Monthly Archives: June 2015

Ver van Suid-Afrika maar lekker te hore

So Vrydag en Saterdag het Francois van Coke akoestiese solo gigs hier in Londen vir ‘n klein aantal fans en vriende gespeel. Dis ‘n seldsame geleentheid om Francois se debut solo album te bevorder vir fans in die buiteland en ook, ek vermoed en hoop, ‘n geleentheid om ‘n kort vakansie te hou.

Jedd Kossew en Francois van Coke

Jedd Kossew en Francois van Coke rock uit met akoestiese kitare uit

Natuurlik het ek na beide gigs toe gegaan en natuurlik gaan ek op my eie want Suid-Afrikaanse vriende is altyd besig en kan nie kom nie. Ek is weer die eensame Brit en Engelssprekende oke wat gaan, wat sukkel om die lirieke te volg behalwe vir die Fokofpolisiekar liedjies wat ek veel beter ken. Ek is gelukkig tog om te weet dat daar nog ‘n paar Suid-Afrikaanse kroeë in Londen is wat Suid-Afrikaanse bands hierso wil bring.

Ná die gigs gesels Francois en Jedd met fans toe hulle onder die fans dwaal. Ek dink oor hoe hulle voel, om hierso te kom waar baie min mense hul musiek ken aangesien dat hulle groot terug in Suid-Afrika is. Hieride gigs voel seker meer intiem en hulle doen klank en dit lyk asof hulle daarvan hou.

Buite Suid-Afrika is Afrikaanse musiek populêr in Nederland wat verstaanbaar is. Jack Parow kom volgende maand Londen toe speel waarna ek baie uit sien en hy speel dikwels ook in Nederland so bestaan daar ‘n mark. Maar meer as tien jaar ná Fokofpolisiekar se eerste album uitgegge is, mense vra nog waaruit die nuwe Afrikaanse rock bands kom. Ons wil nuwe musiek hoor so is die vraag vir hoe meer langer het ons nodig vir nuwe bands wag.

In Frankryk hoor niemand jy Afrikaans praat nie

Nadat ek terug van Gran Canaria gekom het, koop ek ‘n vliegkaartjie na Nice in suid-Frankryk. Ek het hieroor begin skryf maar ek besef dis nie so interessant soos ek sou verwag nie – ek het hierdie gesien, ek hierdie geëet, ek het hierdie mense ontmoet ensovoorts.

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Wat ek geleer het, is dat ek verkies om op ‘n goedkoop, lo-fi vakansie te gaan. Ek gee nie om oor lekker hotels en restaurants nie so dit volg dat ek daarvan hou om op my eie te gaan reis. In die hostel was ek heeltemal anoniem, nog ‘n ander reisiger op ‘n goedkoop reis. Die personele vra niks oor jou nie, hulle is meer besig met die jonges wat toers met hul splinternuwe vriende wil boek.

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Eintlik was ek beïndruk met die jonges veral dié uit Australië of Amerika wat vir ‘n paar week gaan reis. Hulle lyk onbevrees en so pret om nuwe ervarings te geniet en nuwe makkers onder hul medereisigers te maak. Ek wens ek het hulle gehoud gestalte het toe ek as jong gaan reis het.

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Ek was die mees gelukkig toe ek saans op my eie op die strand met ‘n blikkie gesit het, deur die stege vol bars en restaurants gedwaal het of toe ek uit die trein se venster uit kyk. Hoe mooi lyk die kus en hoe helder skyn die blou see. Ek verstaan hoekom soveel mense wil in hierdie area aftree. Ek wil terug gaan en ontspan ver van almal wat ek ken.

Nice, Frankryk

Nice, Frankryk

Wat pret was, was om per trein aan verskillende lande toe te gaan. Ek wou Monaco sien en toe die volgende dag vat ek die trein na Ventimiglia in Italië toe vir middagete. Ek dink hoe die inwoners voel as toeriste soos ek kom na hul stede toe en swerf die paaie en neem kiekies van hul huise, hul gewoonbuurt. Ons praat nie hul taal nie en sukkel in die restaurants om te bestel. Is hulle trots om in so pragtige dorpies to woon, waarheen buitelanders kom om te verwonder en om te droom om hier te bly.

Die strand van Nice

Die strand van Nice

Soveel Suid-Afrikaners kom na Londen en gaan op die naweek na Europa en ek weet nou net hoe maklik dit is, as jy die geld het en alles wil reël, om weg te gaan ontdek. Ek besluit nou om geld te spaar sodat ek later in die jaar weg kan gaan. Miskien volgende keer gaan ek ‘n paar op die treine deur die lande reis. Ek is nie ontdekker of reisiger nie maar ek wil nou meer van Europa sien. Dit raak nie saak as ek nie saam mense nuwe mense gesels nie, daar is soveel meer op my eie te siene.

Ventimiglia in Italië

Ventimiglia in Italië

Ek moet seker ‘n toeristgids koop met die basiese uitdrukkings en woorde in die inheemnse taal sodat ek ‘n bietjie kan kommunikeer. Niemand blyk Afrikaans te praat nie, die hele besoek het vir my bevestig.