Monthly Archives: November 2017

Ek is te stil om enigiets te sê

Ek sukkel op die oomblik om die motiviering te vind om Afrikaans te leer want ek is besig aan ander tale te leer. Gevolglik praat ek min met vriende of lees selde aanlyn en hoe min ek praat hoe meer ek vergeet! Ja ek skryf hierdie dikwels so dis niks nuut nie.

Op die ander kant het ek nou ‘n paar idees hoe ek my tale saam met mekaar kan leer veral die woordeskat, idees wat ek op blogs gelees het. Ook dink ek dis nou die tyd om aanlynse lesse te neem. Ek is nie ‘n Skpyer nie maar aangesien ek geen sukses gehad het om ander sprekers te vind nie miskien sou dit beter wees as ek besef dat teknologie ‘n groot hulp kan wees.