The End of Apartheid

Vandag het ek na The End of Apartheid tentoonstelling in Shoreditch gegaan, waarooor ek in The South African gelees het. Ek het nie besef dat vandag, 27 April, die twintigste verjaardag van die eerste vry en veelrassige verkiesing is.

The End of Apartheid
The End of Apartheid

Ek was gelukkig om saam met Grant Fleming, die fotograaf, te gesels. Hy het vir my gesê oor sy pogings om die tentoonstelling te hou, oor hoe hy duisende foto’s geneem het en dus moes deur alles kyk om te besluit watter foto’s hy gaan vertoon, ‘n bietjie oor die legendariese Bang Bang Club gesê en hoe teleurgestel hy was met die fliek oor hulle veral aangesien die boek so goed is. Hy sê dat sy mees bermoede foto, dié bo, hy het met net ‘n gewone kamera geneem en nie ietsie spesiaal nie.

As nie-Suid-Afrikaner het ek nie gaan stem nie en ek het destyds die verkiesing op die telivisie en in die koerante gevolg. Die foto’s van die lank rye mense wat wag om te stem is baie beroemd. Mense was bang oor die moontlikheid van geweld en ek onthou ‘n vriend se pa het die voorsien. Natuurlik was ek baie gelukkig dat hy so verkeerd was.

My eerste besoeke aan Suid-Afrika was in 1991 en 1993 om by my pa se familie te kuier. Ek was ‘n tienaar en ek onthou hoe trots familielede was aangesien Suid-Afrika nie meer ‘n geïsoleerde land gaan wees nie. Hulle kon sê hulle is Suid-Afrikaners sonder om gekritiseer te word.

Twintig jare voel so ver in die verlede en jy sien byvoorbeeld hoe anders die mode was soos die klere en haarstyle. In twintig jare van nou af gaan ons ook dieselfde oor nou dink. Maar die groot verskil is hoe mense se idees en gesindhede verander het. Hoekom het sekere idees vir so lank bly lewe?

Hierdie week vind die verkiesings plaas en veel Suid-Afrikaners wat ek ken, beplan om na die Hoë Kommissie in Trafalgarplein te kom stem. Net soos in 1994 sien jy lank rye mense, maar hierdie keer so nie lang soos in 1994 nie. Dis nie ver van my kantoor nie so gaan ek kyk. Dis belangrik vir hulle om hul nasionale plig te doen waarvoor so veel mense geveg, betoog en gehoop het.

As jy in die area is gaan hierdie indrukwekkende versameling foto’s sien.

Tales from the City of Gold

Hierdie week neem ek ‘n bietjie verlof en het vandag die Tales from the City of Gold tentoonsteling gaan kyk waaroor ek in The South African gelees het.

Dit was interessant en af en toe vind ‘n foto tentoonstelling in Londen oor Suid-Afrika plaas, soos die Figures & Fictions: Contemporary South African Photography in 2011, so dis goed om te gaan. Op die ander kant sukkel ek, soos gewoonlik, om reg te verstaan, ek vermoed. Die foto’s is mooi en die fotograaf Jason Larkin is seker begaaf maar ek kan nie uitwerk of daar ‘n boodskap of doelwit daaroor is nie. Wat bedoel die kiekies or wat wil hy hê dat ons sou besluit wat dit vir ons bedoel? Miskien moet ‘n mens net die pragtigheid of talent bewonder en dan besluit hoe dit ons laat voel. Ek weet nie. Dis net iets te siene.

Ek dink die ander ding is dat ek nie gemaklik voel om ‘n gallery toe te gaan nie. Ek weet hulle weet niks oor my nie, maar ek is bewus dat ek dalk gou verveld sou raak en gaan nie alles waardeer so veel soos die ander mense nie – en almal sal verdink of weet! Dis ‘n vreemde gedagte en ek vermoed veel mense het in dieselfde manier gedink en gee om nie.

Dis was seker interressant daaroor in The South African te lees want as Brit voel ek dat veel geskrewe daarin nie my betref nie. Ek wil oor die land en kulture, mense, tale lees en leer, maar as jy Suid-Afrikaner is sal jy dit in ‘n verskillende manier waardeer en wil oor verskillende onderwerpe lees om jou aan oor die moederland te laat herinner. Ons almal neem verskillende dinge daaruit.

