Monthly Archives: February 2019

Vakansies

Ek maak nou plaane vir ‘n paar kort vakansies hierdie jaar en soos altyd maak ek my keuse weens welke bands ek wil oorsee gaan kyk. Kollegas by die werk vertel vir my oor planne om die Verre Ooste te besoek of om deur Suid-Amerika te reis of om ‘n plaaslike Airbnb in die platteland van die mooiste lande te huur; oor restaurante, hotels en winkels wat ‘n mense moet ervaar; oor die om die siel te hernieu. Hulle gee vir my raad en hul kennis en voorstellings, dié wat ek beslis lief sal.

Ongelukkig ken hulle my nie. Amper elke jaar maak ek dieselfde. Ek gaan met maatjies na verskillende lande en stede sodat ons bands kan bekyk. Ek het reeds planne gemaak om Pole, Duitsland, Frankryk, Nederland en Belgïe te gaan besoek. Ek het nooit Pole besoek nie so beplan ek om vir ‘n paar dae te kuier sodat ek die land ‘n bietjie per trein kan sien. Daar is veel om daarna uit te sien.