Monthly Archives: January 2009

Waar’s Februarie, ek soek Februarie

Wanneer gaan Januarie eindig? Jeez ek is moeg en arm hierdie maand.

Ek weet ek is nie alleen nie as ek sê dat tans ek baie ongemotiveerd is. Daar’s veel werk maar ek stel geen belang nie en amper weier om dit doen. Niks interesseer my op die kantoor nie en ek is bly om net te wag tot ‘n ander dag. Alles neem so lank nou vir my om te doen en as ek nie dit moet doen nie, dan wag dit. As ek te verveld raak, maak ek foute en vergeet om werk af te handel en net soek rede om niks te doen nie. Nie goed vir werk verhoging nie. Ek is nou nie in werk tot Dinsdag nie so hopelik kan ek lekker rus.

So ja, ek weet ek maak my eie werk brander wat my sal verdrink!

Die Lae Lande

Ek het Eurostar kaartjies gekoop om in Februarie terug na België toe te gaan. Hierdie keer gaan ek vir ‘n paar dae in Gent met vriende bly en dan gaan ons vir ‘n nag na Amsterdam toe.

Elke keer dink ek dat ek ‘n bietije Afrikaans-Nederlands sal praat maar elke keer praat ek baie min so ek twyfel of hierdie besoek anders sal wees. Ek vind dit moeilik om die gesproke Vlaams te volg, dis te snel. Ek wil uitvind of die boekwinkels boeke oor die tale verkoop, miskien sal dit maklikker in die groot stede wees om iets te kry. Ongelukkig is die wisselkoers baie sleg vir ons wat ponde verdien so ek moet seker maak dat dit ‘n goedkoop verblyf sal wees. Miskien kan ons ook in Brugge wees maar beslis nie in dieselfde manier as die rolprent nie…

Brand rissies

In my kantoor groei ek ‘n brand rissie plant op my vensterbank. Dis ‘n paar maande oud en dit floreer lekker. Elke paar dae gee ek ‘n bietjie water en elke oggend wil ek uitvind of dit ‘n bietjie verander of gegroei het. Daar groei nou drie klein brand rissies met die blare en nou word een van hulle rooi en die twee ander is nog groen. Die dag sal kom wanneer ek hulle moet afsny en daarmee kook maar op die oomblik wil ek net sien hoe alles verander.

Rolprente en die bioskoop

Ons het hierdie naweek na die biskoop toe gegaan omdat ons Cineworld kaartjies (‘n tipe seisoen kaartjie) het dus mag ons gaan so veel soos ons wil. Daar’s ‘n paar bioskope naby ons of in die stadsentrum wat ons besoek en dis goedkoop vermaak en dit maak ons gesofistikeerd lyk – wel soms as ek Duitse rolprente sien want ek hou gewoonlik van onvolwasse komodies en domme aksie rolprente.

Vrydagaand het ons Role Models gesien. Beslis is dit nie die slimmste rolprent nie maar dis baie snaaks en hulle – die volwasse mense en die kleintjies – vloek-vloek die hele tyd en ons het hard gelag. ‘n Lekker komodie vir die eerste week in die jaar wanneer niemand terug by werk wil wees nie en die weer is sleg.

Vandag het ons Slumdog Millionaire gesien. Wow! Wat ‘n briljante en wonderlike rolprent. Ek kan niks meer sê of begin beskryf net hoe fantasties dit is nie. Jy moet dit sien.

2009 is net soos 2008

Ek weet dis slegs 2 Januarie maar dit lyk asof 2009 net soos 2008 is, ek hoop alles sal verander.

Ek het giesteraand my oom ontmoet. Hy was op pad na Kanada toe van sy vakansie terug in Suid-Afrika af en ons het lekker gejol uitgehang en geëet. Een voordeel van die feit dat ek in Londen bly is dat ek baie dikwels die Suid-Afrikaanse familie sien want hulle af en toe in Londen is. Ek praat met dié wat oorsee bly en dan praat ek met my familie in VK om al die nuus te versprei en ons kan dan reël om te ontmoet. Toe ek jonger was het ons die Suid-Afrikaanse familie baie selde gesien maar nou is dit anders. Die Internet en goedkoop internasionale reis maak dit makliker om almal te kontak. Ons ken mekaar miskien nie baie goed nie maar ons maak nou die poging om almal te laat weet wat ons doen of wanneer ons in die land sal wees. Hopelik sal ek in 2009 al my ander Suid-Afrikaanse neefs en niggies weer kan sien, wat ek nie in 2008 kon sien nie.