMA eksamens en gelukkig het ek altwee geslaag. Ek skryf nou drie meer eksamens in Mei en dan hooplik my finale eksamen in September. Ek kan nou die einde punt sien.

En toe vind ons onsself in 2012

Dis geen verrassing dat ons onlangs die nuwe jaar gevier het nie, dit kom net een keer elke jaar op dieselfde datum!

Hierdie jaar kom die Olimpiese Spele na Londen toe en ek kry verlede week ‘n kaartjie vir die vroue voetbal eindewedstryd by Wembley so het ek nou vier kaartjies en ek gaan probeer om meer te kry as moontlik. Ook hoop ek om die rekeningkunde kursus te voltooi sodat ek a) gekwalifiseerd gaan word en b) nie meer in my eie en vrye tyd moet studeer nie! Ek beplan ook ‘n paar klein vakansies oorsee (en oor die see) en nuwe lande om vir die eerste keer te besoek en dan daar’s gigs, voetbal, nuwe vriende om te maak, nuwe geleenthede om te ervaar.

Ja, ek is optimisties en opgewonde.