Monthly Archives: August 2010

Misdaad

Maandag het ons ‘n huisbraak by ons woonstel gehad. Die dief/diewe het die deur ingekick en het die Xbox 360, Wii en my werk sakrekenaar gesteel. Gelukkig het hy/sy/hulle nie die krediet kaarte, rekenaars, selfoons ens geneem. Ons weet nie hoe hulle deur die gebou se ingang ingekom het. Die skade is baie klein en ons het versekering so sal vervangings kry maar ons sal nou die sekuriteit moet verbeter. Gelukkig was die polisie baie nuttig.

Nou wys hierdie gebeurtenis dat misdaad in alle lande plaas vind. Dit wys nie dat VK min of meer veilig as Suid-Afrika is nie maar ek weet welke land ek dink is meer veilig. Dis net ‘n groot hassle.

Ek was weg maar nou is ek terug

Jammer dat ek so stil gewees het, het ek onlangs ‘n bietjie sukkel om in Afrikaans te dink. Ek gebruik dit so selde dat soms vind ek dit baie moeilik om myself uit te druk. Ek weet wat ek wil sê maar weet nie hoe om dit te sê nie. Hoe min ek praat, hoe moeilik om te praat.

Twee naweke gelede het ons na Sonisphere Festival in Stevenage toe gegaan. Dis ‘n groot rock en metal musiekfees buite Londen waat ek verlede jaar ook bygewoon het. Dit was baie pret maar ongelukkig was ek baie moeg en ook het my selfoon verloor toe ons The Cult gekyk. Ek weet nie of iemand het dit gesteel of het dit buite my sak geval. Gelukkig het ek verskering gehad en vandag ek het my vervanging ontvang maar dis ‘n groot hassle om alles uit te soorteer. Ek het veral Rammstein, The Cult en Kylesa geniet en ek sal beslis volgende jaar terug gaan. Stevenage lê ‘n uur se ry noord van Londen af dus kon ons elke dag ry wat veel makkliker en sneller was.

Verlede week was my groot vakansie. Elke keer is dit diselfde, ek gaan na België en Duitsland toe om musiekfeeste by te woon. Vanjaar het ek die Eurostar Brussel toe geneem en toe na Gent om by ‘n Vlaming vriend te kuier. Eers het ons – en veel ander vriende – na Lokerse Feesten toe gegaan om The Sisters Of Mercy te sien speel, wat fantasties was. Soos jy weet, is hulle die greatest rock’n’roll band in the world. Omdat ons elke jaar of elke toer gaan, ken ons veel ander mense uit veel verskillende lande wat ook saam kom so dis cool elke jaar om almal weer te sien en om saam uit te hang. Musiekfeeste in België, veral in Vlaandere, is altyd baie pret.

Toe het ek Ieper toe gegaan om die Menenpoort te sien. Dis baie treurig om te sien al die name van die soldate uit die ou Britse Rykdom wat gesneuwel het en Ieper is baie trots en dankbaar op hulle. Ieper is ‘n mooi Vlaamse dorpie maar ongelukkig kon niemand my verstaan toe ek Afrikaans/Nederlands met hulle probeer praat dus moes ek net Engels praat. Miskien is my uitspraak baie verskriklik.

Eintlik, dis snaaks want ‘n Afrikaanse vriend was onlangs in Brugge en hy en sy girlfriend het Afrikaans met almal gepraat maar die Belgs het hom gevra of hulle Nederlanders was weens hulle vreemde taal. Ek het my Vlaamse vriend gevra of hy van Nederland hou en hy het gesê dis okei maar dis vol Nederlandse mense. Dis ‘n vreemd antwoord as jy buitelander is maar ander Vlaminge vriende dink dieselfde oor hulle mee-Nederlandtaliges (regte woord?); hulle hou van die taal maar Nederlanders en Vlaminge is twee aparte nasies.

Toe het ons na M’era Luna Festival in Hildesheim in Duitsland toe gery om die Sisters weer te sien. Op pad het ons deur ‘n dorpie buite Maastricht gery wat op die grens tussen België en Nederland lê. Daar’s geen verskil tussen die twee dele van die dorpie en die enigste aanwysing dat jy in ‘n verskillende land is, is die klein grenspale by die paaie. Ek het ook vergeet net hoe groot Duitsland is en sentraal Duitsland is vol dik bosse, heuwels (maar nie so groot soos berge nie) en diep valleie. Dis ‘n baie mooi land en in die sommer raak dit baie warm. Die fees was baie pret en ons het lekker gejol en gesels en gemosh – ja, ek is vyftien jaar oud!

En nou is ek terug en môre begin ek weer studeer.

'n Huis in Ieper

Die huis in Ieper van Jeroom Leuridan, Vlaamse kampvegter en politikus

Suid-Afrikaanse soldate wat gesneuwel het

Suid-Afrikaanse soldate wat gesneuwel het

Die Menenpoort

Die Menenpoort

'n Grenspaal tussen België en Nederland

'n Grenspaal tussen België en Nederland, van die Nederland se kant af

The Cult

The Cult

The Cult

The Cult

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

België en Duitsland

Ek ry vanoggend Brussel toe met die Eurostar vir vier dae in België en Duitsland. Ek gaan met vriende twee musiekfeeste in Lokeren in Vlaandere en in Hildehesheim buite Hannover bywoon. Ek het nou ‘n week verlof en volgende week moet ek weer begin studeer so soos altyd wil ek my Afrikaans en Duits probeer praat.