Monthly Archives: August 2020

Die vakansietyd

Na my mening, vandag is die einde van die somer en nou loop ons stadig tot Kersfees sonder, in Brittanje, enige meer openbare vakansies. Die hoop van die somer en die moonlikheid van mooi weer is verby en alles sal nou net donkerder, kouder en minder pret raak – en ek praat nie oor koronavirus nie. Vandag was ek van plan om na die Noting Hill Carnival toe te gaan, soos elke jaar, maar dit is gekanselleer en ons almal voel ‘n bietjie gatvol.

Ek het ‘n week se verlof geneem en saam met my girlfriend het ek lekker in Londen gekuier en ook gery na Margate, ‘n kusdorpie in Kent, waar ons op die strand gesit het en in die water geloop het. Ja dit was baie mooi om buite Londen vir ‘n dag te kan reis. Ek het planne gehad om hierdie jaar oorsee te gaan en ek het baie gehou om te dink, waarheen wil ek gaan. Nou, is ek onseker of mense sal toegelaat wees om volgende jaar op somer vakansie te gaan. Ons hope vir 2021 sal waarskynlik tot niks kom nie.

Ons maak planne vir die res van die jaar maar ek vermoed dat die enigste ding wat ons sal kan doen, is om Engelse dorpies te besoek. Die restaurants, kroeë, winkels is nogsteeds leeg maar ek weet nie waar die mense is nie. Bly veilig en gesond, dis al wat ons wil doen.