Monthly Archives: May 2023

Gebeurtenisse uit die vreemde eiland

Daar was onlangs net een storie op hierdie eiland waaroor almal gepraat het, wat die kroning was. ‘n Mens kon dit nie vermy nie daarom het ons besluit om weg te gaan en het niks op die televisie gekyk nie.

Waarheen het ons gegaan? Daar’s net een bestemming, Brussel. By die stasie was daar feitlik veel ander reisigers wat oorsee na Parys, Amsterdam en Brussel getrek het. Dit voel goed altyd om op weg te gaan en om op die Eurostar te ry, om te sit en uit die venster uit te kyk. Die landskap is pragtig en sonnig met dorpies en bosse en die rustig lewe van die platteland.

Laaste jaar was ek op vier keer in Brussel insluitend een keer toe ek met die werk moes gaan. Hierdie jaar het ons net ontspan in kroeë met Vlaamse vriende en dwaal in die sonskyn. Die idee dat op vakansie jy g’n toeris moet wees nie is okei, maar soms wil jy net na die verskillende areas gaan geniet sonder te hê dat jy soos ‘n gesofistikeerde reisiger of ‘n inwoner jouself moet dra. Die ervaring van ‘n stad van drietalig is, fassineer my. Hoe ek wens ek moet elke dag maklik in ‘n klompie ander tale praat.

Metro koereant in Frans en Nederlands in België

Metro koereant in Frans en Nederlands in België

Weens die kroning het die vlae van die lid lande van die Statebond op Horse Guards Road gewapper wat altyd ‘n mooi uitsig is.

Die vlag van Suid-Afrika wapper op Horse Guards Road, agter Downingstraat

Die vlag van Suid-Afrika wapper op Horse Guards Road, agter Downingstraat