Monthly Archives: October 2010

Amerikaanse voetbal vir ons Londenaars

Ek sit nou op die moltrein na Wembley Stadion toe om die Amerikaanse voetbal tussen die San Francisco 49ers en Denver Broncos te kyk. ‘n Vriend het ‘n ekstra kaartjie gehad en het dit aan my aangebied. Ek is nie ‘n groot fan nie maar dit lyk pret so dis hoekom ek nou ry. Ek sal foto’s neem en op die blog sit.

Een dag sal my span, die legendariese Detroit Lions (weens hoe afskuwelik hulle is!), kom speel. Dat sal baie cool wees.

En een ander ding, help nie die outomatiese spellchecker op die iPhone 4 nie. Dit verduidelik as daar veel vremde spel foute is!

Verlede week se Afrikaans

Gewoonlik het ek baie min geleenthede om Afrikaans te praat maar gelukkig verlede week het ek drie kere gehad om saam met vriende uit te hang en probeer praat. Donderdagaand en Vrydagaand was ek in kroeë met Afrikaanse tjommies wat cool was maar aangesien dit so hard daarin het ons net meestals Engels gepraat.

Saterdagaand het ek na ‘n vriend G se huis vir ‘n potjie gegaan. Ek ken G nie goed nie maar sy broer S is ‘n vriend by wie ek in Kaapstad ‘n bietjie gekuier het en G gaan nou weg so het my gevra om na sy potjie want hy gaan komende week weg. Ek was dus die enigste nie-Suid-Afrikaner en ek glo daar was net een of miskien twee ander nie-Afrikaanssprekende. Natuurlik in hierdie tipe sosiale situasies kan dit baie moeilik of vreemd wees as jy net die gasheer ken maar ek moet sê ek het so ‘n lekker aand gehad dat ek baie bly was dat ek uiteindelik besluit het om te gaan – ek wil nie onbeskof lyk maar ek studeer op die oomblik so ek kan nie sosialiseer so veel soos gewoonlik nie en ook sy huis lê op die ander kant van Londen omtrent 16km van myne af.

Na ek opgewarm het, was dit ‘n groot plesier om Afrikaans met nuwe mense te kon praat en ek dink hulle was beïndruk. As ek nie die sin van hulle gespreke kon volg nie (amper die hele tyd) was dit nog goed om te hoor hoe mense die verskillende geluide en klanke sê. Een ding wat ek (glo ek) kan merk is die verskil tussen dié wat twee Afrikaanse ouers het en dus het in ‘n eentalige huis grootgeword en dié wat een Afrikaans en een Engles ouer het en dus het in ‘n tweetalige huis grootgeword. Die laasgenoemende mense se Afrikaans is vir my veel makliker om te verstaan en hulle uitspraak is nie so hard nie. Wel dis my persepsie.

Ek voel nou dat ek my motivering vir Afrikaans terug gekry het, so na ek my eksamens geskryf het sal ek ‘n nuwe poging maak om dit te praat. Ek is baie opgewonde!