Monthly Archives: April 2015

Vakansie is nou geboek

Ná my vorige pos oor vakansie gedagtes, het ek uiteindelik ‘n beslissing gemaak en ‘n vakansie geboek; ek vlieg oormôre na Gran Canaria in die Kanarie Eilande. Ek het besluit dat ‘n afgeleë eilandgroep in die Atlansiese Oseean ‘n baie mooi idee klink.

Ek het besluit dat ek wil net in die son sit en ontspan. Ek wil nie treine moet vat nie, ek wil nie haastig wees nie en dink oor waar ek wil vir die nag bly nie. Dis nie die avontuur wat ek oorspronlik beplan het nie maar dit sal my eertse besoek na Spanje wees. Miskien sal hierdie besoek inspireer my om Spaans te leer. Ek skryf elke jaar hierop oor planne om tale te leer. Ek weet ek sal dit nie doen sonder ‘n goeie rede om te wil leer nie.

Ek lees nou aanlyn oor wat ek kan doen behalwe net om in die sonskyn rond te loop. Daar is ‘n paar rock metal pubs en buite die Las Palmas is daar veel natuur om te siene en duine om op te klim. Om op my eie op vakansie te gaan sal ‘n bietjie vreemd voel en soos ek vooraf geskryf het is ek ‘n bietjie bang oor om nuwe mense te ontmoet. My idee van gesels en klets is nie dieselfde as ander mense s’n nie! Natuurlik is ek ook ‘n bietjie bang oor al die ander Britse toeriste maar hopelik is alles ‘n bietjie stiller as in die somer so sal mense ‘n bietjie ouer en stiller wees.

Ek dink nou oor ‘n ander kort vakansie in Mei miskien na Lissabon, en dan sal ek al my geld spandeer het en sal moet begin spaar.

Planne vir vakansie

Ek het al maande lank beplan om hierdie maand te gaan reis – okei, op vakansie as ek die waarheid sê, ek is nie reisiger nie, ek ontdek nie verlore lande nie – maar soos ek vermoed het, het ek geen planne gemaak oor wat ek gaan doen nie. Ek het ‘n bietjie navorsing oor uitheemse lande soos Indië en Kaap Verde gedoen, hulle klink lekker, maar toe het ek nie ‘n beslissing gemaak nie.

Dit lyk nou ek sal nou InterRail doen, dis ‘n geleentheid om ‘n paar nuwe Europese lande te besoek. Dis die soort ding wat tieners en studente doen en aangesien dat ek veel ouer is, is ‘n bietjie bekommerd dat ek soos ‘n oud, vreemde Engelsman sal lyk wat aandring om met die jonges uit te hang.

Ek het nou net meer as een week om kaartjies te koop, besprekings te maak en roetes te kies. Ja, ek is ‘n bietjie senuweeagtig om alleen in nuwe lande te gaan reis. Ek dink oor hoe verveeld en hoe moeg sal ek raak. Hoe maklik sal ek gesels met onbekende mense? Ons het ‘n idee oor onsself oor hoe ons in nuwe en onbekende situasies sal reageer. Ons hou daarvan om te dink ons sal skielik verander en sal ‘n sosiale en vol vertroue mens word. Ons sal die tipe mens word wat ander mense wil ontmoet en sal veel nuwe makkers lok – “Women want him, men want to be him”. Ja, asof!

Hierdie maande is stiller as in die somer dus sal daar minder ander reisigers (okei, die regte woord is “toeriste”) op die treine wees. Daar bestaan die vermoede dat ek in veel trein stasies sal rond dwaal as ek vir my treine wag en vra myself, hoekom het ek nie ‘n kaartjie na Tenerife gekoop om net in die son te lê en te ontspan nie?