Monthly Archives: October 2012

Ek soet iets nuuts om te leer

Noudat ek nie meer rekeningkunde moet leer nie, soek ek nou iets nuuts om te leer en om in my vrye tyd te maak. Ek het geniet om te moes studeer en ek mis dit, ek weet dit klink ‘n vreemde ding te sê. Die keus is tussen Frans en Spaans, twee tale wat ek op skool geleer het. Dit lyk my beide tale is baie nuttig om te kan praat.

Ek onthou veel meer Frans en alhoewel ek selde na Frankryk toe gaan, gaan ek dikwels na Brussel toe wat ‘n Franstalige stad is. Op die ander kant, is Spaans nuttig as ek Suid-Amerika toe gaan – ek twyfel dit – en dis beslis ‘n groeiende taal in die VSA. Ook is daar nou soveel Spaanssprekers in Londen maar ek het nooit Spanje besoek nie en ek twyfel ook dat ek ooit een dag die poging sal maak net om ‘n vlieg kaartjie te koop en gaan besoek!

So veel goeie redes om die tale te leer maar hoe langer ek na hierdie keus peins, hoe minder ek leer. Ek moet net besluit en dan leer en soek mense om mee te gesels.