"Is jy 'n hondjie? Ja, jy is!" Jason Larkn - Tales from the City of Gold
“Is jy ‘n hondjie? Ja, jy is!” Jason Larkn – Tales from the City of Gold

Terug van Suid-Afrika, môre België

Ek is nou ‘n paar dae terug in Londen na so ‘n fantastiese vakansie in Suid-Afrika en Namibië met vriende en familie. Drie weke was ‘n baie lang tyd om weg van my huis af te wees en ek was so bly toe ek terug gekom het en het my vrou weer gesien.

Ek het vroeër geskryf oor wat ek gedoen het en waar ek was so daar’s miskien nie te veel meer om te sê nie. Ek het klompie Afrikaanse boeke en koerante gekoop so daar’s veel om nou in Londen vir my te lees. Eintlik een ding wat baie cool was, is toe ek ‘n Van Coke Kartel t-hemp probeer koop het want ek kon nie een in die winkels koop nie. My vriend het my gehelp en het ‘n paar mense gebel en uiteindelik het hy met die kitarris gepraat en ons het sy huis toe gegaan om een te kry en het ‘n klein bietjie met die band gesels.

Ek wou ek het meer Afrikaans gepraat maar soms was ek eintlik baie bly om Engels te praat. Ek kon nie almal se aksent verstaan nie en mense praat so vinnig dat dikwels ek sukkel. Ek vind dit nou makliker om Afrikaans te lees, ek dink. Wel ek het amper ‘n hele Afrikaanse boek op die vlug gelees. Ek weet nie hoeveel ek my Afrikaans verbeter het nie en ek weet ek maak foute wanneer ek dit praat en skryf maar dit was so goed om die lewende taal te ervaar.

Dit was lekker om familielede weer te sien maar ongelukkig kon ek nie almal sien nie so ek wil nou volgende jaar terug kom en huur ‘n motor en ry deur Noord-Kaap en gaan cousins in Johannesburg sien. Ons het ook ‘n neef in Maputo so dan kan ek ‘n ander Afrika land besoek. Ek weet nou meer oor Suid-Afrika en het ‘n beter idee oor wat ek wil en kan doen.

Ek moet sê ek was baie bly om te hoor dat soveel mense Afrikaans nog praat. In die buiteland lees jy dikwels dat die talle mense wat Afrikaans praat, daal. Dit is dalk die waarheid – ek weet nie, ek woon oorsee – maar in Noord-Kaap en Namibië was Afrikaans die baas.

En nou gaan ek môre België toe.

Onder is ‘n paar foto’s.


In Kalkbaai buite ‘n restaurant wat ‘n ou spoorwegwa is.


Valsbaai. Dit was warm en winderig.


‘n Herdenking aan soldate wat gesneuwel het. Die Kasteel, Kaapstad.


Kolmanskop, Namibië. Baie interessant en vol Duitsers.


“Is jy ‘n rob? Ja, jy is!” ‘n Rob in Walvisbaai. So ‘n mooi vent.


Die strand tussen Swakopmund en Walvisbaai, Namibië.


Hohenzollernhaus, Swakopmund.


Duitse Lutherse kerk, Swakopmund.


Windhoek.


Vrouens verkoop velle op die B1 suid van Windhoek af.


‘n Paar kilometers suid van Rehoboth af, Namibië.


Kees die bobbejaan rook sy pyp. Die hotel in Keetmanshoop. Hy is dood maar dis ‘n bietjie vreemd.


Karretjie mense in Namibië en Britstown, Noord-Kaap!


Augrabies-waterval.


Ek staan by Augrabies-waterval, Suid-Afrika.


Binne die Taal Moumument, Paarl.

Terug in Suid-Afrika!

En dan die reisigers kom terug!

Namibië was baie mooi en ek (en ons) het so ‘n lekker verblyf gehad. Van Windhoek af het ons Rehoboth toe gegaan omdat ek die museum wou besoek en ek stel ‘n groot belang in die Basters. Ons het weer in Keetmanshoop gebly en toe het Augrabies toe gery. Die valle was baie mooi en ons het baie foto’s geneem. Gister het ons deur Grobblershoop, Prieska, Britstown, Beaufort West gery op pad na Kaapstad. Die Noord-Kaap is so pragtig en soveel groener as Namibië en ek is bly om dit te sien. Britstown lyk ‘n mooi dorpie en ons het ook karretjie mense gesien. Daar was sneeu op die berge in die Heks Rivier Vallei (regte naam?) maar ongelukkig was dit donker so ons kon nie foto’s neem nie.

Vandag gaan ek ‘n neef en niggie ontmoet en dan moet ek besluit wat ek sal doen voordat ek volgende Sondag verlaat.

Ek sal foto’s oplaai sodra ek terug in Londen is.

Wat het ek in Suid-Afrika gedoen?

