Monthly Archives: November 2007

"New York, New York. ‘n Stad so lekker hulle het dit twee keer geneom. Manhattan is die ander naam" *

Ek is nou terug van New York af en het ‘n baie lekker tyd gehad. New York is seker ‘n baie interessante stad en heeltemal anders. My vrou en ek het net die tipiese toeriste dinge doen – wel, ons was toeriste en sonder om beter te weet doen was ons meer as bly om net oor die Manhattan te dwaal en om foto’s te neem.

Sondag het ons die Statue of Liberty en Ellis Island besoek. Jy kan nie New York toe kom sonder om hulle te gaan sien nie. Hulle is so belangrik en so populêr weens soveel Amerikaners se voorouers in Ellis Island aangekom het. Die eiland lê net om ‘n myl van Manhattan af en jy verstaan hoe dit het vir die nuwe inkomelinge gewys dat die nuwe wêreld amper binne hulle bereik was.

Ons loop in Battery Park en vind ‘n gedenkteken van die Nederlandse koop van Manhattan wat in beide Engels en Nederlands is. Voordat ek vertrek het, het ek The Island at the Centre of the World gelees oor die Nederlandse koloniale tydperk dus wou ek meer daaroor uitvind. In baie manier is die vroeër geskeidenis ‘n bietjie soos Kaapstad se geskeidenis en hulle altwee is om dieselfde tyd gestig deuer die VOC. Daar is miskien meer spore van die Nederlandse oorspong van die stad maar behalwe die name – Brooklyn, Staten Island, Harlem, Broadway ens – maak ons kon niks meer vind nie. As ek ooit terug kom moet die museum van die geskeidenis van New York besoek.

Sondag besoek ons die graf van Peter Stuyvesant, die laaste Nederlandse goewerneur in St Mark’s Church in-the-Bowery en daar’s ook ‘n klein beeld van hom. Ons het ook die Empire State Buidling met die hysbak opgeklim. Jy sien so ‘n mooi uitsig oor New York en New Jersey en begin besef hoe vlak/laag die eiland en sy omgewings is. Ongelukkig was die groot aap nie daar nie 🙁

En na hierdie “kulturele ervaaring” het ons na die winkels toe gegaan en al ons geld gespandeer! Die wisselkoers is op die oomblik baie goed vir ons en die Britte was in die winkels en op die paaie volop. Ons het soveel Britse en Ierse aksente gehoor wat ons nie verwag het nie en daar was ook baie Duisters en mense uit Skandinawië. Ek het gevind dat Amerikaners baie vriendlik is en is baie bly om met jou te praat en soms voel dit ‘n bietjie vreemd omdat ons Britte nooit met vreemdelinge praat nie! Een ander ding jy besef is net hoeveel mense Spaans praat. Orals hoor jy mense wat dit praat en dan verander hulle om in Engels te praat. Engels is nog die baas maar Spaans is seker die tweede taal in die land.

Ek staan op die 86ste verdieping van die Empire State Building. Gewoonlik het ek hoogtevrees.

Die gedenkteken van die Nederlandse verkoop van Manhattan.

Die beeld van Peter Stuyvesant.

Peter Stuyvesant se graf. Hierin lê die ou met net een been.

Lex staan op Lexingtonlaan.

* Dankie Michael Scott van The Office.

In New York

Ek sit en skryf hier in New York. Die weer het verander en vandag het dit gereën maar ons het ‘n lekker tyd. Gister was ons Statue of Liberty en Ellis Island toe en ook het ons die graf van Peter Stuyvesant besoek. Die Engelse is volop – ons hoor hulle aksente orals. Vandag gaan ons inkopies doen (is dié die regte uitdrukking?). Ek sal foto’s ens, oplaai wanneer ek terug in Londen is.

Familie nuus uit Suid-Afrika

My pa bel my vroeg vanoggend om my te laat weet dat ons ouma (sy ma) in Johannesburg gesterf het. Dit was geen verassing nie, sy was baie siek in hospitaal en ons almal het dit verwag. Dis natuurlik baie treurig en sy was ook die enigste familielid in Suid-Afrika wat almal in kontak was en nou sonder haar sal ons miskien onder mekaar begin ophou praat.

Ons het haar altyd Granny in Africa genoem – iets wat beide waar en uitheems was! Vir ons op die ander kant van die wêreld was sy heeltemal anders as ons Britse ouma. Dit het bedoel ook dat ons haar selde gesien het. Toe ek jong was het sy dikwels boeke aan my gestuur wat ek haar gevra het om te vind. Dié was niks veral belangrik nie maar net iets wat moeilik was om in VK te kry en sy kon hulle dikwels kry, gewoonlik uit die plaaslike biblioteek – ek weet nie of ek nou ‘n groot boete moet betaal nie! Ek is ook die enigste van ons wat ‘n belang in familie geskiedenis stel en sy het vir my dinge vertel wat my altyd geïnteresseer het. Sy het my altyd met Afrikaans aangemoedig en het boeke en tydskrifte aan my gestuur en was baie trots op my – en sy was Engelssprekend.

Die familie het besluit om hierdie week ‘n klein begrafnis te hê en dan in Februarie ‘n gedenksdiens wat almal en ek, my pa en een broer (ons is in VK) sal kan bywoon. Ek het beplan om ‘n paar weke in Suid-Afrika te gaan bly maar nou sal dit miskien makliker wees om my planne te verander (en baie makkliker om vliegkaartjies te koop) en dis ook ‘n fantastiese geleentheid om sekere familielede te ontmoet wat ons ken nie.

Hy’s terug maar hy sê nog niks veral belangrik nie!

Dis twee weke sedert my laas pos en dankie almal wat kommentaars gelos het – sterkte deur Afrikaans!

Hierdie week het ek Leeds toe met werk gegaan. Ek was student in Leeds en ook het by my werk aangesluit (ons het ‘n reuse kantoor in die stad) dus is ek altyd bly om daarnatoe te gaan en ek ken veel mense nog in die stad. Ek het ook myself Afrikaans begin leer toe ek in dié kantoor gewerk het en toe ek daardeur geloop het, het dit my herinner my oor die tyd toe ek daar gewerk het en toe, as ek verveld was – wat altyd was omdat die werk afskuwelik was – het ek die biblioteek toe gegaan om my Afrikaanse boek te studeer en om oor die taal in die ensiklopdie te lees. Dis snaaks hoe die klein dinge my herinneer – die reuk van die kantoor, die trappe, die kleur van die mure ens. Gelukkige dae!

Gister het ek York toe gegaan om die Jorvik Viking Centre te besoek. York is baie mooi en beroemd oor sy Wiking geskeidenis en ek stel ‘n groot belang in die Wikings. Ongelukkig is die museum hoofsaaklik oor die Wiking argeologie van die stad en nie so veel oor die Wikings hulself nie, dus was ek ‘n bietjie teleurgestel. Op die ander kant was dit lekker om uit Londen te kom en om die mooi platteland te sien en om weer met vriende te jol.

‘n Paar ouens het aan my geskryf oor Afrikaans en ander dinge wat verwant daaraan is. Jammer dat ek nog nie terug geskryf het nie – veral Jan uit Nederland en Fanie uit Pretoria wat baie interessante boodskappe gestuur het. Ek sal dit hierdie naweek doen.