Monthly Archives: December 2022

Tot 2023

Ek het hierdie jaar minder en minder Afrikaans gestudeer, gelees, gebruik ensovoorts. Ek vra myself of ek óf my belang óf my kennis begin verloor. Weens veel redes het ek nie veel gepraat nie en ek het ander tale gestudeer, en dié verduidelik ‘n bietjie hoekom.

Dis ‘n jammer dat NetNuus nie meer bestaan nie; ek het baie daarvan gehou en die nuus teks was kort en vol inligting. Ek is onseker wat nou met Vrye Weekblad aan die gaan is nie. ‘n Vriend is vryskut joernalis wat vir die webblad skryf en het vir my ‘n bietjie gesê, maar hy praat baie vinnig sodat ek nie goed verstaan nie!

Ek het ‘n nuwe Twitter rekening geskep sodat ek net Afrikaans nuus en twiete lees, wat aparte van my ander, Engelstalige rekening is. Ek moet nou dit begin gebruik en dan kom ek tot dieselfde probleem – hoeveel tyd het ek om alles to probeer doen. Wat wil ek bereik? Ek moet ‘n plan maak vol doele wat ek wil presteer. Dis maklik om idees te hê maar moeiliker om in die werklikheid te doen.

So ja nou kom die nuwe jaar. Wie weet wat aan gebeur.