Monthly Archives: October 2007

Die rugby gisteraand in die kroeg

Dit was geen verassing dat Suid-Afrika die rugby gewen het nie. Die Bokke was die beste span in die kompetisie en het altyd die beste gespeel en verdien om kampioene te wees. Ek is ‘n bietjie teleurgestel dat ons – Engeland – verloor het maar ons het met elke wedstryd verbeter en die Bokke het ons nie gisteraand gedonner nie.

Ek het die westryd in Cargo in Shoreditch gekyk en het lekker gejol. Almal was baie entoesiasties en vurig en toe die skeidsregter sy fluitjie vir die laaste keer geblars het, het die Bokke ondersteuners begin vier en die Engelse net gaan doen dié wat ons altyd gaan doen – drink baie biers en vergeet daaroor!

Ek het Afrikaans met ‘n paar Afrikaners in die kroeg gepraat maar, soos altyd, het hulle geweier om my te glo toe ek verduidelik hoekom ek die taal goed kan praat (en die rede is – ek het myself dit geleer). Okei almal was dronk en miskien is die idee ‘n breinbliksem. Dit was snaaks maar ook dit pla my ‘n bietjie dat ek selde geglo word maar wat kan ‘n mens doen. Miskien moet ek net lieg en skep ‘n heeltemal vals Suid-Afrikaanse identitiet en voorgee om een van hulle te wees. Hoe meer belaglik my vervals verhaal hoe beter – dié sal snaaks wees. Ek sien daarna uit om julle idees te ontvang!

Meer rugby en vakansie planne

Ek het ‘n vriend wat geen belang in sport stel nie maar elke twee jare word hy geïnteresserd in die voetbal Wêreldbeker of Europeese Kampioenskap en lees die koerante en leer al die feite en daarna vergeët hy alles tot die volgende keer. Wel, het ek nou dié ou oor die rugby geword!

Gisteraand het die rugby in die kroeg in Muswell Hill gaan kyk en het dit baie geniet. Gelukkig weet my vriende veel meer as ek so ek kan nou al die feite wat ek uit die koerante gelees het, met hulle verdeel en klink soos ek eintlik oor rugby weet. Ek het vroeë geskryf ek hoop dat die Bokke die beker sal gaan wen nadat hulle ons gedonner het maar nou ek glo ons kan slaag so ek moet my opinie verander. Die enigste probleem nou is dat om Saterdag ek Aardvark toe gaan om Beeskraal te sien en so sal die finaal in die kroeg moet kyk – moontlik die enigste Engelsman onder al die Bokke mense.

My vrou en ek het ‘n vakansie in New York in November gekoop. Ons wil net die tipiese toeriste aantreklikhede ervaar – Taco Bell, Central Park, Ellis Island, Statute of Liberty, al die plekke uit rolprente ens. Niks kultureel nie. Dis nie ons nie. Ons wil soos opgewonde besoekers oor die stad dwaal en foto’s neem. Ek wil ook uitvind wat nog oor die Nederlandse koloniale tydperk bestaan en as iemand weet dan laat my weet. Ek weet daar’s die graf van Peiter Stuijversant maar wil iets meer vind.

Engeland klop Australië, Klopjag by Aardvark

Wie het gedink Engeland sal Australië gaan donner? Soos jy weet, weet ek baie min oor rugby maar ek weet hulle is miskien die beste span ter wêreld en hulle spelers en bewonderaars is altyd so vurig. Vroeër het ek dit eintlik geglo – wel hulle sê-sê die hele tyd. Ek het uitgewerk ons het in ‘n manier gespeel wat hulle verhinder om hul gewoonlik styl te speel. Ek was in Soho en daar was mense op die paaie wat in die kroeë se fensters in kyk en in die laaste paar minute kom klompie mense by die kroeg in om te kyk en toe die skeidsregter gefluit het, het almal gebrul! En Frankryk teen Nieu-Seeland? Jislaaik, die suid halfrond is iets anders…

Saterdagaad het ek Klopjag by Aardvark gaan sien. Ek weet nie sy musiek nie maar ek het dit baie geniet en daarna het my vriend Judy aangedring dat ons die band moet ontmoet sodat sy kon verduidelik dat ek myself die taal geleer het. Ek was so geëmbarrasseerd maar die twee ouens was gawe kêrels en baie vriendlik en ons het ‘n baie klein bietjie gejol. Ek het probeer om ‘n foto op te laai maar tans werk die rekenaar nie.