Monthly Archives: February 2013

Heavy metal in Suider-Afrika

Ek lees vanoggend hierdie artikel in The Guardian, Desert sounds – Kalahari metalheads pursue a dream. Dis nie die gewone artikel wat jy in daardie koerant lees nie, hoofsaaklik want hulle gee nie te veel om oor heavy metal nie.

Dit lyk asof die koerant eintik net die artikel van Vice af gesteel het, het hulle onlangs oor dieselfde toneel geskryf, Botswana’s cowboy metalheads. Iemand het ook ‘n skakel aan hierdie berig en fliek oor heavy metal in Angola gelos. Dit herinner my ook aan die fliek Heavy Metal in Baghdad.

Dis cool om te sien hoe populêr metal raak in lande waar miskien twyfel mense dat dit gaan floreer. Toe ek in Namibië ‘n paar jare gelede was het ek in Die Republikein oor die Windhoek metal musiekfees gelees maar ongelukkig kon ons nie bywoon nie. Dis snaaks om te dink dat dit makliker is om oor die Botswana heavy metal toneel kan lees as om oor die Belfast s’n te leer, ek het gesukkel om enigiets te vind toe ek verlede jaar besoek het.

Op my volgende besoek na Suid-Afrika en hopelik ook ander Afrika lande toe, moet ek ‘n paar bands gaan sien. Dis maklik in Londen om bands en gigs te vind, maar oorsee moet ek navorsing doen. Almal gaan baie beïndruk wees as ek sê – of eis – dat ek ‘n fan uit die buiteland is wat spesifiek gekom het om hulle te sien.

* Dankie aan Terrence vir die verbetering.