Monthly Archives: May 2008

Totsiens Barney die kat en julle raad


Ek het ‘n paar maande gelede oor ons siek kat geskryf. Barney het suikersiekte en probleme met sy haart en long gehad en het ook soveel gewig verloor en daar was ongelukkig geen kans dat hy gesond kon word nie. Nadat ons hom met die veeaarts (wat Suid-Afrikaner is) gepraat het, moes ons om Woensdag besluit om hom aan die slaap te maak. Dit was baie treurig veral omdat hy so bly was om ons te sien en hy het die hele tyd gespin en ons het geween. Jy was ‘n gawe kêrel, Barney.

In ander nuus het ek ook onlangs ‘n paar inspuitings gehad voordat ek Namibïe en Suid-Afrika toe gaan. Ek is nie seker of ek ‘n inspuiting vir hondsdolheid moet hê nie. Ek beplan beslis nie om deur ‘n siek dier te gebyt word nie maar dis miskien beter om veilig te wees. As julle vir my oor hiedie onderwerp raad kan gee dan sal ek dit baie waardeer.

Duitse kroeg in Londen

Ek was vandag by Zeitgeist kroeg in Lambeth. Dis ‘n mooi Duitse kroeg waar ‘n mense Duitse bier, Weißbier, kos en die Bundesliga lekker kan geniet. Ons het gegaan om die FC St Pauli wedstryd te sien maar ons moes FC Köln sien maar dit was okei want hulle bewonderaars het vir ons biers gekoop so ons was baie bly. Daarna het ons De Hems toe gegaan wat okei is maar dit was stil en ek weet nie net hoe “Nederlands” dit raak nie maar die bier was goed. Hopelik sal ek Oranje se wedstryd in Euro 2008 daar kan sien.

‘n Gedagte

Ek het vanoggend hierdie maande se uitgawe van Die Stem gekry, wat altyd goed is. Maar dit dit was ‘n verrassing om te sien dat daar ‘n advertensie vir ‘n ontkleedans klub was wat danseresse soek. Is daar tekort Suid-Afrikaanse ontkleedanseresse in Londen? Is daar ‘n vraag daarna? Ons moet beslis uitvind. Ek is Brit so ek weet nie, so miskien julle Suid-Afrikaners kan vir my verduidelik. Wat dink julle? Wat is julle ervaaring?

Okei, nou ek weet ons praat nie meer oor “ontkleedans” nie, dis nou verfynd (behalwe bl. 115 van Helen van Schalkwyk se Teach Yourself Afrikaans waarin Johan en André praat oor om te gaan – dit is dalk ‘n nuttige gesprek vir ‘n leerder en besoeker). Die koerant lyk nou soos ‘n vroulike tydskrif oor mode, reis en lyfstyl en ek hou nog daarvan. Maar dié lyk net baie vreemd.

Klink ek nou soos ‘n konserwatiewe oupa? Ja, ek dink so.

Totsiens Ken

So ons het nou ‘n nuwe burgermeester in Londen gekies.

Ek het nie gedink dat Boris sou wen nie en het beslis nie gedink dat Ken sou verloor nie en ek kan nie goed verduidelik nie. Ja, mense wil die Eertse Minister goed klop, maar Ken is altyd sy eie man onaangetas deur die regering.

Ek het altyd van Ken gehou en ek dink hy het soveel vir ons stad bereik. Ek weet nie hoe anders dit nou sal wees nie maar ek is bereid om te wag en sien wat dit gaan bedoel.