Monthly Archives: June 2023

Weer in Amsterdam

Onlangs was ek terug in Amsterdam – of Mokum – na die pandemie. Op my laaste besoek in 2018 het ons Fokofpolisiekar gaan kyk en hierdie keer is die rede diselfde. Maar ‘n konsert is ‘n konsert en ek skryf nie goeie resensies nie dus sal ek min daaroor sê.

Cafe Papeneiland, ‘n beroemde en historiese bruine kroeg of bruine café op Prinsengracht in Amsterdam

Die hele punt of doel is net om nog ‘n keer in die stad te wees. Ek verwys hoofsaaklik na die sentrum binne in die kring van die beroemde gragte. Die moderne voorstede lyk nie so tipiese Nederland nie. Dis rustig om langsaam die water in die Jordaan buurt met vriende op die straathoeke te staan en ‘n bier drink as die son onder gaan. Mense vaart in klein huurbote op die water met ‘n paar bottels wyn of bier en almal waai aan mekaar. Ons loop van kroeg af tot kroeg net soos almal anders as die skemer val, “onder die straatlig onder die maanlig”.

Binne in 'n bruine kroeg in Amsterdam

Binne in Cafe Papeneiland op Prinsengracht

In die dag dwaal ek deur die stad wat nou vol ander toeriste (moenie vergeet dat jy ‘n toeris is nie) wat iets nuuts of anders wil sien. Mense staan tou buite resturants en museums en nou moet jy kaartjies vooraf koop, wat probleme maak. Gaan op jou eie sodat jy al die besluite maak waaroor jy wil doen en sien.

Fokofpolisiekar by De Melkweg

Fokofpolisiekar by De Melkweg

Op die konsert die jong Suid-Afrikaners is volop. Ek weet nie of hulle in Europa bly of net kom besoek nie, maar hierso stroom hulle. Mense ken van mekaar en suip en gesels en jol. Die band hulself lyk dieselfde te voel. Daar’s nie genoeg t-hemde te kope nie want alles te spoedig uit verkoop het.

Zuid-Afrikahuis

Zuid-Afrikahuis

Ek kan nogals maklik alles lees, of seker genoeg soos die spyskaarte, padtekens, publieke inligting ensovoorts en ek kan koffie of beer bestel. Die stad voel feitlik tweetalig en as jy probeer om Nederlands te praat, beantwoord hulle gewoonlik in Engels. Ek vermoed ek verstaan; hulle weet dat jy ‘n toeris en reisiger is (‘ n buitestader?) en inwoners weet almal dat Engels glo die huidige internasionale taal of lingua franca is. Protes lei altyd tot frustrasie; vriende wat in die stad nou woon, voortuig die moeilikheid om die taal in die stad te praat as buitelanders.

Lees de bijbel

Lees de bijbel

Gaan na Amsterdam is ‘n verskillende kwessie en ek vra, hoekom wil ‘n mens van Londen af na Amsterdam vlieg? Dis belaglik. Jy moet na die lughawe ver buite jou stad gaan, omtrent een uur weg en jy moet ook een of twee uur aankom sodat jy deur sekuriteit en die grensbeamptes moet gaan. Dis vol mense wat vergeet om al hulle besittings in die x-ray masjien moet sit, so selfone, portefemonnes, gordels, horlosies, jasse. As jy dit nie doen nie, dan maak jy dat almal agter jou moet staan tou en wag. Dan sit jy verveeld in die kroeg en wag of loop rond die winkels en dan sit die vlieguig dikwels ‘n half-uur op die aanloopbaan voordat dit toegelaat is om te styg.

Proeverij

Proeverij

Op jou aankoms staan jy tou by die immigrasie om you paspoort te toon en jy moet met ‘n trein of bus ry na die stad waarheen jy gaan. En dan ervaar jy jou medeburgers veral as jy Brit is; selde het jy veel kontak met hierdie mense wat jy nie weet nie, maar op die lughwawe begin jy waardeer hoekom jy ook dit wil nie doen nie! Ek vermoed hulle ook dieselfde oor my sê en alle nasies sê soortgelyke dinge. Luister na die gesprekke en almal word gefrustreerd met die proses.

Die vos en roos

Die vos en die roos in die Jordaan

Die hele proses duur ure lank. So ja, in die toekoms sal ek van Londen na Parys, België of Nederland per die Eurostar ry. Miskien is die koste erg groter, maar die hele reis is makliker en dit voel sneller. Alle sekuriteit word in Londen gedaan sodat jy in styl mag reis en ontspan. Geniet om lekker te ontspan as jy deur die platteland ry.