Monthly Archives: March 2016

Brussel

Ek het ‘n paar dae in België en Nederland op vakansie deurgebring en gewoonlik skryf ek ‘n bietjie daaroor maar hierdie keer was my verblyf baie anders. Dinsdagoggend sit ek in die Groot Markplein en drink tee met ‘n vriende – soos ‘n toeris wat ek is – toe ek teks boodskappe begin ontvang oor die terroriste aanvalle en ontploffings in Brussel.

Ik ben Brussel

“Ik ben Brussel” buite die Brusselse Effektebeurs

Ek moet sê ons almal was veilig en was baie ver van die lughawe en moltreinstasie wat betrokke was. Ons het vinnig besef dat ons nie die Eurostar gaan kry nie en kon maklik ‘n nuwe bespreking vir Woensdag maak. Vir ons, moes ons ‘n ekstra dag in die stad bly en ‘n nuwe hotel vind voor ons gaan in ‘n kroeg sit en drink maar dis al. Ons was baie gleukkig en ‘n bietjie gestres en geskok.

Die stad was natuurlik baie stil en mense vermy die strate en bly tuis. Buite die Brusselse Effektebeurs op Anspachlaan – op die ander kant van die pad van ons kroeg – begin mense bymekaar kom met vlae en kerse en ook kom die televisie crews en verslaggewers. Jy sien die foto’s en video’s op die nuus en in die koerante. Toe ek die voorafgaande Vrydag in die land aankom het, patrolleer reeds soldate in barette op die strate en ook in Antwerpen, maar Dinsdag dra hulle staalhelms saam met polisiemanne met geweers en die sekuriteit by die stasie is nou veel groter.

Die hele ervaring was net ‘n bietjie ongerieflik en het ons nie aangetas nie terwyl veel ander mense is baie ernstig aangetas en hulle lewes heeltemal verander. Ek voel ‘n bietjie skuldig aan die feit dat ek amper soos ‘n toeris op die voorval was terwyl vriende was baie bekommerd. Dit was goed om huistoe te kom en om my kat weer te sien.