Monthly Archives: August 2018

Een honderd jaar ná die dood van Mowbray Norse Cloete

Ek is al lank tyd van plan om hieroor te skryf want vandag is precis honderd jaar na dood van een Mowbray Norse Cloete, wat luitenant van die Britse Lugmag was. Hy was ook ‘n afgeleë familielid van my grootouma, wie se familie naam ook Cloete was. Ons ken niks oor hom nie en niks oor sy famiie verwantskap aan ons nie.

Hy is in ‘n vliegtuig ongeluk op Woensdag 7 Augustus 1918 oorlede op die ouderdom van 18, slegs drie maande voor die einde van die oorlog. My pa glo hy onthou dat sy ouma (my grootouma) oor hom gepraat het, maar ons dink nou na gesprekke omtrent sestig jaar gelede so weet ek nie of pa alles reg onthou nie.

Die graf van Mowbray Norse Cloete - foto uit die South Africa War Graves Project

Die graf van Mowbray Norse Cloete – foto uit die South Africa War Graves Project

Ek vermoed dat deesdae niemand Mowbray Norse Cloete onthou nie. Toe ek negentien jaar gelede na Londen gekom het, het ek navorsing oor ons Suid-Afrikanse families se geskiedenis – die Cloete’s, die Van Breda’s, die Van der Bijl’s en al die ander ou Kaapse familielede waaruit ons kom voordat ons verengels geword. Ek het Luitenant Cloete se naam gevind en onthou want hy in Londen begraf is. Hy kom oorspronklik uit Salisbury in destydse Suid-Rhodesië en was die enigste seun (of kind?) van Sebastian Cloete. Hy het die Ryk se roep beantwoord om te kom veg soos duisende en miljoene jonges uit die lande en was onder dié wat gesneuwel het.

‘n Paar jaar gelede gaan ek na Kensal Rise Cemetery op soek na sy graf maar onder al die ander grawes vind ek niks. Die gras en plants is oorgegroei en die woorde op soveel grafstene is uitgewas. Die probleem is dat ek nou bekommerd is dat ek in die verkeerde lokasie gesoek het. Die verwysings na sy graf is miskien fout en aanlyn bestaan daar min inligting oor hom en ook ek vermoed oor soveel ander manne.

So vandag onthou ek hierdie jong oor wie ek amper niks ken nie. Ek vind nêrens ook ‘n foto nie. Ek sal in die komende weke na die begraafplas retoer om sy graf te vind.

Ek vind nêrens die graf nie, maar ek glo dit is hier gelë

Ek vind nêrens die graf nie, maar ek glo dit is hier gelë