Ek is nou ‘n paar dae in Suid-Afrika en ek het so ‘n mooi verblyf.

Ek het in Walmer Estate gebly waar my vriend Sybrandus se huis is. Sondag was ek Bo Kaap toe wat baie mooi is met die pragtige en kluervolle huise. Toe het ek na Tafelberg gegaan. Die uitsig is uitstekend maar ongelukkig het die wolke gekom sodat ek nie te veel kon sien nie. In die aand het ons die voetbal gekyk in ‘n kroeg op Langstraat.

Maandag het ons na Skiereiland getrek. Ons het ontbyt in Kalkbaai geëet, die restaurant is ‘n ou spoorwegwa wat baie mooi is. Toe het ons deur Vishoek gery na Simonstad. Ons het die Vloot Museum besoek wat baie interessant is. Toe het ons na die Kaappunt toe gegaan. Dit was baie winderig maar die son geskyn het en die uitsig is fantasties en ek het veel foto’s geneem. In die aand was ons in Groenpunt.

Dinsdag het ek die Kasteel besoek. Ek het baie daarvan gehou – ek hou van die Kaap se geskeidenis en ook militêre geskeidenis. Toe het ek die Slawe Museum en die Joodse en Holocaust Museums besoek wat baie interessant is.

Ek is nou in Melkbosstrand met Eben en Natalie se familie. Dis ‘n stille dorpie ‘n paar kilometers noord van Kaapstad af wat aan die kus lê. En vandag – ek het in die oseaan geswem! Ja, ek was die sneeu-wit Engelsman in die see wat soos ‘n walvis lyk!

Môre gaan ons Namibië toe en ek weet nie hoe dikwels ek die internet sal kan lees nie. Daarna sal ek terug in Kaapstad wees en hopelik sal al my neefs en niggies sien.

Ek probeer om Afrikaans die hele tyd te praat en ek hou baie van die geleentheid om dit te doen. Orals hoor ek Afrikaans – ou mense, volwasse mense en kinders van alle rasse so dis goed om uit te vind dat die taal so belangrik in die Kaap is. Hopelik sal ek verafrikaans!

In Kaapstad nou

Ek is nou in Kaapstad en bly met my vriend in Woodstock. Ek is nog moeg en dis koud maar ek is bly om veilig te gekom het.

My besoek na Suid-Afrika kom nader

Ek begin nou besef dat volgende Vrydag ek Kaapstad toe vlieg. Dis net tien dae en ek word nou ‘n bietjie bang!

Ek moet uitwerk wat ek in Kaapstad sal doen en waar ek gaan bly maar ek het idees en ek is seker dat alles goed sal wees. Ek wil familielede ontmoet/weer sien maar dit blyk moeiliker om te reël as ek beplan het.

Die grootste probleem is dat eintlik ek nie daarvan hou om weg van huis af te wees nie (is dit regte Afrikaans?). Ek vind dit baie spanningsvol om te reis. Ek blameer my jeug toe ons so dikwels in verskillende lande gebly het en moes omtrent elke jaar verhuis.

Ek is die wêreld se slegste reisiger!

Wanneer kom ek Suid-Afrika toe? En die antwoord is…

Ek het die ander naweek lekker gesels met Eben en Natalie van potgooi.ca oor planne om Suid-Afrika toe te kom. Hulle gaan SA toe in Julie en wil ook van Kaapstad af na Namibïe toe ry en het my gevra of ek saam met hulle wil kom. My aantwoord natuurlik is ja (of as ek Fritz Deelman is, bepaald!). My baas het gesê dat ek vakansie mag neem so ek moet nou hê dat sy haar beslissing sal bekragtig.

My idee is om Namibïe en miskien en ‘n ander land te besoek. As ek Vrystaat toe gaan dan miskien kan ek Lesotho besoek – wel, dis die enigste land wat heeltemal binne Suid-Afrika is so dis die naturlike keus en Bop (wat ek besoek het) bestaan nie meer nie. Ek het ‘n vriend in Kaapstad wat by Burger werk en wil by hom kuier en dan wil ook Stellenbosch toe ry want my neef studeer tans op die universiteit en ek wil die wynplaase sien. Ek wil ook ‘n paar dae in Johannesburg bly om die wye familie te sien en hopelik sal hulle idees hê om wat ek moet doen. As ek kan, wil ek ‘n Afrikaanse familie of klein dorpie vind sodat ek in ‘n heeltemal Afrikaanse omgewing vir ‘n paar dae kan bly en verafrikaans!

So nou moet ek vliegkaartjies koop en geld spaar.