Monthly Archives: March 2020

Wat maak ons hier nou?

Soos amper elk ander Londenaar sit ek by die huis en dink oor die jaar en waaroor ek in die komende maande sal kan maak. Vanweë die huidige siekte situasie met covid-19, mag ons amper niks maak nie. Ja, ek is gesond en ek het werk en ek word betaal dus het ek in die waarheid niks waaroor ek mag kla nie behalwe die feit dat hier in Londen is amper alles geslote.

My werk betref ‘n bietjie aan die huidige situasie maar ek vermoed dat baie mense ook hul werk só kan beskryf, alhoewel ek moet na die kantoor gaan. Die openbare vervoerdiens en die paaie is leeg. Dus moet ek planne maak oor wat ek gaan doen by die huis wanneer ek mag niks anders maak nie.

Ek het verlede maand ‘n les op italki geneem het en ek moet meer kry. Ek her vir die onderwyser gesê dat wil hê dat iemand my geskriftes sal proeflees en ek skryf nou ‘n paar kort artikels vir Wikipedia.

Ek lees tans Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars: Ongewone verhale uit ons verlede, wat ek baie geniet. Dis seker ‘n groot uitdaging om ‘n ander hele boek in Afrikaans te lees. Soos veel ander leerders, moet ek aanvaar dat ek nie alle die nuwe woorde kan leer nie. Ek het nie genoeg tyd om altyd na die woordeboek te verwys nie, maar die belangrikste saak is om die sin te volg en moenie probeer om alles perfek te verstaan nie. Ek is nie alleen om hiermee te sukkel.

Die boek homself laat my na die uitstekende Rogues, Rebels and Runaways: Eighteenth Century Cape Characters herinner. Seker hierdie tipe boeke betref hoofsaaklik aan die lewes van blankes of Europese reisigers en matrose, en dan betref ‘n bietjie aan dié wat verband aan die Nederlandse setlaars is, soos die slawe uit Afrika-lande of Oos-Asië en gemeenskappe wat van die Nederlandse beheersing afhang.

By die huis wil my twee katte op my skoot sit en slaap so ek dink hulle is bly om te hê dat ek by die huis is. Miskien is hierdie die grootste probleem vir my; ek is gelukkig om op die sofa te sit en om televisie te kyk of na podgooie te luister met my katte sonder om te studeer. Vir my dikwels is die bron van onaktiwiteit om twee katte te besit. Dit laat my veel verskonings maak wanneer ek is net lui.

Dave en Frank

Dave en Frank