Monthly Archives: September 2023

Terug in Nederland

Ek het hierdie week al ‘n paar dae lank n Nederland gekuier, wat my tweede besoek van die jaar is. Die weer begin uit somer na herfs verander en Amsterdam is seker stiller en veel minder reisigers. Soos op my onlangse besoek, het ek na a konsert gegaan en ek het besluit om rond die stad te dwaal en om ‘n paar aantreklikhede te sien.

"Diversity in Bureaucracy" in Leidsplein

“Diversity in Bureaucracy” in Leidsplein

Ek het ook met trein na Utrecht gegaan en dis ‘n pragtige uitsig uit die venster uit oor die velde en plase. Koeie sit en slaap op de gras, daar is klein slote tussen velde land, en water is ‘n belangrike aspek van die Nederlandse platteland. Langs die velde loop grote kanale en grote skepe vaart vol goedere. Dis die uitsig van duisende toeriste foto’s en prentjies.

'n Panorama van Amsterdam Centraal stasie

‘n Panorama van Amsterdam Centraal stasie

Hierdie keer kon ek ‘n bietjie Nederlands praat. By een winkel die eienaar vertel vir my dat Nederlands en Afrikaans dieselfde taal is en ons verstaan mekaar maklik. In Utrecht bestel ek ‘n kebab in Nederlands terwyl maatjies moes Engels praat. By die trein stasie koop ek kaartjies in Nederlands sonder enige probleme so begin ek voel asof ek ‘n deelte de gemeenskap kan word. Ek is die beste reisiger, diegene wat die taal wil probeer om te praat.

Die onderdak binnehof in Het Scheepvaartmuseum

Die onderdak binnehof in Het Scheepvaartmuseum

In ‘n beroemde internasionale koffiehuis ek staan in ‘n tou en hoor ‘n Nederlandse man wat Engels met die Nederlandse barista praat en spel sy tipiese Nederlandse voornaam uit want die barista verstaan nie. Die invloed van Engels op die stad is seker een rede hoekom van mense meer van ander stede hou.

Het Scheepvaartmuseum

Het Scheepvaartmuseum

Weens ek nie op my eie was nie, kon ek nie so veel doen soos ek wou nie. Daar’s buurte en museuams wat ek graag wil besoek en ek wil die water en eilande verken; veerbote ry op die water na die afgeleë eilande, waarheen ek ook wil gaan, miskien kan ek meer Nederlands kan praat.

Tafelberg en Suid-Afrika in Het Scheepvaartmuseum

Tafelberg en Suid-Afrika in Het Scheepvaartmuseum

Orals ry mense verby op fietse. Niemand dra ‘n valhelm en veel mense het g’n lig nie weens een belangrike wet; die fietsryer hou altyd reg. Hulle ry vinnig na jou, deur groep mense, en dwaal onder die mense. Hulle is nie van plan om te wag nie. Hulle is die belangrikste mense op die pad en as julle jou slaan, blameer hulle jou ek vermoed. Pas op as jy oor die pad stap. Tydens die dag of die nag, verby ry hulle fiets in Utrecht. Studente drink een biertjie en dan ry huistoe met die fiets en ‘n vriend wat aan die agter. Hierdie was nie my ervaring van universiteit nie maar nou wens ek dit só was.

'n Kleurvolle bord in Rijksmuseum

‘n Kleurvolle bord in Rijksmuseum