Monthly Archives: September 2007

National Army Museum, Duits en kalahari.net

Vandag het ek die National Army Museum in Chelsea besoek, daar’s ‘n tentoonstelling oor die Brtise weermag in Afghanistan wat baie interessant is. Dit hang af nie of jy nie van die beleid van die internasionele gemeeskap in die land hou nie, jy sien hoe elke dag die gewone soldate woon en begin om hulle ervarings te verstaan en dit lyk nie mooi nie. Die hele museum is baie interessant en ek het dit geniet; okei my (Suid-Afrikaner) pa was in die Britse weermag dus volg dit dat ek wil gaan sien maar dis ook gratis en daar’s genoeg om te sien maar nie te veel dat jou verveld sal word nie. Tans ook diens soveel Suid-Afrikaners in ons weermag.

In ander nuus ek het verlede week ‘n Duitse kursus begin studeer. Soos party van julle weet lyk dit asof ek tale probeer versamel! Ek wil al lang tyd Duits leer – ek het in Duitsland as kind gebly maar was op Engelse skool dus het nie die geleentheid om dit te leer, geneem nie. Ek weet nie hoe moeilik dit is nie en ek vermoed dat Franstaliges en Englese lieg wanneer hulle sê dis nie makklik nie – dis ‘n geheime sameswering om te hê ons sal nie dit wil leer nie. Dis nie te ver van Afrikaans af nie en ek kan reeds ‘n bietjie verstaan en alhoewel die woorde anders is sien ek af en toe die verwantskap tussen altwee. Hopelik sal ek dit meer as Nederlands geniet; op die twee keer dat ek dit probeer leer het het die onderwyserese my gepla (wat help verduidelik hoekom ek België bo Nederland kies) en ek het nooit genoeg oor Sweeds omgegee nie.

Ek het ook meer Afrikaanse boeke, DVDs en CDs van kalahari.net gekoop. As jy veel koop dan is die posgeld baie goedkoper en die wisselkors is tans fantasties vir ons wat ponde verdien. Laat my weet wat ek die volgende keer moet koop.

Voetbal, die ware sport

Gister het ek die Arsenal wedstryd teen Derby gaan sien. Dit lyk asof ek nou die hele tyd kan gaan – dit was die tweede keer hierdie week en ek gaan ook weer terug om Dinsdagaand. Ja, ek moet in die hemel sit en die kaartjie was meer as ‘n bietjie duur maar om die span so fantasties te sien speel as hulle Derby donner was briljant. Mense het vroeër gesê het dat ons hierdie jaar sal gaan sukkel en die seisoen is maar twee maande oud – wel tans sit ons bo-op die Premiership en dis genoeg vir die bewonderaars.

Daar’s ‘n paar foto’s onder.

Die rugby en die Amerikaanse Office

Net soos miljoene mense het ek vrydagaand die rubgy gekyk. Persoonlik gee ek nie om oor rugby nie, ek was altyd ‘m voetbal ou maar ek probeer altyd om wedstryde tusse hierdie twee lande te sien. Ek het ‘n paar jare gelede besluit om Engeland te ondersteun omdat ek nie Suid-Afrikaner is nie (ek is Brits) en toe ek jonger was moes ek altyd die familie in Suid-Afrika uitstaan wat ons oor krikiet en rugby spot. Dit was so vreemd hulle het nooit voetbal genoem nie (okei ek kan verstaan, ek het betaal om Bafana Bafana te sien speel…) en eintlik dit raak nie saak nie aangesien ek ‘n bewonderaar van die Nederlands voetbal elftal is. Engeland was afskuwelik en die Bokke was so veel beter en het die oorwining heeltemal verdien. Engeland was slegter as verskriklik, ek kan niks meer sê nie.

Ek hoop nou die Bokke sal die beker gaan wen maar ‘n mens kan nooit sy span verander nie. As hulle wen dan is ek bly, maar terselfdertyd bly ek atlyd ‘n tipe teleurgestelde Engeland rugby bewonderaar (totdat ek binne ‘n paar dae heeltemal oor die Rugby Wêreldbeker vergeet). En ek sal sê ek sien baie daarna uit om na die Namibië teen Georgië wedstryd te kyk.

In ander nuus het ek The Office: An American Workplace seisoen 3 op amazon.com gekoop en hierdie week het dit aangekom. Ons het die hele naweek dit gekyk en dis so snaaks – eintlik verkies ek dit bo die oorspronklike Englse een. Jy moet dit sien of my DVDs leen. Ek kan net hoop dat een dag sal hulle ‘n Afrikaanse weergawe wil maak. Dié ek wil sien.