Monthly Archives: December 2007

Die dag voor Oujaarsaand

Net een meer dag en dan begin ons na alles as “2008” verwys. Ek sal ‘n paar weke/maande wag totdat ek besluit wat ek in 2008 in ‘n verskillende manier sal doen. Ek weet goed dat ek niks sal verander doen nie so tans is dit nie dringend nie.

Ek het ‘n lekker Kersfees met my vrou, broer en vriend gejol, te veel geëet en baie te veel gedrink (soveel dat nou ek nie weer tot Maart wil drink nie!) so nou moet ek ontspan. Ek kom nie terug by die werk tot 7 Januarie nie en ek wil die ekstra week se vakansie geniet. Daar’s baie DVDs om te kyk, boeke om te lees, Guitar Hero op die Playstation 2 te speel en geld nie om uit te gee nie! Hoe lekker ‘n nuwe jaar dit gaan wees.

Voorspeodige Nuwe Jaar almal.

En die jaar begin eindig

So vandag is die laaste dag wat ek hierdie jaar werk en dan begin ek twee weke vakansie, hoe lekker. Ek sit nou by my tafel en kyk uit die venster uit oor die Teems en dit lyk asof die son vandag sal skyn en op die noorde wal van die rivier ry ‘n paar motors verby maar dis reeds stiller as meeste dae en daar’s minder bote. Daar’s ‘n paar dinge wat ek vandag moet doen wat belangrik is – en veel dinge wat nie belangrik is nie en wat tot die nuwe jaar sal moet wag – maar daarna sal ek die kantoor om twee-uur verlaat en gaan inkopies doen.

Dis so vreemd dat die dae wat tot Kersfees loop is so pret en almal is opgewonde maar kom die nuwe jaar is ons terug by die werk en ons besef net hoe bankrot ons almal is nadat al die die partytjies en geskenke. Die nuwe jaar eintlik begin na my mening in Februarie. Ongelukkig mag ons nie deur die hele maand Januarie slaap nie. Ons is nie Rip van Winkle nie.

Duits en Guitar Hero 2

Vandag was die laaste Duitse klas voor Kersfees en ons het Lola Rennt gesien wat baie goed was. Alles gaan goed met die klas en ek hou baie van die taal, veel meer as of Nederlands of Sweeds wat ek geleer het. Ek wil al lang tyd Duits leer en noudat ek dit doen vind ek dit nie te moeilik nie. Ja, ek het net tien lesse gehad en ek praat dit nie goed nie, maar ek voel elke week leer ek iets nuuts en ook ek wil iets nuut leer. Ek moet net my woordeskat vergroot, ek dink die grammatika sal baie interessant wees. Natuurlik is daar aspekte wat anders as Afrikaans is en daar’s ook aspekte wat tipiese van Wes-Germaanse tale is.

Gister het ons Guitar Hero 2 op die Playstation 2 gekoop en daai speletjie rocks! Gewoonlik stel ek geen belang in rekenaar speletjies nie – my vrou hou daarvan – maar hierdie een is briljant en dink ons sal die oor die hele Kersfees vakansie speel. Ons sal ook ‘n Guitar Hero partytjie hou as julle wil bywoon.