Monthly Archives: April 2013

Fokofpolisiekar en Jack Parow

So, my nuwe Afrikaanse projek waaroor ek vroeër gepraat het? Ek begin nou vir The South African skryf, ‘n gratis weeklikse Suid-Afrikaanse koerant hier in Engeland wat ook ‘n groeiende aanlyn weergawe het.

My eerste artikel, Vreelose Fokofpolisiekar en Jack Parow rock die Clapham Grand, is gister gepubliseer. Ongelukkig was ek te laat vir die koerant weergawe so dis net aanlyn maar ek is nog baie trots. Dis seker ‘n bietjie anders om vir ‘n koerant te skryf so dankie aan Christine wat geproeflees het en sy het ook die foto’s geneem.

Die gig was, soos ek verwag het, fantasties en na die gig het ek met ‘n paar lede van Fokofpolisiekar en Jack Parow se band gesels. Geen nuus om te berig nie, maar nog baie cool.

Ek sal ‘n paar video’s wat ek geneem het, oplaai wanneer ek by die huis is. Ek het tans probleme met WordPress soos almal het.

Vakansie

Ek het uiteindelik ‘n kort vakansie gereël want ek besef ek reis nie genoeg nie. Daar’s soveel populêre lande wat ek nooit besoek het nie wat vreemd is want as kind het ons dikwels oorsee gebly nie. Maar ek het vliegkaartjies gekoop om na Rome te vlieg. Almal sê dit is een van die mooiste stede ter wêreld en ek gaan nie net Italië toe nie maar ook na die Vatikaanstad toe, so dis twee nuwe lande. Ongelukkig lyk dit net ‘n bietjie te moeilik om ook na San Marino toe te gaan so miskein op ‘n ander keer. Dis lekker om iets te hê om daarna uit te sien veral weens hierdie afskuwelike weer. Jy moet glo dat een dag die somer sal aankom.

Sonder entoesiasme

Ek het ‘n paar weke gelede oor ‘n nuwe Afrikaanse projek geskryf, maar soos dikwels sukkel ek nou om my weer entoesiasme te vind. Ek moet ‘n Afrikaanse skyrwe doen maar alhoewel ek dit amper voltooi het, is ek nie heeltemal bly daarmee nie en so maak ek nou die hele tyd wysigngs en ek wonder of ek dit ooit sal publiseer. Hoe meer ek dit wysig, hoe minder ek bly daarmee word.