Monthly Archives: May 2011

Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel

Vrydagaand het Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel in Londen gespeel, wat baie cool was!

Voor die gig het ons gepraat oor hoe min advertensie daar was vir die gig. Daar was artikels in die Suid-Afrikaanse koerante maar ons het niks meer gesien nie. Dit was beslis ‘n groot jammer want ek dink hulle kon baie maklik veel meer kaartjies verkoop het – ek het vir sewe vriende oor die gig vertel en hulle almal het kaartjies gekry so was dit lekker om met tjommies uit te hang.

Soos ek vroeër geskryf het, het ek Van Coke Kartel Woensdag gesien maar hierdie keer was dit gewone gig en nie akoesties nie so was hierdie gig anders en vol energie. Hulle speel komende naweek weer met Springbok Nude Girls en ek het reeds ‘n kaartjie gekry.

Ek het Fokokfpolisiekar op twee kere in 2006 in Londen sien speel en ken hulle albums beter as Van Coke Kartel s’n so was ek baie opgewonde om hulle weer te sien. Die gig was fantasties maar dit was net ‘n jammer dat hulle nie meer diwkels speel nie. Ek het gedink om Amsterdam toe te gaan vir Saterdag se gig maar toe besef ek dit net te duur sou wees en ek is nie seker of ek die regte beslissing gemaak het nie. Na die gig het Francois ook my kopie van Biografie Van ‘n Bende: Die Storie Van Fokofpolisiekar geteken wat baie cool van hom was en hulle almal lyk baie gawe mense.

Op een manier is hulle ‘n bietjie ongelukkig dant hulle sing in Afrikaans sing so kry hulle nie die aandag of die herkenning wat hulle verdien nie veral buite Suid-Afrika. Ek weet Van Coke Kartel speel met groot internasionale bands maar na my mening is die twee bands soveel beter as veel ander, meer suksesvolle Amerikaanse of Britse of Engelstalige bands wat ons almal hoor. Soos ek gesê het, was daar baie min bevordering vir die gigs en ek dink die promoters het net op die Suid-Afrikaanse gemeenskap gefokus, wat nog die Suid-Afrikaanse koerante in Londen lees. My Suid-Afrikaanse vriende het niks oor die gig gesien nie dus moes ek vir hulle vertel en ek glo daar is veel mense wat sou wou gekom het (is só ‘n konstruksie moontlik in Afrikaans?) as hulle geweet het. Mense hier ken vir Die Antwoord (ek is nie fan nie) maar hulle het nie die impak hier gemaak as wat mense verwag het nie en ek dink hierdie bands kan meer suksesvol word.

Ek het ‘n paar video’s op Youtube afgelaai so kyk na my bladsy youtube.com/lex3000.

Van Coke Kartel

Jammer dat alles so stil gewees was, het ek hierdie maand baie hersiening gedoen vir my eksamens wat baie moeilik was so vermoed ek ek het gedruip. Ek kan September hulle weer skryf as noodsaaklik.

Gisteraand het ek Aardvark toe gegaan om Van Coke Kartel te sien, hulle het ‘n klein akoestiese gig gespeel. Hulle en Fokofpolisiekar speel môreaand in Clapham en ja, ek het ‘n kaartjie gekry.

Die gig was baie pret en ek het ook ‘n bietjie met Francois gepraat wat baie cool was. Ek het onlangs nie veel Afrikaans gepraat nie so was dit goed om dit weer te oefen.

Onder is ‘n video, hulle het ‘n cover van Fokofpolisiekar se “Ek Skyn (Helig)” gespeel.