Monthly Archives: November 2010

Rugby en Afrikaans

Saterdag het ek na die Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd toe by Twickenham gegaan.

Ek het ‘n baie cool tyd gehad, ek het saam met Willem gegaan en hy ken veel meer oor rugby as ek. Ongelukkig was dit ongelooflike koud en dit het geen verskil gemaak hoeveel biers ek gesuip het nie, het ek nie warmer geraak nie! Engeland was nie goed nie wat vir my ‘n teleurstelling was maar Suid-Afrika het die sege verdien. Daar was ‘n baie vriendelike atmosfeer en ons het met ander Engelse en Suid-Afrikaanse ondersteuners gelag.

Donderdag, Vrydag en Saterdag het ek met ‘n paar Suid-Afrikaanse vriende uitgehang en dus kon ‘n bietjie Afrikaans met hulle gepraat. Dis vreemde ding is, het ek eintlik baie min Afrikaans met hulle gepraat want ons kon nie mekaar goed in die kroeg hoor nie en ek was baie moeg.

Op die ander kant het ek ‘n Engelse vriende se Afrikaanse vriend ontmoet en ons het ‘n lekker gespreek in Afrikaans gehad. Miskien was dit makliker om met iemand nuut Afrikaans te praat want ek voel ek moes amper vir hom my Afrikaans bewys dat ek eintlik die taal ken (die wêreld is vol mense wat eis om ‘n vreemde taal te kan praat maar as jy hulle vra, wil hulle baie selde dit met jou praat nie…). Ek is nie só nie.

Toe het ek Sondag ‘n bietjie skype met Eben en Natalie in Kanada gedoen. Dit was so lekker om weer met hulle te praat maar ek het destyds nie so goed gevoel nie (na drie nae van suip) so moes ek net Engels praat! Ons het gesels oor planne om miskien volgende jaar Suid-Afrika toe te gaan so is ek nou baie entoesasties om uit te gaan. My vrou sê ek mag gaan, al wat ek nou moet doen, is ‘n plan maak.

Foto’s van Twickenham af.

Engeland skop

Engeland skop

Suid-Afrika donner Engeland

Suid-Afrika donner Engeland

Dokte se weekend special

Soos die Dokte sê, dis my weekend special. Ek hou baie van hieride liedjie en van Afrikaanse hip hop. Dis nie die gewone tipe musiek waaraan ek luister in Engles nie, maar dis nog baie cool.

Môre gaan ek na die Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd by Twickenham, ek is baie opgewonde. Ek is Engels dus ondersteun ek Engeland. Ek kan nie dit verander nie, dis my span.

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/6673146″]

Nou waar is die Afrikaanse metaal aanlyn?

Een eksamen is geskryf, een ander om te skryf

Ek het vanoggend my eerste CIMA eksamen, Enterprise Operations, geskryf en gelukkig voel ek dat dit nie te moeilik was nie. Dit beteken nie dat ek geslaag het nie, miskien het ek net gepraat-praat sonder om ‘n ware antword te gee, maar ek het die onderwerpe geken so voel ek okei.

Donderdagoggend skryf ek die ander, moeiliker ene oor Financial Operations so moet ek nou swot-swot.

Die droom lewe nog. Een dag sal ek kan sê, “Ek is ‘n rekenmeester!”

Ek het ‘n kaartjie vir die Bokke wedstryd!

Ek is baie bly want ek het vandag kaartjies gekoop vir die komende Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd by Twickenham op 27 November. Dit sal die eerste keer wees dat ek Engeland sien speel. Soos jy weet is ek nie die grootste rugby fan nie maar ek hou daarvan kyk, dis goed om iets anders en iets nuuts om te doen en ek sal vir Engeland juig. Twee vriende van werk en my tjommies W en JJJ kom ook. My oom uit Johannesburg gaan ook maar ek is nie seker of ek hom sal sien nie. Foto’s sal volg.

In die biblioteek

Ek sit nou in my plaaslike biblioteek in Palmers Green en probeer om vir my komende eksamens te studeer. Dis snaaks want ek het net verlede naweek ‘n lid van die biblioteek geword en het vergeet hoe nuttig dit kan wees. Op skool, universiteit en werk kon ek na die biblioteek toe gaan om te leer en om werk te vermy. Nou is dit ‘n lekker plek om in stilte te werk want ek vind dit te moeilik om tuis te studeer, daar’s te veel ander en meer interessante dinge te doen. Hier is daar ander leerlinge van rekeningkunde dus voel ek nie dat die enigste ou is wat op sy naweek moet studeer nie. Ook het ek ‘n bietjie soektog gedoen en ek is nou bly om vir julle te sê dat in hierdie biblioteek daar een boek oor die aanleer van Afrikaans is.

Op die ander kant, is die nuwe probleem nou my iPhone 4 waarop ek nou die hele tyd speel!

Amerikaanse voetbal!

Soos ek gister geskryf het, het ek na die Amerikaanse voetbal by Wembley toe gegaan.

Ek moet sê dit was baie cool. Nou weet ek daar’s ‘n verskil tussen ‘n liga wedstryd in Amerika en een in Londen maar die atmosfeer was fantasties en jy besef net hoe populêr die sport buite Amerika is – meer as 80,000 mense het gekom – en ook hoe pret dit moet wees om in Amerika te gaan kyk. As jy die geleentheid kry om te kyk, neem dit. Dis ‘n interessante ervaring en baie anders as rugby en voetbal (of sokker, as jy Amerikaner of Suid-Afrikaner is).

Hulle gaan skop en hardloop

Hulle gaan skop en hardloop

Gooi die bal!

Gooi die bal!

Die meisies was baie populêr met die meerderheid van die crowd

Die meisies was baie populêr met die meerderheid van die crowd

Ons uitsig was nie sleg nie

Ons uitsig wat nie sleg was nie