Monthly Archives: February 2024

Aan die kus

Tydens ‘n paar dae verlof het ek met die trein na Chatham gery, wat ten suid-oos van Londen is. Die stad sit op die Medway riviermond en was in die verlede ‘n groot vlootbasis was. In die 1980s is die basis gesluit en in die waarheid, het die stad nie heeltemal herstel, nes veel dorpies en klein stede aan die kus. Die kuslyn in die gebied lyk my baie mooi, vol klein eilande, eilandjies, vleie en sytakke wat in die Teems riviermondling vlooi. Dis ‘n bietjie soos die Schelde en Maas deltas in Zeeland, maar nie so indrukwekkend.

'n Britse duikboot, HMS Ocelot

‘n Britse duikboot, HMS Ocelot

Die rede vir my besoek, behalwe om een dag reis uit Londen te neem, was om die historiese Chatham vlootbasis museum te besoek. Drie ou Koniklike Britse Vloot skepe word by die museum afgemeer waarop jy mag klim en rondloop. Dit moes baie vreemd geweest het om op die skepe te vaar. Alles is natuurlik baie oud, maar baie nie-moderne. Die teknologie lyk nou primtitief maar destyds was dit ‘n tydperk van ontwikkeling en nuwe ontdekkings. Die gebrek aan privatheid of vrye tyd – soos ons dit nou begryp – voel soos die hoof verskil, maar ek vermoed dat vir soveel mense was hierdie ‘n tyd van avontuur en nuwe moontlikhede.

'n Britse fregatte, HMS Cavalier

‘n Britse fregat, HMS Cavalier

Ten noorde en aan die ander kant die Teems riviermonding lê die kus van die graafskap Essex , wat baie soortgelyk lyk. Dit laat my dink aan die spioenasieroman The Riddle of the Sands van die invalsliteratuur-genre uit die laat negentiende en vroeë twintigste eeue, vol geheime eilandjies, vlak baaie en afgesonderde wegkruipplekke. Persoonlik vind ek hierdie gebiede fasineerend miskien weens ek in ‘n groot stad bly en dus die idee van isolasie soms lok my.

'n Sowjet duikboot

‘n Sowjet duikboot

‘n Sowjet duikbook U-475 Black Widow, U-475 Black Widow, sit in die Medway riviermond. Dit is in die 1990s gekoop en is soms glo gebruik vir partytjies. Tans sit dit leeg en niemand mag besoek nie wat ‘n jammerte is. Ek sou beslis nie daarop as matroos wil diens nie.