Monthly Archives: January 2010

London Blog-Gooiers Convention, Februarie 2010

Van Johan se blog:

Dis weer sulke tyd, die London Blog-Gooiers convention vir Februarie 2010. Ons werk nog aan n datum, en presies waar ons gaan ontmoet, maar wees verseker, dis gewoonlik n moerse aand van lag en gesels, en allerhande snaakse goed.

Nou jy hoef nie ‘n potgooier te wees nie, of n blogger nie, maar as jy in London is, en jy wil ons ontmoet (of net n drink saam met ons kom drink), is jy meer as welkom.

Jy kan of my laat weet, of Chris van Skaaptivis, Natasha van Goggabyt, Ron van die Kak Pot of Alexander van AfrikaansLondon.

Soos ek se, jy hoef nie te blog of te potgooi nie, maar as jy ons wil kom hello se, of ons wil ontmoet (en kyk hoe lyk die gesig agter die stem), is julle meer as welkom.

Watch die space vir verder besonderhede van plek en tyd.

As jy belangstel laat my weet en ek sal vir jou die besonderhede gee.

Dis 2010

Ek besef dat ek baie min onlangs geskryf het en ek dink ek weet nie om waaroor te skryf nie. Januarie is altyd ‘n vervelende maand, niemand het geld nie, niks plaas vind nie en ons almal het nuwe en onbereikbare planne vir die nuwe jaar. Hopelik in ‘n paar dae sal ek inspirasie kry want ek praat tans baie min Afrikaans dus het ek geen energie of idees nie. Ek blameer alles behalwe ek!