Monthly Archives: January 2014

Die Sondvloed en Noag se ark

Soos ek vroeër geskryf het, stel ek ‘n groot belang in die Akkadiese en Babiloniese kulture en taal en in die Assiriese ryk en hierdie naweek het ek na die British Musuem toe gegaan om weer na die artefakte en ander goede te kyk.

Die Ark steentjie in die British Museum

Die Ark steentjie in die British Museum

Die rede vir hierdie besoeke, behalwe die feit dat ek ‘n bietjie amateur Assiroloog is, is dat Vrydag ek ‘n in die koerant gelees het oor nuwe navorsing by die British Museum oor die Sondvloed wat glo verwant aan die oorsprong van die verhaal van Noag se ark is. ‘n Nuwe steentjie, die Ark steentjie, is onlangs gevind en getolk en nuwe besonderhede oor die ark of boot in die beroemde storie wat in die Bybel en die Assiriese mitologie verskyn, aan die lig gekom het.

Dit is belangrik om te onthou om dit reg te verstaan. Die bedoel nie dat dit beproef dat Noag se ark of die Sondvlode plaasgevind het nie. Daar is streng soortgelyke tussen die verhale oor Sondvloed en Noag se ark en antieke kulture het idees en gelofte uit ander kulture geleen. Dit nóg verseker nóg nie verseker dat beide verhale waar is nie. Dit is een bron wat meer inligting gee wat die twee stories komplement.

Die steentjie lyk onmerkvaardig, ‘n stukkie klei wat kleiner as ‘n selfoon is net soos die veel ander Akkadiese skrywes. Die wigskrif is baie klein geskryf, ek sukkel om die karakture te sien en ek kan beslis nie lees nie. Soveel kennis is hierop geëts en ongelukkig het ‘n paar stukkies weggebreek so op ‘n paar lyne is die teks onvolledig. Miskien het mense oor die eeue daarmee bemoei wat verduidelik hoekom informasie nou verloor is.

Hierdie artikel het ‘n baie interessante punt gemaak oor hoe hulle dit gedateer het:

The tablet was written during the Old Babylonian period, broadly 1900–1700BC. The document was not dated by the scribe, but from the shape and appearance of the tablet itself, the character and composition of the cuneiform and the grammatical forms and usages, we can be sure that this is the period in which it was written. It was composed in Semitic Babylonian (Akkadian) in a literary style. The hand is neat and that of a fully trained cuneiform scribe. The text has been written out very ably without error and for a specific purpose; it is certainly not a school practice tablet from a beginner, or anything of that kind. It measures 11.5cm by 6cm and contains exactly 60 lines.

Hierdie is ongelooflik, hoe geleerde hulle kennis gebruik het om dit uit te werk deur spesifieke aspekte te verstaan. As jy oor die oorsprong van Afrikaans lees, leer jy hoe huidige taalkundiges hulle kennis gebruik om aspekte oor die geskeidenis van Afrikaans te verseker of verstaan. Ek begin nou wens dat ek as jong besluit het om ‘n taalgeleerde te word. Hierdie onderwerp bekoor my nou.

Praat Afrikaans

Elke jaar maak ek ‘n beslissing dat ek meer Afrikaans moet praat, en elke jaar maak ek amper geen poging om só te doen. Ek vermoed hierdie jaar gaan weer in dieselfde weg ontvou.

Gedurende Kerfees het ek Frédrik ontmoet, hy’s Sjineser wat ook homself Afrikaans leer. Hy studeer nou in Engeland en het Londen toe vir ‘n paar dae gekom. Dit was baie goed om ‘n ander leerder te ontmoet en om in Afrikaans vir ‘n paar ure te praat. Ons praat tot dieselfde vlak maar ek moet sê sy Afrikaans is beter as myne want hy leer nou al net ‘n paar jaar lank.

Hierdie week het ek op e-pos met Egveny gepraat, hy’s ‘n Rus wie se Afrikaans verbasend is, veel beter as myne. Ek hou baie van hierdie tipe briefwisseling want ek kan sien hoe ander mense geleer het en hoe hulle die woordeskat en grammatika in hulle eie styl gebruik. Soms is dit makliker om ander leerders as eerstetaal-sprekers te vind om mee te gesels. Miskien soek leerders eerder na ander hulle tydgenote, ons is altyd op soek na nuwe inligting and ervaring om te praat.

So voel ek gelukkig dat ek reeds goeie geleenthede gehad het om te oefen, nou is al wat ek nou moet doen is om gemotioveerd te wees. Hoeveel kere het ek reeds hierdie gesê en hoe anders gaan hierdie jaar wees? Ek kan net iets anders doen om dit so te maak.