Monthly Archives: February 2015

Niks om oor te skryf nie

Ek sukkel op die oomblik om onderwerpe te vind, om oor te skryf. Wel, ek het een goeie onderwerp waaroor ek wil skryf maar dis lank en ek dink om die artikel na ‘n die gratis koerant in te dien as dit goed genoeg is. En as ek dit in die waarheid skryf, so ek moet nie vertraag nie.

Ek het voorheen geskryf oor hoe ek ander sprekers wil vind maar my pogings met Suid-Afrikaanse sosiale groepe in Londen het tot dusver tot niks gelei nie wat ‘n teleurstelling was maar was nie ‘n groot verrassing nie. Ek dink veel ex-pat groepe het dikwels ‘n fokus op “rugby, braai en rugby trui” maar ek stel belang in tale.

Miskien sal ek meer sukses hê indien ek nou die ander, nie-Suid-Afrikaanse groepe vra of daar enige sprekers is onder die groepe vir mense wat vreemde tale praat. Daardie tipe groepe word natuurlik nie so gesluit aan eksterne belangstellendes nie.

‘n Paar week gelede het ek en ‘n paar Suid-Afrikaanse vriende ‘n soort Afrikaanse nag gehou toe ons almal net Afrikaans vir die hele aand praat. Daardie was ‘n goeie geleentheid om te oefen en dit is beslis makliker om te reël as om Suid-Afrikaanse groepe vir hulp te vra.

Veel Engelse Suid-Afrikaners sê dat hulle nou veel meer Afrikaans in Londen praat as toe hulle in Suid-Afrika was. Dit word ‘n tipe geheime taal sodat ander mense nie kan verstaan nie maar persoonlik wil ek nie onbeskof oor ander mense wees nie wat verstaan nie. Taal vir my is oor kommunikasie met ander mense en ek wil nie mense vervreem nie.

Afrikaans het alreeds genoeg negatiewe konnotasies oor homself. Mense verdink gewoonlik dat jy onbeskof oor hulle wees as jy skielik Afrikaans of ‘n ander taal begin praat. Ek wil vir almal oor die taal sê maar dis reeds moeilik met Suid-Afrikaners so weet ek min hoe mense belangstel.

Een van my oom se kinders bly al ‘n paar week lank in Londen en ek het alreeds vir haar gesê dat sy haar Afrikaans moet oefen voor ons ontmoet. Sy vermoed my Afrikaans is beter as haar s’n (dis waar, ek praat veel beter) maar soos almal wat vreemde tale praat, moet jy enige geleentheid gryp en oefen, en moenie oor die foute omgee nie. Hoe verduidelik jy vir mense dat hulle nie bang moet wees oor om een van hul land se tale te probeer praat nie?